100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,173 Episodes
580 – 600

Solidariteit Nelspruit Netwerksentrum

Solidariteit se netwerksentrums is die asem en die voete van Solidariteit. Een van dié netwerksentrums is in Nelspruit geleë en is ‘n tuiste vir lede waar hulle beskerm en verteenwoordig word. Danny Schutte, die organiseerder van die Nelspruit Netwerksentrum, gesels met Andri oor wat dit bied.
25 Jul 2023 21 min

WoF-brandbestryder vertel oor Kanadese brande

Piet van der Merwe, die nasionale operatiewe bestuurder van Working on Fire (WoF) het gisteraand saam met sowat 200 brandbestryders teruggekeer vanaf Alberta in Kanada, wat tans hul ergste brandseisoen op rekord beleef. Hulle het geland by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI)-lughawe geland, vanwaar die derde span, Mzanzi III, ook vertrek…
21 Jul 2023 18 min

Solidariteit Helpende Hand van krag na krag

Die Laeveld-tak van Solidariteit Helpende Hand bestuur nie net 'n toebroodjieprojek by verskeie skole nie, hulle het ook 'n "spreekkamer" op die been gebring wat help met mediese sorg vir kinders en bejaardes. Boonop kon die Studentebystandfonds, wat rentevrye studielenings aan behoeftige jongmense gee, verlede jaar nege plaaslike kinders help…
20 Jul 2023 1 min

Dok Hattingh veilig terug na trekker-tog

Een man het op een Mahindra-trekker vir twee weke deur vyf provinsies ger yen Saterdag veilig terug in Witrivier arriveer. Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa sê hy is tevrede met die R250 000 wat hulle oor die 2 500 km kon insamel. Dit sal drie groot operasies wat…
17 Jul 2023 17 min

SPAR Women's Race Saterdag in Mbombela

Jy kan steeds inskryf vir die SPAR Women’s Race wat Saterdag in Mbombela plaasvind. Dit is ten bate van vroue, en die hoof begunstigde is vanjaar GRIP. Tarryn Lokotsch vertel vir Andri waaroor dit gaan. Jy kan vandag en môre by Mbombela-stadion inskryf, en as jy nie kan deelneem nie,…
13 Jul 2023 6 min

Voorstel om damprook te reguleer: Die "Ja"-argument

Die Wetsontwerp op Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels gaan strenger reëls toepas – ook op damprokers. Dit poog om die rook en verkoop sowel as advertensie van tabakprodukte en elektroniese afleweringstelsels. Linda Grimbeek van die KLCBT vertel vir Robin hoekom sy ten gunste van die wetsontwerp is.
12 Jul 2023 2 min

Voorstel om damprook te reguleer: Die "Nee"-argument

Die Wetsontwerp op Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels gaan strenger reëls toepas – ook op damprokers. Sou dit goedgekeur word, sal die wetsontwerp rookvrye binnenshuise openbare en sekere buitelugplekke instel, die verkoop van sigarette deur vendingmasjiene verbied, gewone verpakking bekend met grafiese gesondheidswaarskuwings/prente instel, die vertoning by verkooppunte verbied,…
12 Jul 2023 7 min

Coenie Naudé: "Voel jy my"

Plaaslike rocker Coenie Naudé is terug met 'n splinternuwe enkelsnit, "Voel jy my". Hy gesels met Ludi oor die genialiteit van Hunter Kennedy, wat dit uit sowat agt ou gedigte uit Coenie se pen geskryf het. "Dit gaan oor In die oomblik wees," sê hy.
12 Jul 2023 15 min

Laevelders baljaar in Long Tom-sneeu

Laevelders het vandag die meeste gemaak van die geleentheid om dik sneeu te ervaar en langs die Long Tom-pas gaan baljaar. Hannelie Myburgh het haar gesin 04:00 vanoggend geneem, sodat hulle betyds terug in Mbombela kon wees vir werk. Bernadette Cronje woon in Lydenburg. Sanett Oosthuizen se kinders het saam…
11 Jul 2023 1 min

Bekende Witrivier-man sedert Saterdagaand vermis

'n Grootskaalse soektog is geloods na die bekende inwoner van Witrivier, Piet Skead, wat Saterdagaand vermis geraak het. Volgens Bruce Macaulay wat die soektog koördineer, het twee tieners wat gister gaan stap het, bevestig hulle het hom gesien. Macaulay sê dit pas in die tydlyn en dit is die hoofleidraad…
10 Jul 2023 6 min

Kinderonderhoud: Die NVG kan help

Adv. Andries Makata van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê hulle is hier om te help met alle en enige kwessies rondom kinderonderhoud.
6 Jul 2023 22 min

Quinton Coetzee deel fassinerende feite oor wildlewe

In "The Buck That Buries its Poo" beantwoord natuurkundige Quinton Coetzee fassinerende vrae oor natuurlewe en klaar hy verskeie mites op oor diere in die bos wat ons dink ons goed ken. Hy gesels met Charles.
5 Jul 2023 11 min

Elders: Frankryk saam met Erns Grundling

Erns Grundling stap voor die rugby Wêreldbeker later vanjaar in Frankryk afskop, deur die land. Hy doen nie net by bekende Suid-Afrikaners wat daar woon (insluitende rugbyspelers) aan nie, maar ontmoet ook interessante karakters van oraloor op die Franse deel van die Camino. Hy het voor die reeks gisteraand op…
4 Jul 2023 10 min

Innibos 2023 groot sukses

Innibos 2023 was 'n groot sukses. Bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, gesels met Sonop Ontbyt.
3 Jul 2023 10 min

Resensie: Grensloos

"Grensloos" met Coenie de Villiers en André Schwartz het 'n "vibe" van dankbaarheid bevind feesvlinder Sanette Mattheus. Sy gesels met Helmi.
1 Jul 2023 6 min

Resensie: Kamphoer

"Al moet jy vir die res van die maand brood eet, koop 'n kaartjie vir 'Kamphoer'," sê feesvlinder Sanett Oosthuizen. Sandra Prinsloo is te sien in "Kamphoer – die verhaal van Susan Nell". Dit is kragtig en pragtig.
1 Jul 2023 10 min

Jakkals en Berg debuteer "Bella Musica" op 100.5FM

Jakkie Louw en Charlize Berg (Jakkals en Berg) se jongste enkelsnit, "Bella Musica" is so kraakvars dat dit vandag vir die eerste keer ooit op radio gespeel is - en dit was op 100.5FM. Jakkie het by Ludi kom kuier op die 100.5FM buite-ateljee op die Innibos-feesterrein.
30 Jun 2023 13 min

Boekgesprek met Jacques Pauw

Die joernalis Jacques Pauw was vanoggend die gas tydens die 100.5FM-boekgesprek met Annemarie van der Walt. "Suid-Afrika is 'n wonderlike plek om 'n ondersoekende joernalis te wees," sê hy.
30 Jun 2023 43 min

Resensie: Laerskool Noord

Ilne Fourie se komedieteks kry 10/10 by Innibos feesvlinder Sanett Oosthuizen. Vir haar steel Margit Meyer-Rödenbeck se netbaljuffrou, Zelda de Wet, die kollig.
30 Jun 2023 8 min
580 – 600