Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1800 – 1820

VN herdenk 80 te midde van reuse-uitdagings

Die Verenigde Nasies is 80. Die Handves van die Verenigde Nasies, die grondslagverdrag van die VN, is op 26 Junie 1945 in San Francisco onderteken en het in werking getree op 24 Oktober 1945. Dit het ontstaan uit die nasleep van die Tweede Wêreldoorlog, met die doel om toekomstige globale…
27 Jun 1AM 1 min

Olie: Deursigtigheid in welvaartsfonds nou kritiek vir Namibië

Namibië se olie-ontdekkings bied groot belofte, maar ook risiko. Sonder sterk instellings kan hulpbronrykdom tot onstabiliteit lei. Noorweë het daarin geslaag om stelsels voor ontginning te bou, vroegtydig te bespaar en deursigtigheid te verseker. Die werklike prys is nie die olie nie, maar die toekoms wat Namibië daarmee kan bou…
27 Jun 12AM 1 min

Thieme gee opdatering van omskakeling van PnP tot Model

Die Ohlthaver & List Groep sal op 1 Julie sy nuwe kleinhandelsmerk Model loods, wat die einde van sy 27-jarige franchise-ooreenkoms met Pick n Pay Suid-Afrika sal merk. Die 19 Pick n Pay-winkels in Namibië sal geleidelik na die Model-handelsmerk omgeskakel word. Die Auas Valley-winkel in Windhoek sal die eerste…
27 Jun 12AM 1 min

Onaanvaarbaar dat R5m op 11 geskorste polisie bestee is

Build One South Africa sê dis onaanvaarbaar dat meer as 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee is aan die salarisse van elf polisielede wat met volle salaris geskors is. Dit sluit in 'n luitenant-generaal wat sedert Julie 2022 by die huis sit. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die polisieminister, Senzo…
26 Jun 11PM 1 min

Iran sê VSA-aanvalle het misluk, Hegseth teiken die media

Iran se opperleier, Ajatollah Ali Khamenei, het in sy eerste openbare toespraak sedert 'n wapenstilstand met Israel ooreengekom is, daarop aangedring dat die VSA geen prestasies behaal het met sy aanvalle op Iran se kernfasiliteite nie. Hy sê die aanvalle het nie niks belangriks bereik om sy land se kernprogram…
26 Jun 11PM 1 min

Ingenieursraad van Namibië is ontslaan: Nekundi

Vervoerminister Veikko Nekundi het die onmiddellike ontslag van die Ingenieursraad van Namibië in die Nasionale Vergadering aangekondig. Die raad is die statutêre en regulerende liggaam vir die ingenieursberoep in die land. Nekundi sê dat die lede sedert hul aantelling talle uitdagings in die gesig gestaar en onderpresteer het, vandaar die…
26 Jun 11AM 1 min

Cyril dank DA se Whitfield af, Steenhuisen briesend

DA-leier John Steenhuisen het president Cyril Ramaphosa gekritiseer omdat hy Andrew Whitfield van die party as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging afgedank het. Hy voer aan Whitfield is verwyder omdat hy sy werk goed gedoen het. Steenhuisen het tydens die aanvaarding van die Wet op die Verdeling van Inkomste…
26 Jun 11AM 1 min

Onwettige kragverbindings, kerse vuur hut-brande aan

Die Stad Windhoek het 42 brande en vier sterftes in informele nedersettings tussen Januarie en Junie aangeteken. Die meeste voorvalle het in Tobias Hainyeko, Moses Garoeb en Samora Machel plaasgevind. Die meeste brande, 14, was in Januarie, terwyl 18 brande en vier sterftes in die afgelope drie maande aangemeld is…
26 Jun 10AM 1 min

Laai jou batterye, radio-beheerde motor-renne is terug!

