Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1060 – 1080

Walvisbaai jeug het rede vir klagtes, sê raadslid

Die Walvisbaai-jeugforum kla geweldig op sosiale media oor die stand van sake met munisipale dienste in Walvisbaai. Volgens die groep gaan die sanitasie van die dorp ook agteruit. Die munisipaliteit maak ook nie die dorp skoon nie. Kosmos 94.1 Nuus het met munisipale raadslid, Ryan Gordon gepraat wat sê die…
7 May 11AM 1 min

Onderwysminister moet begroting verduidelik: BOSA

Build One South Africa doen 'n beroep op die Parlementêre Komitee oor Basiese Onderwys om aan te dring dat minister Siviwe Gwarube 'n omvattende uiteensetting van die nasionale onderwysbegroting van 330-miljard Suid-Afrikaanse rand moet verskaf. BOSA wil weet hoeveel aan onderwysers, administrateurs en onderwysbeamptes regoor die land betaal word. Woordvoerder…
7 May 9AM 1 min

Daar is wel voorrade by Rundu-hospitaal, sê ministerie

Die gesondheidsministerie het skerp gereageer op berigte dat daar 'n algehele voorraaduitputting by Rundu-hospitaal is. Veral malaria-toetse het onder die loep in die berigte gekom. Uitvoerende direkteur Penda Ithindi het bevestig dat die hospitaal voldoende malariatoetsstelle en ander voorraad het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie…
7 May 9AM 1 min

Inge Zaamwani aangestel as nuwe landbouminister

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Inge Zaamwani aangekondig as die nuwe Minister van Landbou, Visserye, Water en Grondbestuur. Zaamwani volg Mac Albert Hengari op, wat verlede week uit die pos getree het. Voordat sy by die Nasionale Vergadering aangesluit het, was Zaamwani 'n adviseur vir grondwetlike aangeleenthede in die Presidensie. Sy…
7 May 9AM 1 min

ActionSA loods inisiatief vir ekonomiese transformasie

ActionSA sê hy stuur vandag sy waagmoedige inisiatief van stapel om Suid-Afrika se ekonomiese transformasie-agenda te herskik tot werklike en blywende regstelling. Die partyleier Herman Mashaba lei die bekendstelling by die Apartheidsmuseum in Ormonde, suid van Johannesburg. Die party se woordvoerder, Matthew George, sê na 31 jaar van demokrasie, is…
7 May 9AM 1 min

Schreiber verwelkom hof-uitspraak oor burgerskap

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, verwelkom die Konstitusionele Hof se beslissing oor die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap van 1995, betreffende die verlies aan burgerskap. Die hof het verklaar dat 'n gedeelte van die wet wat bepaal dat Suid-Afrikaners hulle burgerskap verloor as hulle vrywilliglik die nasionaliteit van 'n…
7 May 6AM 1 min

Trump-retoriek vererger masels-uitbreking - kenner

Daar is 935 bevestigde gevalle van masels in die VSA, met uitbrekings in ses state en gevalle wat in 23 ander aangemeld is. Drie mense, insluitend twee kinders, is dood waarvan nie een ingeënt is nie. Amerika se afgedankte entstofhoof, dr. Peter Marks het aan Sky News gesê daar sal…
7 May 6AM 1 min

Basters herdenk Sam Khubis

Die Sam Khubis-herdenking in Rehoboth is tans aan die gang. Sedert 1977 herdenk die basters jaarliks die geleentheid. Op 8 Mei in 1915 het die gemeenskap 'n aanval deur die Schutztruppe oorleef deur op die Rehoboth-koppie te skuil en die Duitsers so oorwin het. Kosmos 94.1 Nuus het met Manfred…
7 May 6AM 1 min

Daling in besettingsyfers wek kommer by toerisme

Namibia se gasvryheidssektor het 'n voortgesette inkrimping in die eerste drie maande van die jaar ervaar, met noemenswaardige dalings in beide kamer- en bedbesettingsyfers in alle streke, volgens die Namibiese Statistiekagentskap. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging.
7 May 6AM 1 min

Okh-moorde: 12 reeds ondervra, daar's geen aandklokreël nie

Die polisie het reeds ondervraging van 12 persone van belang rakende die moorde op Okahandja voltooi. Intussen is daar onduidelikheid oor die of daar ‘n aandklokreël op die dorp is of nie. Volgens die adjunk-polisiehoof Elias Mutota bestaan dit nie op Okahandja nie. Hy sê daar moet eers ‘n noodtoestand…
7 May 6AM 1 min

