Jak de Priester dra verskillende hoede by Innibos hierdie jaar. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor sy kontemporêre musiekproduksie Maanligfontein. Hy is ondermeer ook te sien by die ATKV Storievuur in die Boma-kuierteater, hy gesels met Hannon Bothma oor sy kykNET-program Koppieteefontein, en tree op die hoofverhoog op. Kom beloer…
Met Gé Sing - Hoor my lied bring Frans Swart hulde aan Suid-Afrika se eerste ware superster. Dit is by Innibos te sien, saam met Vlerksleep, waarin Richard van der Westhuizen o.m. te sien is. Hulle kuier in die ateljee voor die fees Donderdag begin.
Margit Meyer-Rodenbeck is Ouma en sy is op pad om Innibos op horings te kom neem met haar observasies oor alles wat haar pla. Jurgen Human is die man agter die meeste woorde.
Die Nasionale Sierduif-kampioenskappe vind Saterdag by Buco Nelspruit plaas met meer as 900 sierduiwe van regoor die land wat ten toon gestel gaan word. Jan Labuschagne gesels met Charles.
Lucille de Villiers en Liselle Bouwer van die Witrivier CTO (deel van KLCBT) het Saterdagoggend kom gesels oor hul jongste inisiatief om Witrivier Toerisme weer op die voorgrond te plaas deur die gemeenskap aan te moedig om na vore te kom met wat hulle vir toeriste kan aanbied.
Witrivier is aangewys as Mpumalanga se kandidaat in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie. Glouda Goosen en Lize Leonard vra die hele Witrivier om betrokke te raak en die Laeveld om hul strewe te ondersteun.
Nee, besoekers hoef nie toegangsfooie te betaal om deesdae die ikoniese Kaapsehoop te besoek nie. Andrea Fourie verduidelik waarvoor hulle wel - onder vrywilligers - fondse insamel.
Noord van Graskop staan ’n monument wat getuig van moed, opoffering en pioniersgees – ’n gedenkteken aan Karel Trichardt en Andries Potgieter, twee figure wat diep spore in ons geskiedenis getrap het. Hierdie monument, wat hul reis en invloed op die Groot Trek verewig, is pas met sorg herstel. Charles…
Kitty le Grange is die eerste vrou om die voorsitter te word van Hazyview-rugbyklub. Sy gesels voor hul eindstryd teen Matsulu volgende week met 100.5FM.
Mopani Woelwaters is die ideale plek waar die kleinspan kan kom speel en hulle gate uit geniet by Innibos. Naranda Leeuwner en Marlien du Toit vertel meer oor die ATKV-Storiekrôl.
Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis met Francois van Coke, Annie Klopper, Marinda Engelbrecht, Elize Parker en Johannes de Villiers. Sanett Oosthuizen vertel vir Sonop Ontbyt meer.
AfriForum vra vir die opskorting van die omgewingsgoedkeuringsproses vir 'n voorgestelde steenkoolmyn naby die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die burgerregte-organisasie beskuldig die Departement van Minerale en Petroleumbronne en die omgewingskonsultant Kimopax daarvan, dat hulle in die geheim belangrike dokumente hersien en geregistreerde belanghebbendes van 'n openbare vergadering uitgesluit het…
Susan Coetzer is hoofsaaklik 'n skrywer, hoewel sy ook verskeie ander kreatiewe hoede dra. Sy gesels met Kies Koers oor hoe sy haar lewe benader om ook die mense rondom haar te kan inspireer.
Bye word al eeue lank ingespan vir alternatiewe en holistiese genesing. Die naweek vind 'n simposium oor byeterapie in Mbombela plaas by Bardolino. Die plaaslike byeboer, Inge Austin, vertel wat dié eeue oue praktyk behels.
Die Laeveld se brandseisoen het amptelik begin. Tot 31 Oktober is die brandgevaar hoog. André Scheepers van Lefpa sê hulle verwag 'n bedrywige brandseisoen.
Houdini, 'n inwoner van die Rhino Sanctuary in Limpopo, het onlangs 'n baanbrekersoperasie ontvang. Arrie van Deventer gesels met 100.5FM oor die volgende een wat hulle beplan om hul renosters se lewenskwaliteit te verbeter.
31 May
14 min
80 – 100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.