Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1040 – 1060

GRN se beplanning oor Epangelo-aandele laat meer ruimte vir korrupsie

In die Swapo manifes implementeringsplan vir 2025 beplan die regering om groter eienaarskap van myne en eksplorasie in die land te verkry. Die manifes se Swapo het ten doel gestel om te verseker dat minimum 50 persent van alle nuwe eksplorasie lisensies aan Epangelo Mining, die regering se mynmaatskappy, toegestaan…
8 May 12AM 1 min

Besluit oor Mashatile se blouligbeamptes skerp veroordeel

Die parlementêre portefeuljekomitee oor die Polisie het die polisiebestuur gekritiseer oor die onskuldigbevinding van agt BBP-lyfwagte van adjunkpresident Paul Mashatile na die N1-hoofweg-aanranding in 2023. Die beamptes, wat 12 strafregtelike aanklagte, insluitend aanranding, in die gesig staar, is elk op borgtog van 10 000 Suid-Afrikaanse rand vrygelaat. Die komitee se…
7 May 11PM 1 min

Spanning bou tussen Indië en Pakistan

Spanning laai op tussen die kernmoondhede Indië en naburige Pakistan, na Indië missielaanvalle op Pakistan en Pakistan-geadministreerde Kasjmir geloods het. Dit was na 'n terroriste-aanval op toeriste in Indies-geadministreerde Kasjmir. Volgens 'n Pakistanse militêre woordvoerder is minstens 31 burgerlikes dood en 46 gewond. Pakistanse premier Shehbaz Sharif het op die…
7 May 11PM 1 min

Maak so om ekonomiese druk, skuld te hanteer

Privaatsektor kredietverlening het gestyg tot 5 persent in Maart, op van 3,9 persent in Februarie. Ontleders meen die styging is aangedryf deur groei in korporatiewe lenings terwyl huishoudelike skuld ook effe gestyg het en sê dit wil voorkom asof aptyt vir krediet stadig herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney…
7 May 12PM 1 min

Laer SA brandstofprys net die ding vir boere: ekonoom

'n Senior landbou-ekonoom van FNB, Paul Makube, sê die jongste brandstofprysverlaging het op die regte tyd gekom te midde van verhoogde landbou-bedrywighede. Die petrolprys het om middernag met 22-sent-per-liter gedaal, terwyl die twee grade diesel nou onderskeidelik 42- en 41-sent per liter goedkoper is. Dit volg op 'n daling in…
7 May 12PM 1 min

Biomassa-aanleg gaan kraglewering hupstoot gee, hoor NV

Adjunk eerste minister en myne en energie-minister, Natangwe Ithete, het in sy begrotingsverklaring in die parlement 'n opsomming van die ministerie se werksaamhede gegee. Hy het die rol van hernubare energie uitgesonder en verwys na die biomassa-aanleg by Tsumeb, en hoe dit die elektrisiteitsnetwerk sal ondersteun.
7 May 11AM 1 min

Junior Bokke se afrigter glad nie tevrede nie

Rugby: Die afrigter van die Junior Springbokke, Kevin Foote, is teleurgesteld met sy span se vertoning in die tweede helfte van hulle wedstryd teen Australië in die tweede ronde van die Onder-20-Rugbykampioenskap in Gqeberha. Australië het na rustyd 'n agterstand van 17 punte omgekeer om Suid-Afrika 29-24 te klop. Foote…
7 May 11AM 1 min

Daar's genoeg slangbyt-teengif, maar lig loop vir skerpioene

Namibië het sowat 300 ampules slangbyt-teenmiddel in voorraad, te midde van 'n breër tekort aan teenmiddels regoor Afrika. Anders as in lande soos Kenia, bly die plaaslike voorraad stabiel danksy 'n vennootskap vanaf 2021 met Indië se Premium Serums. Die land het egter nog nie 'n voorraad van effektiewe teenmiddels…
7 May 11AM 1 min

Ithete verduidelik regering se stilte oor Namdia-roof

Kort op die hakke van drie verdagtes wat in Keetmanshoop gearresteer en in die hof verskyn het in verband met die Namdia-rooftog, kom die nuus dat nog 'n verdagte aangekeer sal word. NamPol adjunk-hoofinspekteur-generaal Elias Mutota het aan die nasionale uitsaaier gesê die verdagte is 'n Namdia-sekuriteitsbeampte, en 'n familielid…
7 May 11AM 1 min

Walvisbaai jeug het rede vir klagtes, sê raadslid

Die Walvisbaai-jeugforum kla geweldig op sosiale media oor die stand van sake met munisipale dienste in Walvisbaai. Volgens die groep gaan die sanitasie van die dorp ook agteruit. Die munisipaliteit maak ook nie die dorp skoon nie. Kosmos 94.1 Nuus het met munisipale raadslid, Ryan Gordon gepraat wat sê die…
7 May 11AM 1 min

