100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,173 Episodes
620 – 640

Curriebeker: Jimmy en Marius hou nabetragting

Die Airlink Pumas kon Saterdag nie hul Curriebeker-titel suksesvol verdedig nie en het met 17-25 teen die Toyota Cheetahs verloor. Hoofafrigter Jimmy Stonehouse en uitvoerende beampte van die Pumas, Marius van Rensburg, hou nabetragting saam met Andri.
26 Jun 2023 8 min

Corlea Saterdag by Innibos

Corlea Botha sluit op Saterdag 1 Julie by onder meer Die Heuwels Fantasties, Ricus Nel, Demi Lee Moore, Jo Black, Bernice West en Elvis Blue aan vir die Innibos kykNET-konsert. Sy gesels met Andri.
23 Jun 2023 5 min

Innibos Boekgesprekke volgende week op 100.5FM

Annemarie van der Walt is die onderhoudvoerder tydens die daaglikse 100.5FM boekgesprekke by Innibos. Sy sal elke dag tussen 11:00 en 12:00 by die Radio Laeveld- uitsaaistasie op die feesterrein interessante boekegesprekke met skrywers voer. Dit word ook regstreeks op 100.5FM uitgesaai. Donderdag 29 Junie is dit Dana Snyman, Vrydag…
23 Jun 2023 6 min

Werkloosheid onder jeug 'n kruitvat wat wag om te ontplof

Die nuwe president van die KLCBT, prof. David Mabunda, sê hy is baie bekommerd oor die kruitvat wat die hoë werkloosheidsyfer, veral onder die jeug, in Suid-Afrika laat opebou en wat hy glo enige oomblik kan ontplof. Hy het tydens sy inhuldigingsgeleentheid met Robin gesels.
23 Jun 2023 2 min

Pumas slaggereed vir Cheetah-eindstryd

Die Puma-span wat môre hul Curriebeker-titel in Bloemfontein teen die Cheetahs verdedig, bly onveranderd van verlede week se halfeindronde. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle sien baie uit na die wedstryd. Hy en Marius van Rensburg het voor hul vertrek met Andri gesels.
23 Jun 2023 7 min

Lizz Meiring haal mense van die rak af

"Van die rak af" is gebaseer op die konsep om, in plaas van 'n boek by 'n biblioteek uit te neem, 'n mens "uit te neem" en hul storie te hoor. Lizz Meiring vertolk die verskillende karakters: sommige is werklike mense, ander is historiese figure en sommige is fiktief. Sy…
22 Jun 2023 9 min

Bok en kie skop Innibos volgende week af

Bok van Blerk is op pad na die Laeveld om Donderdag, 29 Junie, saam met onder meer Appel, Elandré, Francois van Coke, Kurt Dareen en Riana Nel aan die Huisgenoot-afskopkonsert deel te neem. Hy gesels met Andri.
22 Jun 2023 4 min

Die belangrikheid van die Wet op Kindergeregtigheid

Dit is jeugmaand en die Wet op Kindergeregtigheid maak voorsiening daarvoor om kindermisdadigers te beskerm en te rehabiliteer. Adv. Christa du Plesies van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesels met Ludi en Mireille oor die wet.
22 Jun 2023 12 min

Jan Blohm bring kuns na die Liedjiebos

Jan Blohm is die gaskunstenaar tydens Kuns inni Liedjiebos wat tydens die Innibos-fees aangebied word. Dans, beeldende kuns en musiekuitvoerings wat geinspireer is deur gedigte (asook voorlesing van die gedigte) is alles op die spyskaart vir hierdie debuutproduksie. Jan gesels met Ludi en Mireille.
22 Jun 2023 4 min

Coenie Naudé te sien by Innibos

Die plaaslike rocker, Coenie Naudé, is eersdaags op die verhoog te sien tydens die Innibos Kunstefees. Hy gesels met Charles oor sy musiek.
21 Jun 2023 7 min

