Die Mpumalanga Skou beloof om vanjaar sy aanbieding van lewende hawe te verdubbel. Hierdie drie-dag familieskou met alles van mynbou en bosbou tot landbou en gesinsvermaak keer op 31 Augustus terug na Mbombela-stadion. Bek-en-klouseer het verlede jaar die bees-uitstalling belemmer, maar vanjaar is hulle terug, sê Lyzelle van Wyk and…
Curro Nelspruit, die nasionale wenners van die Curro Create teater-kompetisie in 2022 is terug met 'n oorspronklike stuk: "Cyberpunks". Die teks is deur 'n onderwyser by die skool geskryf en ondersoek die rol wat ouers toelaat tegnologie in hul kinders se lewens speel en die impak daarvan. Kultuurorganiseerder Alta Ehrke…
Die Laeveld 4x4-klub is bedoel vir natuurliefhebbers en avontuurlustiges. Enige fabrikaat van voertuig is welkom. Herman en Letitia Entres en Johan Spies gesels met Sonop Ontbyt oor dié stokperdjie.
St Peter's School het 'n splinternuwe hoof. Zunelle De Ru vertel vir Charles dat, hoewel akademie baie belangrik is as fondasie vir leerlinge se blinker toekoms, fokus sy ook op holistiese ontwikkeling van elke kind sodat hulle hul uniekheid en talente kan ontdek.
Timon Petterson, 'n Suid-Afrikaner wat in Mosambiek woon, het verlede jaar begin om rodeo's in Mosambiek aan te bied. Die doel is om landbou en gemeenskaplike ontwikkeling te bevorder deur bulry-toernooie. 'n Groot kompetisie skop eersdaagas, op 28 Augustus, by FACIM af. Hy gesels saam met ruiter Renaldo Pringle met…
Die Mpumalanga Blind Skills Development Hub leer mense wat gedeeltelik kan sien of heeltemal blind is vaardighede wat hulle in 'n werksplek kan bekwaam. Dit sluit in rekenaarvaardighede asook kook en bak. Fanie Msiza van die hub gesels saam met Zandrè Pelser van Sibinjala, 'n geleentheidsfasiliteerder vir gestremdes, met Charles…
Die eerste Innibos Boekenaweek vind van 1 tot 3 September in Kaapsehoop plaas. Annemarie van der Walt sê liefhebbers van lees, boeke en woorde moet dit nie misloop nie.
Die groot skoonmaak aksie deur We Care for Nelspruit en die Power of 8000 was ‘n groot sukses. Vir ses dae het spanne bosse weggesny, gras is gesny en rommel opgetel. TJ Maré sê hulle kon in totaal 'n 1 001 swartsakke met vullis en rommel vul. Die area vanaf…
Die Wêreld Goudpan-kampioenskappe vind vanjaar in Mpumalanga plaas. Dit skop Sondag in Pelgrimsrus af met die amptelike openingseremonie en 'n kompetisie vir deelnemers met gestremdhede sowel as 'n "Gold Rush" vir die publiek. Deelnemers van 21 lande dan tot 12 Augustus meeding om as wêreldkampioene gekroon te word. Sanjay Singh,…
Michael Eisen het op 17 Julie begin as die uitvoerende hoof van Penryn College. Hy is oorspronklik van Botswana en hoop om leerlinge te inspireer om werklik groot te droom. Sonop Ontbyt leer hom ‘n bietjie ken.
Daar word tans oudisies gehou vir die Mpumalanga Jeugkoor. Christiaan Burger en Bontle Ndlovu is lede van die koor. Dit vind vanmiddag tussen 14:00 en 17:00 by Curro Nelspruit plaas.
Die Laeveldse sakevrou Lucia Ochan is onlangs as Mrs Curve Globe 2023 gekroon. Met dié titel is sy nou ook ‘n ambassadeur vir die WIN-stigting. Sy gesels met Amanda oor die geleentheid wat hierdie platform haar bied om vroue wêreldwyd te inspireer en haar passie teen geslagsgeweld. “Ek kan nou…
Laerskool Nelspruit se Wild en Water fees is om die draai. Skoolhoof, mnr. Jaco Hauptfleisch, en Charl Breytenbach, 'n ouer wat die fees help reël, gesels met Sonop Ontbyt.
We Care 4 Nelspruit sal hierdie week tot Vrydag die R40 vanaf Rocky Drift tot verby Mbombela se ingang na Barberton skoonmaak. Sameroeper, TJ Maré, sê hulle gaan onder meer bosse weg sny, gras sny en rommel op tel. Almal is genooi om mee te doen en hierdie voor-somer-inisiatief te…
Die sibbe Amani (Hoërskool Bergvlam) en Danyaal Nomani (Nelspruit Primary) het onlangs goud gewen by die Eskom Ekspo wat by Penryn College aangebied is. Hul navorsing toon dat geometriese energie praktiese sal wees om te implementeer. Hulle gesels met die Verkas-span.
Julie is bewusmakingsmaand van geestesgesondheid. Dit is jou emosionele, sielkundige en sosiale welstand. “Elke persoon beleef nou en dan 'n geestesongesteldheid, maar almal beleef dit nie langdurig of benodig medikasie nie,” sê Annriette Slabber van LifeLine Nelspruit. Sy gesels met Charles.
Marlene Pretorius is ‘n vrywilliger vir KANSA Laeveld. Sy vertel vir Ludi en Mireille watter dienste hierdie organisasie alles bied. Luister weer hier.
Die International Arts Talent Showcase (IATS) stel ontluikende, plaaslike talent al 13 jaar bloot aan internasionale geleenthede. Daar word Saterdag in Mbombela oudisies voor gehou. Elsubie Louwrens sê hulle is op soek na nuwe talent op die gebiede van toneelspel, modelwerk, dans en sang. Vanjaar het hulle vooraf ook ‘n…
Die Sabie Trout Club bied op 12 Augustus 'n groot Dames Vlieghengel-kompetisie aan by die Sabie Rivier en Gunyatoo Trout Lodge op die Long Tom-pas. Werner Wessels, voorsitter van die klub, en Jani Wessels, komiteelid wat dié geleentheid vir Vrouemaand reël, gesels met Ludi.
25 Jul 2023
17 min
560 – 580
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.