100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,173 Episodes
540 – 560

Grace Baby Haven amper twee jaar later

Grace Baby Haven bied 'n veilige hawe vir weggooibabas, waarna daar ‘n baie groot vraag is. Justin Grobbler sê armoede speel tans die grootste rol in mense se besluit om hul baba weg te gooi. Hulle het tans vier babas waarna hulle tans omsien. Hy gesels met Amanda.
18 Sep 2023 12 min

Nuwe vaardighede met Tinyoni-modeparade gevier

Die Tinyoni-modeparade vind Saterdag by Church Unlimited plaas om 'n groep vroue wat deur die program geleer is om naaldwerk te doen, te vier. Tinyoni vorm deel van Yami, 'n nie-winsgewende organisasie in Barberton. Stigerslid , Thea Mitchell, gesels saam met Hermien Hartman oor die projek.
15 Sep 2023 10 min

Adasa herdenk Alzheimer's maand met dag van welstand

September is Wêreld Alzheimer's maand. Elria Erasmus van Adasa verduidelik die verskil tussen Alzheimer's siekte en demensie en verduidelik die rol wat beta-amyloïede proteïen en plaak in die ontstaan van die siekte speel.
14 Sep 2023 16 min

Penreach vier geletterdheid in September

Navorsing toon dat 81% van 10-jarige Suid-Afrikaanse kinders in geen taal kan lees nie. Penreach wil dit aanspreek. Ronald Chanetsa gesels met Amanda.
13 Sep 2023 15 min

Nelspruit Eisteddfod hou na vier jaar weer 'n gala-aand

Die Nelspruit Eisteddfod kan vanjaar vir die eerste keer in vier jaar sedert die grendeltydperk weer ‘n gala-aand aanbied. Eugené Wait, die organiseerder van die kuns-afdeling, reël ook hierdie spog-geleentheid. Sy sê soos elke jaar is die plaaslike talent oorweldigend en was dit baie moeilik vir die organiseerders om te…
12 Sep 2023 5 min

Hoërskool presteer met tienertoneel

Hoërskool Nelspruit is vanjaar op toer met twee produksies: "Kopskuif "en "My meise se ou se meisie". Juf. Rona van Blerk vertel dat hulle by die FAK Allegretto Toneelfees waar hulle die Top 5 en semifinaal gehaal het. Die baanbrekerswerk het die toekennings ingeryg. Sy gesels saam met akteur Ruben…
7 Sep 2023 11 min

Nellie-leerling pak Route '74 aan vir haar ma en vir KANSA

Henrike de Wet, 'n gr. 10-leerling by Hoërskool Nelspruit, beplan om saam met haar pa, Gideon, na ses provinsies oor sewe dae met ‘n motorfiets te reis. Dit is 'n fondsinsameling/bewusmakingsveldtog vir KANSA maar herdenk ook die lewe van haar ma, wat twee jaar gelede oorlede is aan kanker. Hulle…
7 Sep 2023 10 min

Dick Meintjies wen nasionale verkoopsbestuurder toekenning

Dick Meintjies van Nelspruit Ford het onlangs die nasionale Voorsitterstoekenning gewen vir Verkoopsbestuurder Kategorie A. Hy skryf die nasionale toekenning toe aan 12 jaar se harde werk - en goeie kliëntediens. "'n Mens doen dit die altyd 100% nie, maar jy probeer," sê hy vir Sonop Ontbyt.
7 Sep 2023 9 min

Filosofiekafee op die spyskaart by Innibos Boekenaweek

Die Innibos Boekenaweek het aangebreek in Kaapsehoop en op die spyskaart vanaand is die Filosofiekafee. Die stigter, Lame Ebersohn, gesels met Sonop Ontbyt oor hoe sy dit sowat 25 jaar gelede by haar koffiewnkel op Kerkplein in Pretoria begin het om aktuele sake te bespreek en gesprek aan te moedig.
1 Sep 2023 9 min

Apostle Peter Jones inspireer en bou gemeenskap

Apostle Peter Jones is in twee kategorieë benoem vir vanjaar se Sunrise Excellence Awards. Dit is as inspirerende leier en gemeenskapsbouer. Hy vertel van Amanda oor die werk wat hy doen.
29 Aug 2023 20 min

Steve word 59 jaar oud

Steve Hofmeyr vier vandag sy 59ste verjaarsdag. Hy sê vir Gerhardt en Vanessa hy voel nog nie soos 'n dinosourus nie. "Dit gebeur met almal wat hierdie pad moet stap. As jy ordentlik grootword gaan jy agterkom jy word eintlik ryker, jy omring jouself met dinge van regte waarde, jy…
29 Aug 2023 7 min

Verhoogde gebruik van metamfetamien in Laeveld

SANCA Laeveld sê hulle bespeur 'n verhoogde verbruik van metamfetamien (crystal meth) in die Laeveld. Marina Erasmus sê 20 jaar gelede was dit 'n Wes-Kaapse probleem. Vandag in Suid-Afrika soek die meeste mense by rehabilitasiesentrums hulp vir dagga gevolg deur metamfetamien.
29 Aug 2023 16 min

Ghost deur na Top 10 van Sock it to Me

Die plaaslike kunstenaar, Ghost (ook bekend as Wouter de Witt) het onlangs deurgedring na die Top 10 in die Sock it to Me Internasionale kompetisie. Hy gesels met Ludi oor sy unieke, eg-Laeveldse ontwerp en hoe hy ook elders in die Laeveld op openbare spasies sy merk afdruk.
28 Aug 2023 13 min

Uplands bring kaalvoetdag terug

Die leerlinge van Uplands kon sedert die kaalvoetdag op 1 Augustus nagenoeg 600 pare skoene insamel vir minder bevoorregte kinders. Ouers het nuwe skoene gekoop, en leerders kon hul skoene skenk. Alles is aan Feed the Need geskenk om te versprei tot so vêr as gemeenskappe in Kabokweni en Malalane…
28 Aug 2023 5 min

Hengelaars in R6 000 vir KANSA Laeveld

Die Sabie Vlieghengelklub kon Saterdag tydens hul Vrouemaand-hengelgeleentheid R6 000 vir KANSA Laeveld insamel. Jani Wessels, organiseerder van die klub; Nikita Pretorius, 'n KANSA-debutant by Hoëerskool Nelspruit; en hengelaar Mariette Venter kuier in die ateljee.
16 Aug 2023 10 min

Macadamia-boer maak 'n plan

Jaco van Eden, ‘n macadamia-boer van Witrivier, het toe die prys van dié gesogte neut deur die vloer val, innoverende planne gemaak om kompeterendte bly en neute ook aan die SA-mark beskikbaar te stel. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
15 Aug 2023 10 min
540 – 560