Die Kaasworsies, bestaande uit drie gr. 4-leerlinge van Laerskool Clivia, het onlangs tot stand gekom om aan Clivia's Got Talent deel te neem. JC Vermeulen, Janice Smith en Mario Muller gesels met Skedaddle.
Sowat 'n jaar na Jacques Lombard Timeless Modelling & Dportment Academy begin het, het hul modelle, onder afrigting van Ronel Joubert, by die onlangs SA Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste 22 medaljes verower. Vier van hulle is nou op pad Los Angeles toe.
100.5FM se welwillendheidsorganisasie, Met Hart, ondersteun vanjaar die jaarlikse Laeveld Toy Run. Vanessa Roets, Nikki van Eijk en Anel Vermeuelen gesels met Amanda.
Jy is genooi om te r.s.v.p om jou huiswerker by die Shining Stars-geleentheid op 16 November te vier en te bederf. Dolly Mbuyane sê sy het besef vroue moet hul huiswerkers vier, omdat hulle amper nie sonder hulle klaar kan kom nie. Om te registreer om deel te wees van…
Janie Bay en Hunter Kennedy het weer kragte saamgesnoer en 'n nuwe enkelsnit, "Ons verander" saam vrygestel. "Ek kan nie oor en oor dieselfde ding doen nie - ek hou daarvan om te doen wat 'n liedjie voor vra," vertel sy vir Skedaddle.
Op 9 November word 'n modeparade aangebied ten bate van KANSA Laeveld en die Kids in Christ-kinderkerk. Rinella Jansen van Vuuren sê dit gaan ook 'n inspirerende dag wees.
Huis Betlehem hou Saterdagaand 'n kunsveiling met verskeie kunstenaars se werk. Dit sluit in 'n beeldhouwerk van Marco Oliver. Mariaan Lourens vertel meer.
Chriské Schwirzer, 'n Miss Teen SA-finalis, het die voorreg om fondse in te samel vir Young Beauties Care (YBC). Dit staan liefdadigheidsorganisasies en organisasies in nood by met die fokus op die omgewing, bejaardes, kinders, diere en KANSA.
Boobie Buddies is ‘n gemeenskap wat vroue ondersteun om saam ‘n verskil te maak. Vir Oktober, stel hulle daaglikse uitdagings om vroue te help fokus op hul fisiese gesondheid, welstand, leefstylkeuses en kreatiwiteit. Skoonsusters Lizé en Gené van der Merwe gesels met Amanda.
Lanie Rischmuller, die vrou van Pieter Rischmuller, voorheen bekend as die kunstenaar Piet Pompies, werk reeds twee jaar aan 'n kinderboekreeks, "Die Avonture van Piet Pompies". "Ek het altyd vir ons kinders stories vertel van Piet Pompies wanneer Pappa weg was. Ek wil kinders en hul ouers graag op 'n…
Taekwondo-gevegskuns gaan eintlik oor ontwikkeling, eerder as om te leer hoe om te baklei. Scott McMillan kuier in Mbombela vanaf Skotland om die kuns te bevorder.
Norman Clack is 'n leraar aan die Unveiled Church in Krugersdorp, lid van die orkes Marikana en nou ook skrywer. In sy memoir, "I am my father's child" takel hy komplekse kwessies waarmee mans daagliks worstel. Hy kuier 'n bietjie in die Laeveld.
Span MP SolarFlair het tydens die afgelope Sasol-uitdaging vyfde in die Challenger-kategorie geëindig, was vierde algeheel en eerste onder die Suid-Afrikaanse spanne. Klasie Botha en Graig Gebhart het hoeka vooraf gewaarsku hulle het vanjaar 'n besonders goeie elektriese voertuig.
Die musikant Francois van Coke se outobiografie, Hoe ek dit onthou, verskyn vandag. Hy het op die vooraand van die vrystelling met Skedaddle gesels.
27 Sep 2024
12 min
200 – 220
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.