"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
Weekly
Afrikaans South AfricaNewsAuthored by Ernst van Zyl, Arno Roodt, Charné Mostert en Louis Boshoff
In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek die span adv. Dali Mpofu se optrede tydens die onlangse onderhoude vir die pos van hoofregter, AfriForum se hoofsaak teen die EFF en die herrie rondom Joe Rogan.
In die week se episode van Podlitiek ontnonsens die span die minister van hoër onderwys se drogredenasies oor Afrikaans by Stellenbosch asook die hofaansoek om die nasionale ramptoestand tot 'n einde te bring. Die span bespreek ook die stadsaal van Queenstown wat onlangs afgebrand het en hoe ons die brande…
In die week se episode van Podlitiek word drie stories onder die loep geneem: die einde van die ramptoestand, die woordestryd tussen president Cyril Ramaphosa en minister Lindiwe Sisulu en Bongani Baloyi se skuif weg van die DA na ActionSA.
Die Podlitiek-span verwelkom ʼn nuwe aanbieder en gesels oor die nasionale ramptoestand wat nou afgeskaf moet word, asook die EFF wat restaurante besoek en DNS-toetse wat agterstallig is.
In die week se episode van Podlitiek gesels die span oor die uitsprake wat minister Lindiwe Sisulu onlangs oor die regbank gemaak het, sowel as Novak Djokovic se verlengde stryd ten einde deel te kan neem aan die Australiese Ope van 2022.
In die week se episode van Podlitiek kom verpligte inentings en die brief wat oudpres. Thabo Mbeki aan die adjunk-sekretaris-generaal van die ANC geskryf het onder die loep.
Wat ‘n week in die Suid-Afrikaanse politiek. As jy, soos baie Suid-Afrikaners wonder wat op aarde aangaan in terme van koalisies, en wat die term minderheidsregering in die eerste plek beteken, dan is hierdie episode vir jou.
In die week se episode van Podlitiek kom twee onderwerpe onder bespreking – litigasie vir die beëindiging van die aandklokreël en politieke partye wat skarrel om koalisies in sekere munisipaliteite te vorm.
In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die situasie wat tans by Eskom heers, asook die skep van koalisies na die afgelope munisipale verkiesing.
Die week se episode van Podlitiek is daar nie die gebruiklike fokus op drie verskillende nuusstories nie, maar word daar eerder gefokus op die uitslae van die pas afgelope munisipale verkiesings.
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor koalisiemunisipaliteite, die krisis by die Breitburg-grenspos, die gyselaarsdrama wat hom by die St. George Hotel afgespeel het en universiteit wat inenting verpligtend wil maak.
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, se jongste uitlatings oor Orania en word die situasie by Eskom en André de Ruyter se prestasie onder die loep geneem.
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die R15 miljoen-sportveld in die Oos-Kaap, die bekendmaking van staatsamptenare se salarisse en die berugte DA-plakkate in Phoenix in KwaZulu-Natal.
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor 'n hernude beroep vir die verwydering van die Paul Kruger-standbeeld, die Unisa-hofuitspraak en politieke partye se verkiesingsbeloftes.
In hierdie week se Podlitiek-episode gesels die span oor die omstrede toerismefonds wat onwettig verklaar is en Unisa se taalbeleid wat ongrondwetlik is.
In die week se episode van Podlitiek bespreek die span die afgelope naweek se politieke moorde in KwaZulu-Natal, pres. Cyril Ramaphosa wat glo die groen lig gegee het vir mediese parool vir oudpres. Jacob Zuma en laastens die komende verkiesing in Duitsland.
In hierdie week se Podlitiek-episode is Ernst van Zyl en Paul Maritz in die virtuele ateljee, en hulle bespreek onder meer oudpres. Jacob Zuma se vrylating op mediese parool, die Verkiesingskommissie se voorgenome heropening van die kandidate-registrasieproses en die militêre staatsgreep wat vandeesweek in Guinee plaasgevind het.
In die week se episode van Podlitiek bespreek die span die gerugte dat 'n ANC-LP 'n spioen vir China is, die ANC se hantering van die komende munisipale verkiesing en die toenemende druk om inentings verpligtend te maak.
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die jongste werkloosheidskoers, die munisipale verkiesing en die jongste gebeure in Afghanistan.
26 Aug 2021
38 min
60 – 80
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.