Spesiale attaché fokus op opleiding

Hendrik Janse van Rensburg is aangestel as 'n attaché vir die KLCBT. Dit stel hom in staat om meer outonomie sy taak van vaardigheidsontwikkeling uit te voer. Hy het gesels met Robin tydens die nuwe president en raad van die Laeveldse Kamer vir sake en toerisme se inhuldigingsgeleentheid.
21 Jun 2023 5 min

Kuns Inni Liedjiebos bied iets uniek

Innibos is om die draai en 'n opwindende nuwe produksie op die spyskaart is Kuns Inni Liedjiebos. Die publiek kon gedigte skryf en van hulle is gekies as inspirasie vir kunswerke en liedjies wat tydens die fees uitgestal en opgevoer sal word. Komponis Lizanne Barnard en Hilton Barnett van die…
21 Jun 2023 9 min

Stonehouse: Saterdag gaan 'n 'great' finaal wees

Die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, is vanjaar weer deur na die Curriebeker-eindstryd. Hulle speel Saterdag teen die Toyota Cheetahs in Bloemfontein in slegs hul tweede Curriebeker-eindstryd ooit. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, het vanmiddag met die media gepraat. Hy sê al die spelers is beskikbaar vir die eindstryd met geen beserings…
20 Jun 2023 6 min

Brandseisoen in die Laeveld

Dit is brandseisoen in die Laeveld. André Scheepers van die Laeveld-brandbestrydingsvereniging (Lefpa) gesels met Sonop Ontbyt oor die moets en moenies om veilig te bly.
20 Jun 2023 9 min

Musiekteater, leefstyl en woordkuns by Innibos 2023

“De Priester, De Slippers en de Gin” is ontwikkel uit die produksie waarin Jak de Priester en Bibi Slippers verlede jaar tydens die In jou huis Musiekteater-reeks te sien was in die Laeveld. Feesvlinder, Amrei Wolff, gesels met Ludi en Mireille oor die eerste ervaring en waarna feesgangers tydens vanjaar…
20 Jun 2023 6 min

Mirakel op die planke hierdie fees

Oorlewing en verraad, idealisme en realiteit kom onder die loep in "Mirakel" is 'n bittersoet komedie uit die pen van die magiese Reza de Wet wat by Innibos te sien is vanaf 29 Junie tot 1 Julie. Feesvlinder, Sanett Oosthuizen, wat die toneelstuk tydens die fees gaan resenseer, gesels met…
19 Jun 2023 10 min

4 Eva Young beloof nuwe enkelsnit by Innibos

Die lede van 4 Eva Young Band is almal tussen 10 en 13 jaar oud. Hulle het in 2021 hul debuut gemaak met oorspronklike musiek en vanjaar kry die Laeveldse gehoor hulle te sien by Innibos, waar hulle hul jongste enkelsnit sal debuteer. Caitie Rock, Johan van Rooyen, Ruben Herbst…
19 Jun 2023 5 min

Pumas Saterdag weer in Curriebeker-finaal

Die verdedigende Curriebeker-kampioene, die Airlink Pumas, is vanjaar weer in die eindstryd, na hulle die Cell C Haaie Saterdag in Durban met 26-20 geklop het. Hulle speel Saterdag teen die Toyota Cheetahs in Bloemfontein in hul tweede Curriebeker-eindstryd ooit. Afrigters Riaan Lamely, MJ Mentz en Corné Steenkamp gesels met Gerhardt.
19 Jun 2023 7 min

Annemarie bring vermaak na Innibos-kuierverhoë

Die plaaslike sangers, Annemarie White, is tydens Innibos (wat oor minder as twee weke weer in sy volwaardige formaat soos voor 2020 aangebied word) by verskeie kuierverhoë op die feesterrein te sien. Sy gesels met Charles.
16 Jun 2023 7 min
620 – 640