Klein Zetske vuur en vlam vir busse

Loading player...
Zetske Izeboud (20 maande) het 'n ritueel saam met haar pa, Heinrich, en oupa, Willem Fourie: Elke oggend staan hulle in die voortuin en waai vir die Buscor-busse wat verbyry. Die pendelaars waai nou al terug en die busbestuurders toet vir haar. Sy is absoluut gaande oor enigiets met wiele, vertel haar ma, Megan, en ouma, Tersia.
15 Nov 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Geen meer voorbrande, sê Lefpa

Die Laeveld en Platorand-brandbestrydingsvereniging sê geen brandpermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie. Dit is vanweë die hoë brandgevaar te midde van warm, droë en winderige toestande. André Scheepers van Lefpa verduidelik die brandrisiko is tans uiters hoog en alle brandbedrywighede moet reeds voltooi wees om die risiko van…
19 Aug 7 min

Dancing Queens dans vir goeie doel

Angela Kent het verlede jaar die Dancing Queens gekonseptualiseer. Nou is dit 'n projek deur Witrivier-inwoners ten bate van 'n nie-winsgewende organisasie in die gemeenskap en dit word uitstekend ondersteun. Sy en Donna James kuier by 100.5FM.
18 Aug 8 min