Almal wat op skool was sal hul skoolmaats herken in Frank Opperman se karakters wat hul "Reünie" bywoon. Hoe dan anders? Dit is uit die pen van Dana Snyman. Feesvlinder, Amrei Wolff, gesels met Andri.
Reza de Wet se "Mirakel" het Dawid Minnaar, Bettie Kemp, Rolanda Marais, Edwin van der Walt, Carla Smith en Eben Genis in die rolverdeling met regie deur Marthinus Basson. Die verhaal van oorlewing en verraad, idealisme en realiteit is nog steeds net so vars en in gesprek met ons huidige…
Op 90 is Hans nog springlewendig. Sy kinders boender hom egter vanuit hul tuistes in die buiteland uit sy lekker huis in die Kaap in Huis Madeliefie in. Hans wend vindingryke pogings aan om te ontsnap. Feesvlinder Sanette Mattheus vind Charlie Bouguenon beweeg soomloos tussen al die karakters wat hy…
Nicholis Louw skiet vanaand die verlengde video van sy jongste treffer “Coco Pops en Kaas” by Innibos tydens die Huisgenoot-afskopkonsert. Hy vertel vir Ludi hoekom 'n mens ook warm sjokolade en kaas 'n regverdige kans moet gee.
Magda Louw bevind haarself in haar herfsjare op nasionale televisie en skielik is sy nie net meer die tannie in die straat nie, maar die tannie in mense se sitkamers, en nou ook die tannie op die verhoog. Wat sal sy tog kwytraak as die mikrofoon in haar hand geplaas…
Lizz Meiring is vanjaar by Innibos te sien in die eenvroustuk, "Van die rak af", sy behartig die regie van "Hans steek die Rubicon oor" en sy lei gesprekke met bekendes en berugtes by die Boma-kuierteater. Sy gesels met Charles.
Dana Snyman was vanoggend die eerste gas tydens die 100.5FM-boekgesprek met Annemarie van der Walt. Hy is die skrywer van die komedie “Reünie” met Frank Opperman (De Klerk Oelofse maak sy debuut as regisseur). Verwag fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie, sê hy.
'n Reeks kort klankdramas is gisteraand uitgesaai en was dit nie 'n sensoriese ervaring nie. Feesvlinder, Sanett Oosthuizen, wat ook een van die stemkunstenaars was, gesels met Sonop-Ontbyt.
Innibos is hier! Die fees skop, na 'n afwesigheid van drie jaar, vandag weer in sy volle glorie af met die land se top kunstenaars en hope plaaslike talent. Bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, vertel vir Gerhardt en Andri wat jy alles moet weet.
Moenie lessies of sosiale kommentaar verwag in Laerskool Noord nie. "Kom ontsnap en lag 'n slag!" nooi Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck en Ilne Fourie.
Riana Nel tree Donderdagaand saam met Bok van Blerk, Appel, Elandré, Francois van Coke en Kurt Darren op tydens die Huisgenoot-afskopkonsert by Innibos. Sy onthou hoe sy 11 jaar gelede haar man by die fees ontmoet het.
ʼn Splinternuwe vertoning by vanjaar se fees is die Klankdramas wat deur Kobus Burger van RSG-faam aangebied gaan word. Verskeie skrywers is uitgenooi om die meester-skryfklas by te woon en hierdie dramas word dan Woensdagaand as ʼn produksie uitgesaai. Feesgangers woon die uitsending by waar die drama belig word deur…
Ringkontak gevegskuns (RCFA) is 'n trots Suid-Afrikaanse styl. Dulan Venter, van die Nelspruit Gryphons, is een van 45 gevegskunstenaars wat gekies is om Suid-Afrika in Augustus in Engeland te verteenwoordig by die WKO Wêreldkampioenskappe. Hy vertel vir Andri meer oor RCFA.
Just Jinjer tree Vrydagaand tydens die Jacaranda FM-konsert by Innibos op saam met onder meer Robbie Wessels, Droomsindroom, Brendan Peyper, Karlien van Jaarsveld en Spoegwolf. Ard Matthews deel sy opwinding net Gerhardt en Andri.
Na afloop van die nasionale Laser Run-kampioenskap wat Saterdag by Mankele in die Laeveld aangebied is, is Logan van der Westhuizen en George Neuhoff (beide o.11) op pad na die Wêreldkampioenskap. Dit vind in Augustus in Bath plaas. Hulle gesels saam met Johan Matthysen van Mpumalanga Moderne Vyfkamp oor die…
Sal jy wraak neem as jy die kans gegun word, of eerder vergewe? Dit is een van die temas wat deur "Kamphoer – die verhaal van Susan Nell" aangeroer word. Sandra Prinsloo speel die hoofrol. Feesvlinder, Sanett Oosthuizen, sê sy het baie hoë verwagtinge.
Lila Swift, 'n boorling van die Laeveld, het onlangs haar eerste enkelsnit en musiekvideo vrygestel. Sy gesels met Andri oor "Gapjaar" en haar opkomende optredes by Innibos.
Safari Country Nelspruit vier Saterdag hul eerste verjaarsdag. "Dit voel nie meer soos werk nie, dit voel soos 'n gemeenskap wat bymekaar kom," sê Leandré Coetzer vir Andri. 100.5FM saai regstreeks uit vanaf die verjaarsdagverrigtinge waar jy uit kan sien na hope spesiale aanbiedinge en pryse om te wen.
26 Jun 2023
7 min
600 – 620
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.