Dis motorsport van ‘n ander aard die naweek by Tony Rust-renbaan wanneer radio-beheerde karretjies die baan aandurf. Die sport was vir ‘n wyle dormant maar het nou weer lewe gekry. Francois Lottering van Motor Media Namibia het al die inligting.
26 Jun 10AM 1 min

Inligtingminister wil nie vrae oor Starlink in NV beantwoord nie

Inligtingminister Emma Theofelus het in die Nasionale Vergadering gepraat oor die posisie van Starlink, na die PDM-president McHenry Venaani vroeër vrae daaroor gerig het. Starlink is in November verlede jaar beveel om sy internet-dienste in Namibië te staak omdat dit nie plaaslik gelisensieer is nie. Die maatskappy het toe aansoek…
26 Jun 10AM 1 min

Minder belasting goed vir beleggings, maar meer kan gedoen word

Beleggings in Namibië het spesiale aandag gekry by die onlangse VSA-Afrika Sakeberaad in Luanda. President Netumbo Nandi Ndaitwah het by ‘n sessie met die titel "Belê in Namibië", die vermindering in korporatiewe belasting aangekondig. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Danny Meyer van SME Compete wat sê dis 'n…
26 Jun 10AM 1 min

InnoSun gaan skoon energie-projekte uitbrei

Een van Namibië se baanbrekers in hernubare energie, InnoSun Energy Holding, sê hulle mik daarna om die nasionale teiken van 70-persent hernubare energie-opwekking teen 2030 te oorskry. Die maatskappy is bekend vir sy vroeë aanvaarding van skoon energie-oplossings. Nangula Geingos van Innosun sê hulle beplan om sonkrag- en windkragprojekte uit…
26 Jun 10AM 1 min

ANC het Vryheidsmanifes verraai: Giwusa

Die vakbond Giwusa sê die ANC het meer as 70 jaar lank die revolusionêre aspek van die Vryheidsmanifes verraai. Vandag is die 70ste herdenking van die Vryheidsmanifes wat in 1955 in Kliptown, Soweto, aanvaar is. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die ANC het dit verraai deur die sosialistiese betekenis…
26 Jun 10AM 1 min

Groot brand by Khorixas geblus

Die Khorixas-brand is suksesvol geblus en is nou onder beheer, wat broodnodige verligting aan inwoners bring na dae van onsekerheid. Brandbestrydingspanne, ondersteun deur plaaslike vrywilligers en streeksowerhede, het onvermoeid gewerk. Geen beserings is aangemeld nie, en skadebepalings is nou aan die gang. Kosmos 94.1 Nuus het met Johnson Ndokosho, die…
26 Jun 8AM 1 min

Kaapstad maak reg vir Bokke vs BaaBaas

Rugby: Die Stad Kaapstad verwag 'n vol Kaapstad-stadion vir Saterdag se geskiedkundige kragmeting tussen die Springbokke en die Barbarians. Die wedstryd is die eerste ontmoeting tussen die twee spanne sedert 2016 en die eerste een op Suid-Afrikaanse bodem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê meer as 40…
26 Jun 8AM 1 min

Venaani soek duidelikheid oor droogtehulp

Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het PDM-president McHenry Venaani die landbouministerie uitgevra oor beloofde droogtehulp-ondersteuning aan boere. Die ministerie het maande gelede planne aangekondig om boere te subsidieer wat hul beeste tydens die droogte verkoop het, maar geen duidelike verbintenis is gemaak nie. Venaani is aan die woord.
26 Jun 6AM 1 min

Ten spyte van huishoudelike druk, het korttermynversekering goed gevaar

Santam se 2025 Versekeringsbarometerverslag het onthul die moeilike ekonomiese omstandighede bly ʼn bron van kommer vir verbruikers en sakeondernemings. Die studie het bevind 84-persent van die deelnemers moes finansiële aanpassings maak om die stygende lewenskoste te hanteer. Atang Matebesi van Santam sê ten spyte hiervan het slegs ʼn klein aantal…
26 Jun 6AM 1 min

Unam-studente elders gehuisves tydens eksamen oor Streke 5 Spele

Unam-studente wat steeds besig is met eksamens, word stelsematig verskuif omdat hulle die kampuskoshuise moet ontruim om plek te maak vir atlete wat vir die Streek 5 Jeugspele, wat op 3 Julie begin, opdaag. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho gepraat die woordvoerder van Unam, wat sê die studenteverskuiwing…
26 Jun 5AM 1 min

MVA help met eise, en haakplekke in verband met eise

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het vandag met ‘n drie-dag uitreik in die hoofstad begin om die publiek by te staan met die registrasie van eise en die aanspreek van uitdagings in verband met eise wat reeds ingedien is. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die fonds se woordvoerder Hilaria Graig vir…
26 Jun 5AM 1 min
1800 – 1820