Chané Steyn (graad 11) het ’n ongelooflike geleentheid gekry om aan die einde van die jaar by die Great Base Tennisakademie in die VSA aan te sluit. Vir die afgelope drie jaar het Chané verskeie prestasies en hoogtepunte behaal. Sy gesels met Charles.
Solidariteit hou Dinsdag, 5 November in Pretoria 'n optog teen die Bela-wet, waarvan kwessies oor taal- en toelatingsbeleid nog nie in werking gestel is nie. Tiaan Schoeman, 'n netwerk organiseerder in Nelspruit, verduidelik dat Afrikaanse ouers moet saamstaan om en masse hul teenkanting te wys. As jy nie saam kan…
Lonice Wessels is as die Sakevrou van die jaar aangewys by die SACBW se nasionale gala-aand vroeër die maand. Ashleigh Pauls is die Rising Star en die Nelspruit-tak is as die tak van die jaar bekroon. Dit beteken dat die AGM en Gala van die nasionale organisasie in Oktober 2025…
Span Carpe Diem het aan die onlangs Sasol-sonkraguitdaging deelgeneem. Hulle het in die Innovasie-klas deelgeneem. Dit was omtrent 'n ervaring. Die span kuier by Charles in die ateljee.
Nomathembu Thekiso is 'n hulp maatskaplike werker by Child Welfare in Witrivier. Sy vertel wat die grootste uitdagings is wat kinders in hul area tans ondervind.
Alicia Bullen is die enigste Laevelder wat volgende week aan die Wêreld-kampioenskap vir Fiksheid in Liggaamsbou gaan deelneem. Sy sê vir Andri sy is in staat om vir die afgelope twee jaar professioneel deel te neem aan dié sport.
Anrich Groenewald (14), 'n leerling van Curro Nelspruit, is hard aan die werk om self die fondse in te samel wat hom sal toelaat om die Academic Achievers Tour 2025 na die Ooskus van die Verenigde State te onderneem. Hy vertel saam met sy ma, Lené de la Rey, vir…
HKH Prinses Eurika Mogane is amptelik aangestel as een van ses Kommissarisse vir Geslagsgelykheid, deur president Cyril Ramaphosa. Sy gesels met Amanda.
Die Cobra-klub Suid-Afrika is die naweek in die Laeveld met hierdie ikoniese karre. Heinrich du Preez, die voorsitter van die klub, gesels met Sonop Ontbyt.
Jy is uniek en wat vir iemand anders werk, is nie noodwendig vir jou geskik nie. Watter dieet is ideaal vir jou? Leefstyl-afrigter Anntonette Roux het navorsing gaan doen.
Khayalami Hotel Group het die afgelope 16 jaar gegroei tot waar hulle vandag hotelle in Ermelo, Secunda, Standerton, Witbank, Kaapstad en Sandton ook het - buiten die oorspronklike een Mbombela. Tracy Nkosi-Manuel gesels met Sonop Ontbyt.
TRAC ondersteun tydrenne, want dit is waar mense resies mag jaag - nie op nasionale paaie nie. Solange Soares gesels oor die TRACN4-tydren wat volgende maand in Dullstroom plaasvind.
Coenie Naudé is pas aangewys as die beste onafhanklike rocker in Suid-Afrika. As die wenner van die Music Excellence Awards for Independent Artists in SA vir 2024 het hy onder meer Zaan Sonnekus uitgestof. Hy gesels met sy mede-omroepers by 100.5FM, Andri en Neels tydens Sonop Ontbyt.
Hulle heet GSTRiNG, soos in 'n g-snaar, verduidelik Neelsie van Dyk (die hoofseun van Hoërskool Nelspruit in 2023) en Wilhelm Warmenhoven. Hulle studeer tussendeur die musiek maak by die Universiteit van Stellenbosch en het reeds 'n hele paar enkelsnitte vrygestel.
Die Kaasworsies, bestaande uit drie gr. 4-leerlinge van Laerskool Clivia, het onlangs tot stand gekom om aan Clivia's Got Talent deel te neem. JC Vermeulen, Janice Smith en Mario Muller gesels met Skedaddle.
16 Oct 2024
6 min
180 – 200
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.