Wanvoeding-taakspan moet inskakel by 2021-beleid

Die kabinet het 'n implementeringstaakspan onder leiding van die gesondheidsministerie goedgekeur om multisektorale maatreëls in te stel wat wanvoeding sal aanspreek. Die fokus sal wees op moedersvoeding, voedselsekuriteit, tuis-groentetuine en verspreiding van voedselhulp. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, direkteur van die Nutrition and Food Security-alliansie in Namibië.
7 May 5AM 1 min

AU se landbouhoof sê die sektor kan vasteland ontwikkel

Die Afrika-unie se kommissaris vir Landbou, Moses Vilakati, glo landbou moet 'n integrale rol speel in die versnelling van ontwikkeling op die vasteland. Hy het gepraat op die bekendstelling van die strategie- en aksieplan vir die Omvattende Afrika Landbou-ontwikkelingsprogram in Kemptonpark, Ekurhuleni. Vilakati het sê die AU se lidlande moet…
7 May 5AM 1 min

Oranjemund-Rosh Pinah roete nog oop, RA monitor

Die Paaie-owerheid sê die roete tussen Rosh Pinah en Oranjemund is steeds oop en ‘n span is ontplooi na die gebied om die situasie te monitor. Dit kom na stygende vlakke van die Oranjerivier met sluise van amper vier damme in die Vaal-Oranjegebied in die buurland wat tans amper 3…
7 May 4AM 1 min

Derde begroting: GNU moet moeilike besluite kan neem

Business Leadership South Africa sê indien Suid-Afrika volhoubare openbare besteding wil bereik, sal hy moet groei om staatsinkomste uit te brei. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, gaan die nasionale begroting die 21ste die derde keer in die parlement voorlê. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, het aan Newzroom Afrika…
7 May 4AM 1 min

Kamwi sê malaria-uitbreking is 'n skande

Namibië het te kampe met ‘n uitbreking van malaria met meer as 56 000 gevalle wat aangeteken is en meer as 5 000 pasiënte wat gehospitaliseer is. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep op Namibiërs gedoen om die gesondheidministerie se riglyne te volg. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr…
7 May 3AM 1 min

SA roei asbes- en modderskole uit, maar benodig nog miljarde

Die Departement van Basiese Onderwys sê hy het alle skole wat met modder en asbes gebou is, suksesvol uitgeroei. Minister Siviwe Gwarube het tydens 'n inligtingsessie aan die Parlement se Portefeuljekomitee vir Basiese Onderwys gesê dit is 'n belangrike mylpaal in die verbetering van omstandighede waaronder onderrig gegee word. Gwarube…
7 May 3AM 1 min

Fel kritiek teenoor blouligmafia in SA

Action Society sê die vryspraak van agt polisiebeamptes van adjunkpresident Paul Mashatile se BBP-beskermingseenheid is ’n ernstige terugslag vir geregtigheid en polisie-aanspreeklikheid. Die beamptes, bekend as die “blouligmafia”, is in Julie 2023 op die N1-snelweg in Johannesburg afgeneem terwyl hulle burgerlikes aangerand het, maar is in ’n interne dissiplinêre verhoor…
7 May 2AM 1 min

Charles en Camilla se skilderye bekend gestel

Portretskilderye van Koning Charles en Koningin Camilla wat gemaak is om hulle kroning in 2023 te gedenk, is onthul. Die twee vollengte skilderye van die koning en koningin is onderskeidelik deur die kunstenaars Peter Kufeld en Paul Benny geskep. Dit sal tot 5 Junie in die Nasionale Gallery te sien…
7 May 2AM 1 min

Kardinale begin vandag stem vir nuwe pous

Kardinale het in die Vatikaanstad bymekaargekom en hulself afgesonder ter voorbereiding vir die verkiesing van ’n nuwe pous ná Franciskus se dood op 21 April. Die kardinaalsvergadering wat vandag in die Sistynse Kapel begin, behels 133 kardinale onder die ouderdom van 80. Kardinaal William Seng Chye Goh van Singapoer sê…
7 May 1AM 1 min

Wapenstilstand beklink tussen VSA en Houthi’s

President Donald Trump sê die VSA gaan die bomaanvalle teen die Iran-gesteunde Houthi-rebellegroep in Jemen staak. Dit is nadat die groep ingestem het om op te hou om skepe in die Rooi See te teiken. Die VSA het in Maart lugaanvalle op die Houthi's verskerp, met die weermag wat verklaar…
7 May 1AM 1 min
1060 – 1080