Die president van die Kiëf Ekonomiese Skool Tymofiy Mylovanov het met SkyNews gepraat oor die ooreenkoms wat die VSA en die Oekraïne beklink het. Dit handel oor die heropbou van die land sowel as kritieke minerale. Mylovanov sê daar is geen sekuriteitswaarborg in die ooreenkoms nie en dit is die…
Nog reaksie word ontvang op die kwessie van ‘n raffinadery vir Namibië. Dit kom na kenners, sowel as die uitvoerende hoof van TotalEnergies Patrick Pouyanné, president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgeraai om 'n olie-raffinadery in Namibië te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bekende sakeman dr. Leake Hangala, wat meen…
Die ingefaseerde deregistrasie van maatskappye wat nie voordelige eienaarskap verklaar het nie is deur Bipa begin en die sperdatum is 16 Mei. Die verklarings is nodig ingevolge die gryslysnotering van die land deur die Finansiële Aksie-taakmag. Indien jy ‘n eiendom in ‘n maatskappy geregistreer het, kan dit aan die staat…
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, gaan die 2025-begroting op 21 Mei weer ter tafel lê. Dit volg na 'n besluit om die voorgestelde BTW-verhoging van 0.5-persentasiepunte om te keer. Godongwana het aan die media gesê die hersiene begroting sal bygewerkte fiskale projeksies, leningsplanne en inkomsteberamings insluit. Dit sal volledig…
Die Namibiese polisie sê hy het alle leidrade in verband met die sewe sitplek taxi en die vermoedelike poging tot ontvoering van ‘n leerder by die Moses Garoëb-skool in die hoofstad vroeër die week opgevolg. Daar is geen inligitng nie. Die woordvoerder van die mag, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het weer…
Bipa het begin met die ingefaseerde deregistrasie van maatskappye wat nie voordelige eienaarskap verklaar het nie. Die sperdatum is 16 Mei. Die verklarings is nodig ingevolge die gryslysnotering van die land deur die Finansiële Aksie-taakmag. Indien jy ‘n eiendom in ‘n maatskappy geregistreer het, kan dit aan die staat verbeur…
Die begroting is in die komiteefase in die Nasionale Vergadering, waar parlementslede die verskillende ministeries se toewysings debatteer en daaroor stem. In Woensdag se sitting is die justisie- en handelsbeytrekkinge ministerie se toewysing voorgelê. Justisie is 494,1 miljoen Namibiese dollar toegeken en die ministerie 'n totaal van 1,3 miljard dollar…
Die polisie het bevestig dat die soek- en reddingspanne stukke van 'n voertuig - insluitend 'n voor- en agterbuffer - by die Hennopsrivier in Centurion gevind het. 'n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê kenners probeer vasstel of dit met die Volkswagen Polo verbind kan word waarmee die polisiekonstabels Cebekhulu Linda, Keamogetswe…
Minister van Finansies, Enoch Godongwana sê net president Cyril Ramaphosa het die gesag om hom uit sy amp te verwyder. Dit kom te midde van negatiewe openbare en politieke reaksie oor die voorgestelde BTW-verhoging. Godongwana het aan die media gesê dat die regering, totdat die nuwe begroting goedgekeur is, onder…
Namcor het 'n ooreenkoms met Subsea 7 onderteken. Die maatskappy maak die oorskakeling van aflandige energie moontlik wat die uitbreiding van hernubare energie en opkomende energie vergemaklik. Dit sluit in ondersese produksiefasiliteite wat met oppervlakstelsels verbind is en meer. Utaara Hoveka, kommunikasiepraktisyn by Namcor, het meer.
Toerisme sal ‘n hupstoot kry met ‘n derde daaglikse SAL-vlug tussen Johannesburg en Windhoek wat vandag begin. Die redery sê dit is in reaksie op die groeiende vraag na lugverbindings tussen die twee stede. Vlug SA076, sal om drie-uur vanmiddag vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek en sal terugkeer…
Oekraïne en die VSA het 'n ooreenkoms onderteken wat die Verenigde State voorkeurtoegang tot nuwe Oekraïense mineraalooreenkomste en beleggings in die heropbou van Oekraïne sal gee. Die Amerikaanse finansminister Scott Bessent…
Te midde van Werkersdag wat wêreldwyd vandag herdenk word, word die gaping tussen die rykes en die armes al groter en is 'n dringende kwessie in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die veteraan vakbondleier Job Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond van Namibiese Werkers.
Die ANC het die onttrekking van die voorgestelde BTW-verhoging en die hersiening van die 2025 fiskale raamwerk verwelkom, en dit 'n politieke oorwinning, gebaseer op demokratiese konsultasie, genoem. Die party sê die besluit het gevolg op gesprekke met tien ander partye in die Parlement, insluitend die IVP, ActionSA, Rise Mzansi…
Namibië gaan vanaf 16 tot 20 Junie gasheer speel vir die eerste Statebond Sake- en Handelsberaad. Handelsminister Selma Ashipala-Musavyi het die aankondiging gemaak en sê die beraad is belangrik vir handel en bilaterale verhoudings binne die Statebond. Dit sal handelsministers van lidlande bymekaar bring.
Cosatu sê hy is is ontsteld oor die DA se vals aanval op Gelyke Indiensneming. Die DA het 'n hofaansoek ingedien wat die kwotas vir gelyke indiensneming in die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming betwis, wat volgens hulle bloot rasse-uitsluiting onder 'n nuwe naam is. Die wet bepaal aanstellingskwotas vir ekonomiese…
Die Nasionale Vergadering bespreek tans die verkrygingswetsontwerp in die komiteefase. Parlementslede sal later die geleentheid kry om oor begrotingstoewysings te debatteer en vrae te stel. Justisieminister Fillemon Wise Emmanuel het tydens 'n uiteensetting die land se arbeidsomgewing beklemtoon.
30 Apr 11AM
1 min
1200 – 1220
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.