Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1080 – 1100

Derde begroting: GNU moet moeilike besluite kan neem

Business Leadership South Africa sê indien Suid-Afrika volhoubare openbare besteding wil bereik, sal hy moet groei om staatsinkomste uit te brei. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, gaan die nasionale begroting die 21ste die derde keer in die parlement voorlê. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, het aan Newzroom Afrika…
7 May 4AM 1 min

Kamwi sê malaria-uitbreking is 'n skande

Namibië het te kampe met ‘n uitbreking van malaria met meer as 56 000 gevalle wat aangeteken is en meer as 5 000 pasiënte wat gehospitaliseer is. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep op Namibiërs gedoen om die gesondheidministerie se riglyne te volg. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr…
7 May 3AM 1 min

SA roei asbes- en modderskole uit, maar benodig nog miljarde

Die Departement van Basiese Onderwys sê hy het alle skole wat met modder en asbes gebou is, suksesvol uitgeroei. Minister Siviwe Gwarube het tydens 'n inligtingsessie aan die Parlement se Portefeuljekomitee vir Basiese Onderwys gesê dit is 'n belangrike mylpaal in die verbetering van omstandighede waaronder onderrig gegee word. Gwarube…
7 May 3AM 1 min

Fel kritiek teenoor blouligmafia in SA

Action Society sê die vryspraak van agt polisiebeamptes van adjunkpresident Paul Mashatile se BBP-beskermingseenheid is ’n ernstige terugslag vir geregtigheid en polisie-aanspreeklikheid. Die beamptes, bekend as die “blouligmafia”, is in Julie 2023 op die N1-snelweg in Johannesburg afgeneem terwyl hulle burgerlikes aangerand het, maar is in ’n interne dissiplinêre verhoor…
7 May 2AM 1 min

Charles en Camilla se skilderye bekend gestel

Portretskilderye van Koning Charles en Koningin Camilla wat gemaak is om hulle kroning in 2023 te gedenk, is onthul. Die twee vollengte skilderye van die koning en koningin is onderskeidelik deur die kunstenaars Peter Kufeld en Paul Benny geskep. Dit sal tot 5 Junie in die Nasionale Gallery te sien…
7 May 2AM 1 min

Kardinale begin vandag stem vir nuwe pous

Kardinale het in die Vatikaanstad bymekaargekom en hulself afgesonder ter voorbereiding vir die verkiesing van ’n nuwe pous ná Franciskus se dood op 21 April. Die kardinaalsvergadering wat vandag in die Sistynse Kapel begin, behels 133 kardinale onder die ouderdom van 80. Kardinaal William Seng Chye Goh van Singapoer sê…
7 May 1AM 1 min

Wapenstilstand beklink tussen VSA en Houthi’s

President Donald Trump sê die VSA gaan die bomaanvalle teen die Iran-gesteunde Houthi-rebellegroep in Jemen staak. Dit is nadat die groep ingestem het om op te hou om skepe in die Rooi See te teiken. Die VSA het in Maart lugaanvalle op die Houthi's verskerp, met die weermag wat verklaar…
7 May 1AM 1 min

Groot aanbod by wildsveiling

Die Namibia Stud Game Breeders-veiling vind plaas op Saterdag, 10 Mei om 18:00 by die Nedbank Sky Garden in Windhoek. 'n Wye verskeidenheid wild sal aangebied word, insluitend teel- en jagbulle, verse en koeie van spesies soos swartwitpens, goue wildebeeste, swart en witflank springbokke, rooibokke, roan, lechwe, nyala, kameelperde, elande,…
7 May 1AM 1 min

Nekongo belowe NNN-administrasie sal werklose vissermanne-saak aanspreek

Die Swapo LP, Ephraim Nekongo, het homself uitgespreek oor die kwessie van werklose vissermanne aan die kus. Ten spyte van die Fishrot-skandaal wat steeds by die gemeenskap spook, word werkers afgedank in wat hulle beskryf as onregverdige afdanking. Kosmos 94.1 Nuus het met Nekongo gepraat. Hy sê die huidige administrasie…
7 May 12AM 1 min

Hidrologiese Diens gesels oor oorstromings in Benede-Oranje

Owerhede in Suid-Afrika het bevestig dat die vloede langs die Oranjerivier die ergste sedert 1988 is, en massas water is steeds op pad na oewergemeenskappe in Namibië. Die plaaslike hidrologiese diens het reeds inwoners van Noordoewer en Aussenkehr teen die moontlikheid van oorstromings gewaarsku. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met…
7 May 12AM 1 min

