Pumas bly aan wenkant na derde SA Beker ronde

Loading player...
Die voorste drietal van Suzuki Griekwas, Airlink Pumas en NovaVit Griffons het die naweek hul onoorwonne lopie volgehou met goeie oorwinnings in die derde ronde van die SA Beker. Die Griekwas het die Grens Bulldogs met 118-3 oorrompel; die Airlink Pumas was te sterk vir die Cheetahs in Nelspruit met 'n sege van 46-38; en die Griffons het 'n 79-10 triomf oor die Luiperds verseël. Die komende naweek reis die Pumas na Kempton Park om met die Valke kragte te meet. Clinton Swart, die kaptein; Ruwald van der Merwe, onderkaptein; hoofafrigter, Jimmy Stonehouse; en uitvoerende beampte, Marius van Rensburg, gesels met Sonop Ontbyt. 
25 Mar 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Pumas bly derde op Curriebeker-punteleer met een ronde oor

Die Griekwas bly steeds eerste op die Curriebeker-punteleer na hul 38-14 sege Vrydag oor die Airlink Pumas by Mbombela-stadion. Die Cheetahs wat ook 26 punte het is saam met die verdedigende kampioene reeds verseker van plekke in die halfeindronde. Hulle word gevolg deur die Pumas met 17 punte en die…
25 Aug 5 min

Lowveld Torque Wars

Die Lowveld Torque Wars wil petrolkoppe 'n veiliger plek bied om te wys hoe vinnig hulle regtig kan ry. Chris de Klerk en Marloe van Niekerk gesels met Sonop Ontbyt.
21 Aug 15 min