Onderwysminister moet begroting verduidelik: BOSA

Build One South Africa doen 'n beroep op die Parlementêre Komitee oor Basiese Onderwys om aan te dring dat minister Siviwe Gwarube 'n omvattende uiteensetting van die nasionale onderwysbegroting van 330-miljard Suid-Afrikaanse rand moet verskaf. BOSA wil weet hoeveel aan onderwysers, administrateurs en onderwysbeamptes regoor die land betaal word. Woordvoerder…
7 May 9AM 1 min

Daar is wel voorrade by Rundu-hospitaal, sê ministerie

Die gesondheidsministerie het skerp gereageer op berigte dat daar 'n algehele voorraaduitputting by Rundu-hospitaal is. Veral malaria-toetse het onder die loep in die berigte gekom. Uitvoerende direkteur Penda Ithindi het bevestig dat die hospitaal voldoende malariatoetsstelle en ander voorraad het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie…
7 May 9AM 1 min

Inge Zaamwani aangestel as nuwe landbouminister

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Inge Zaamwani aangekondig as die nuwe Minister van Landbou, Visserye, Water en Grondbestuur. Zaamwani volg Mac Albert Hengari op, wat verlede week uit die pos getree het. Voordat sy by die Nasionale Vergadering aangesluit het, was Zaamwani 'n adviseur vir grondwetlike aangeleenthede in die Presidensie. Sy…
7 May 9AM 1 min

ActionSA loods inisiatief vir ekonomiese transformasie

ActionSA sê hy stuur vandag sy waagmoedige inisiatief van stapel om Suid-Afrika se ekonomiese transformasie-agenda te herskik tot werklike en blywende regstelling. Die partyleier Herman Mashaba lei die bekendstelling by die Apartheidsmuseum in Ormonde, suid van Johannesburg. Die party se woordvoerder, Matthew George, sê na 31 jaar van demokrasie, is…
7 May 9AM 1 min

Schreiber verwelkom hof-uitspraak oor burgerskap

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, verwelkom die Konstitusionele Hof se beslissing oor die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap van 1995, betreffende die verlies aan burgerskap. Die hof het verklaar dat 'n gedeelte van die wet wat bepaal dat Suid-Afrikaners hulle burgerskap verloor as hulle vrywilliglik die nasionaliteit van 'n…
7 May 6AM 1 min

Trump-retoriek vererger masels-uitbreking - kenner

Daar is 935 bevestigde gevalle van masels in die VSA, met uitbrekings in ses state en gevalle wat in 23 ander aangemeld is. Drie mense, insluitend twee kinders, is dood waarvan nie een ingeënt is nie. Amerika se afgedankte entstofhoof, dr. Peter Marks het aan Sky News gesê daar sal…
7 May 6AM 1 min

Basters herdenk Sam Khubis

Die Sam Khubis-herdenking in Rehoboth is tans aan die gang. Sedert 1977 herdenk die basters jaarliks die geleentheid. Op 8 Mei in 1915 het die gemeenskap 'n aanval deur die Schutztruppe oorleef deur op die Rehoboth-koppie te skuil en die Duitsers so oorwin het. Kosmos 94.1 Nuus het met Manfred…
7 May 6AM 1 min

Daling in besettingsyfers wek kommer by toerisme

Namibia se gasvryheidssektor het 'n voortgesette inkrimping in die eerste drie maande van die jaar ervaar, met noemenswaardige dalings in beide kamer- en bedbesettingsyfers in alle streke, volgens die Namibiese Statistiekagentskap. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging.
7 May 6AM 1 min

Okh-moorde: 12 reeds ondervra, daar's geen aandklokreël nie

Die polisie het reeds ondervraging van 12 persone van belang rakende die moorde op Okahandja voltooi. Intussen is daar onduidelikheid oor die of daar ‘n aandklokreël op die dorp is of nie. Volgens die adjunk-polisiehoof Elias Mutota bestaan dit nie op Okahandja nie. Hy sê daar moet eers ‘n noodtoestand…
7 May 6AM 1 min

Wanvoeding-taakspan moet inskakel by 2021-beleid

Die kabinet het 'n implementeringstaakspan onder leiding van die gesondheidsministerie goedgekeur om multisektorale maatreëls in te stel wat wanvoeding sal aanspreek. Die fokus sal wees op moedersvoeding, voedselsekuriteit, tuis-groentetuine en verspreiding van voedselhulp. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, direkteur van die Nutrition and Food Security-alliansie in Namibië.
7 May 5AM 1 min
1040 – 1060