Kanada sal nooit te koop wees nie - Carney

Kanadese eerste minister Mark Carney en sy Amerikaanse eweknie Donald Trump het in die Withuis ontmoet vir die eerste keer sedert Kanada se verkiesing. Analiste is van mening Carney het die ontmoeting goed benader, en dit het nie ontaard in 'n onsmaaklike vertoning soos met Oekraïnse president Volodymyr Zelensky nie…
6 May 11PM 1 min

Steenkamp lê onderwysbegroting voor

Die begroting vir die onderwysministerie, wat insluit innovasie, jeug, sport, kuns en kultuur, Stem 27, is deur lynminister Sanet Steenkamp in die Nasionale Vergadering bekendgestel. Besprekings en debatte daaroor sal vandag plaasvind. Steenkamp het 'n oorsig gegee van die bewilliging, wat 'n voorgestelde begroting van 1,2 miljard Namibiese dollar beloop…
6 May 11PM 1 min

Vesel-internetverbindinge groei, en RocketNet help

Die Namibiese regering het ‘n beleid oor internetverbinding wat fokus op die bereiking van universele toegang tot inligting- en kommunikasietegnologieë, insluitend breëbandinternet, vir alle burgers. Die plaaslike veselnetwerk is besig om uit te brei met nuwe spelers wat die bedryf betree. In 2019 het RocketNet die industrie betree om Namibiërs…
6 May 12PM 1 min

Parlement vra optrede na George-bouramp

Die parlement se portefeuljekomitee oor Menslike Nedersettings betreur die administratiewe mislukkings by die Nasionale Huisbouersregistrasieraad wat tot die instorting van 'n gebou in George gelei het. Die voorsitter, Nocks Seabi, het in die Parlement gepraat op die eerste herdenking van die tragedie en eis die vinnige vervolging van die ontwikkelaar…
6 May 12PM 1 min

Namcor, vennote versnel ontwikkeling van Venus-olieveld

Namcor en sy gesamentlike ondernemingsvennote Totalenergies, QatarEnergy en Impact Oil and Gas, sê hoewel die Marula-1x-eksplorasieput droog was, bly hulle gefokus op die kommersiële potensiaal van die Venus-veld. Die Venus-veld is geleë in Blok 2913B in PEL 56, aflandig van die Namibiese suidkus, terwyl Marula-1x ver buite die veld was…
6 May 11AM 1 min

SA regering trek te velde teen mensehandel

Die regering sê mensehandel is 'n ernstige misdaad wat belangrike menseregte skend. Die owerhede het verlede maand 23 jong Suid-Afrikaners van dwangarbeid in Mianmar gered nadat hulle valslik gewerf is vir werk met die belofte van 'n maandelikse salaris van 15 000 Suid-Afrikaanse rand. In Februarie is 26 Ethiopiërs gered…
6 May 11AM 1 min

Soektog na man wat in Swakopmund-see inloop duur voort

Op 3 Mei het 'n soektog na 'n onbekende man begin wat volgens die publiek gesien was waar hy op die strand naby die akwarium in Swakopmund rondgedwaal het. Volgens ooggetuies het hy later die see ingestap. Dit is al dag drie van die soektog en gemeenskaplede het 'n vermoede…
6 May 10AM 1 min

Krieket Namibië HUB besing nuwe Eagles-afrigter Williams

Krieket Namibië het die voormalige nasionale veelsydige speler Craig Williams as die nuwe hoofafrigter van die FNB Eagles aangestel, na Pierre de Bruyn uitgetree het. Williams, 'n ervare speler met jare se ondervinding, tree in die rol om die span na sy volgende fase van ontwikkeling te lei. Krieket Namibië…
6 May 10AM 1 min

NV hoor MIV/Vigs-behandeling nie deur befondsingkrisis geraak

Parlementslede is steeds besig om die bewilligingswetsontwerp in die Nasionale Vergadering te bespreek. Stem 17, die 12,8 miljard Namibiese dollar toewysing aan gesondheid, was aan die beurt. Tydens die motivering het gesondheidminister Esperance Luvindao die verskillende programme uiteengesit. Sy het benadruk dat MIV/Vigs-behandeling nie deur die onttrekking van USAid-befondsing geraak…
6 May 10AM 1 min
1080 – 1100