Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
346 Episodes
260 – 280

Luister: Wiele2Wiele ry met die Atos

Hierdie week gesels Wiele2Wiele met Wils Raubenheimer van Hertz Suider-Afrika, wat volstoom aan die gang is ten spyte van Amerika wat swaar trek. Motus sê die beste tyd om ʼn motor te koop is nou en dan gaan ry die span met Hyundai se klein Atos-buksie, wat al ‘n paar…
2 Jun 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele ry met Alfa se Stelvio Q4

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met twee uiteenlopende voertuie – Alfa Romeo se Stelvio Q4-vuurwa en Suzuki se sakpas S-Presso. Hulle gaan kuier om die kampvuur saam met Mic van Zyl van Ironman 4x4 en droom saam van hulle volgende 4x4 avontuur.
26 May 2020 22 min

Luister: Wiele2Wiele gaan terug in tyd saam Porsche

Hierdie week gaan Wiele2Wiele terug in tyd na 1965 toe die eerste Porsche Targa bekendgestel is voor hulle gesels oor die nuwe Porsche 911 Targa 4 en 911 Targa 4S. Die span raak nostalgies wanneer hulle met Rian van Eeden gesels oor sy versameling van Matchbox-karretjies. Hulle gee ook raad…
19 May 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor Lamborghini se virtuele bekendstelling

Hierdie week gaan Wiele2Wiele terug in tyd met Gerrida Dickson wat die storie vertel van haar eerste motor. Hulle sien die nuwe Huracán Evo RWD Spyder in hul eie motorhuis nadat Lamborghini die voertuig virtueel deur middel van verhoogde realiteit (augmented reality) bekend gestel het. Hulle gesels oor BST-koolstofveselvellings en…
12 May 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor GTI en Corolla Sedan

Hierdie week raak Wiele2Wiele nostalgies oor die ikoniese GTI-handelsmerk in Suid-Afrika. Hulle praat verder oor Toyota se planne, insluitend die nuwe Toyota Corolla Sedan en daar is motorsportnuus. Daar word ook gekyk na voertuie wat op petrol en gas loop en vir 2Wiele het SuperBike Magazine vir jou fantastiese nuus…
5 May 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor Toyota se planne, Motor van die Jaar-wenners

Hierdie week gesels Wiele2Wiele met Toyota Suid-Afrika oor sy onmiddellike planne rakende die Covid-19-pandemie en daar word gekyk na die wenners van AutoTrader se Motor van die Jaar-kompetisie. Verder word daar saam met Ironman 4x4 om die spreekwoordelike kampvuur gekuier en die span raak nostalgies saam met Suzuki SA wanneer…
28 Apr 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor aanlyn inisiatiewe

Hierdie week vertel Wiele2Wiele hoe jy die aankondiging van AutoTrader se Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar kan kyk. Intussen gaan MasterDrive aanlyn met gevorderde-bestuurskursusse en hulle ‘E-Learning’-program.
21 Apr 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor Jaguar Land Rover wat help met Covid-19

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Jaguar Land Rover SA wat aktief besig is saam met die Suid-Afrikaanse Rooikruisvereniging te midde van die Covid-19-pandemie en hoe hulle tot Jesse Kriel se redding gekom het voor die afsonderingstydperk begin het. Intussen sê Volvo Suid-Afrika daar is lig aan die einde van die…
7 Apr 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor nuwe 12de generasie Corolla

Tydens die nasionale inperking bly Wiele2Wiele se wiele nog spreekwoordelik aan die rol – hulle gesels oor die nuwe 12de generasie Toyota Corolla – praat oor sagterware wat al jou geheime verklap, Braam Smit van ZA Bikers inspireer ons met ‘n 2Wiele storie en dan gaan Ironman 4x4 jou help…
31 Mar 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele oor Lambo se Hurucán Evo en Urus

Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan die klanke van Lamborghini se Huracán Evo en Urus Super Sportnuts jou laat glimlag. Suzuki SA laat nie toe dat ‘n virus hulle moed breek nie en gaan digitaal met die bekendstelling van die nuwe S-presso. Die span vertel jou wat gebeur as jy sonder…
24 Mar 2020 24 min

Wiele2Wiele bekyk finaliste vir motor van die jaar

Hierdie week kyk Wiele2Wiele na die 14 finaliste van die AutoTrader South African Car of the Year-kompetisie. Die span gaan ry met die Mazda 3-luikrug, staan verbaas oor die splinternuwe Land Rover Discovery Sport, gesels oor silinder-deaktivering en wonder watter motorfietshelde jou beïnvloed.
17 Mar 2020 23 min

Luister: Wiele2Wiele ry met die Lexus UX 250h SE-hibried

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die Lexus UX 250h SE-hibried, gesels met Brendon Staniforth van Maroela Media oor die Suzuki S-Presso wat hy in Indië ervaar het, gee vir jou meer inligting oor verkope in die tweedehandse-voertuigmark en hoor waarmee Taye Perry doenig is na Dakar 2020.
10 Mar 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele ry met opgeknapte Toyota CH-R

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Toyota se opgeknapte CH-R, BMW se M135i en VW se Caddy 1.0 TSI. Hulle leer jou meer oor laers (bearings) en maak jou lus vir lees oor motorfietse, wanneer hulle met Clinton Pienaar van die Superbike SA-tydskrif gesels.
4 Mar 2020 23 min

Luister: Wiele2Wiele raak jonk van gees met die Citroën C3

Hierdie week raak Wiele2Wiele jonk van gees met die Citroën C3. Maroela Media se eie Brendon Staniforth vertel meer oor die Isuzu D-max 2,5 wat nou beskikbaar is met ʼn outomatiese ratkas en die span raak nostalgies vir 2Wiele.
25 Feb 2020 22 min

Wiele2Wiele speel met ’n Hyundai, Kia en Renault

Vandeesweek het die Wiele2Wiele-span met Hyundai se nuwe i30 N gespeel. Kia het die stilte met die Seltos-sportnutsvoertuig verbreek wat beslis jou aandag gaan trek en Renault verbaas almal met die prys van sy nuwe sewesitplek-voertuig.
18 Feb 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele ry met Audi se ‘luislang geel’ A1

Hierdie week gaan rits Wiele2Wiele rond met Audi se ‘luislang geel’ A1 Sportback, raak depressief oor die SOMI-konferensiesyfers maar skep dan moed met die bekendstelling van Toyota se nuwe Corolla Quest. Hulle vertel jou van ʼn elektriese Mustang, die Mach-E, en dan is ons Suid-Afrikaanse span op pad om die…
4 Feb 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele verbaas oor die Haval H2

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Suzuki se groot ‘renstel’, die Suzuki Swift Sport. Hulle ry ook in styl rond met Audi se Q3, staan verbaas oor die Haval H2, wonder of jy hibriede-motors se brandstofsyfers kan vertrou en ‘Trompie’ kom kuier vir 2-wiele.
28 Jan 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor die Atos en Pik Up

In die episode vertel Wiele2Wiele jou meer oor die Hyundai Atos waarmee hulle die afgelope Desember-vakansie rondgerits het en Mahindra se gewilde Pik Up-bakkie wat nou beskikbaar is met ʼn outomatiese ratkas.
21 Jan 2020 22 min
260 – 280