Inligtingminister wil nie vrae oor Starlink in NV beantwoord nie

Loading player...
Inligtingminister Emma Theofelus het in die Nasionale Vergadering gepraat oor die posisie van Starlink, na die PDM-president McHenry Venaani vroeër vrae daaroor gerig het. Starlink is in November verlede jaar beveel om sy internet-dienste in Namibië te staak omdat dit nie plaaslik gelisensieer is nie. Die maatskappy het toe aansoek gedoen vir 'n lisensie, wat nog nie goedgekeur is nie. Theofelus sê die aansoek word nog bestudeer en wou nie ander vrae wat Venaani gevra het beantwoord nie.
26 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kyk ook na piesangs vir boerdery

Namibië, tradisioneel 'n piesanginvoerland, oes nou sy eerste plaaslik gekweekte piesangs na 'n suksesvolle bedryfsontwikkelingsproef. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, Hanks Saisai, boere aangemoedig om piesangverbouing te omhels as 'n manier om die land se afhanklikheid van invoere te…
28 Aug 11AM 1 min

Bradley toe nie spelende kaptein van VSA Ryderbeker-span

Gholf: Keegan Bradley het besluit om homself nie as spelende kaptein vir die Amerikaanse Ryderbeker-span te kies nie. Hy het Justin Thomas, Collin Morikawa, Ben Griffin, Cameron Young, Patrick Cantlay en Sam Burns benoem as sy ses keuses vir volgende maand se Ryderbeker teen Europa in New York. Die ses…
28 Aug 11AM 1 min

Meer jeug begin stem, wys NMT-navorsing

'n Verslag wat onlangs deur die Namibia Media Trust bekendgestel is, toon dat daar 'n duidelike breuk is tussen politici en die jeug, hoofsaaklik as gevolg van oppervlakkige betrokkenheid tydens verkiesingsiklusse en 'n gebrek aan nakoming van veldtogbeloftes. Ten spyte hiervan, merk die verslag 'n merkbare toename in jeugdeelname in…
28 Aug 10AM 1 min

51% plaaslike eienaarskap in myne - het ons niks geleer?

'n Nuwe voorgestelde regeringsbeleid wat 51 persent plaaslike eienaarskap in mynbou-ondernemings vereis, het debat veroorsaak met kritici wat waarsku dat dit beleggers kan afskrik en Namibië se mededingendheid kan verswak. Hoewel dit daarop gemik is om plaaslike inwoners te bemagtig, word die uitspraak van die lynminister gesien as iets wat…
28 Aug 10AM 1 min