Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1220 – 1240

Cosatu ontsteld oor DA-hofgeding oor kwotas

Cosatu sê hy is is ontsteld oor die DA se vals aanval op Gelyke Indiensneming. Die DA het 'n hofaansoek ingedien wat die kwotas vir gelyke indiensneming in die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming betwis, wat volgens hulle bloot rasse-uitsluiting onder 'n nuwe naam is. Die wet bepaal aanstellingskwotas vir ekonomiese…
30 Apr 12PM 1 min

Lynminister lig arbeidsomgewing uit in NV

Die Nasionale Vergadering bespreek tans die verkrygingswetsontwerp in die komiteefase. Parlementslede sal later die geleentheid kry om oor begrotingstoewysings te debatteer en vrae te stel. Justisieminister Fillemon Wise Emmanuel het tydens 'n uiteensetting die land se arbeidsomgewing beklemtoon.
30 Apr 11AM 1 min

Motorwerkersvakbond prys Creecy oor minder padsterftes

Die Motorbedryfspersoneelvereniging sê vervoerminister Barbara Creecy, se streng maar regverdige benadering bring broodnodige dissipline na die paaie. Die vakbond het die 46-persent-daling in padsterftes, die laagste in drie jaar, en ’n 33-persent-afname in ongelukke oor die Paasnaweek verwelkom. Die vereniging se woordvoerder, Sonja Carstens, het Creecy se besliste optrede geprys,…
30 Apr 11AM 1 min

Krieket Namibië se HUB vertel van borgskap

Krieket Namibië se uitvoerende hoof Johan Muller het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die borgskap van FNB Namibia aan die nasionale mansspan wat voortaan bekend sal staan as die FNB Eagles. Die aankondiging is vanoggend gemaak. Muller sê dit duur tot 2028.
30 Apr 10AM 1 min

Ohangwena-streek trek steeds swaar weens efundja

Met skole wat gesluit is en meer as 7 200 leerders wat geraak word, sowel as agt hervestigingskampe vir 233 huishoudings, gaan dinge moeilik in die Ohangwena-streek. Efundja maak amok. Owerhede ervaar tekorte aan matrasse, kos, toilette en meer. Kosmos 94.1 Nuus het met die streeksgoewerneur Sebastian Ndeitunga gesels.
30 Apr 10AM 1 min

Handel en internasionale betrekkinge-ministerie se begroting in NV

Die Nasionale Vergadering is nog steeds besig met die bewilligingswetsontwerp wat in die komiteefase is, waar parlementslede die verskillende begrotingstoewysings debatteer en vrae kan stel. Die toewysings aan arbeidsverhoudinge, verdediging, finansies, en veterane-aangeleenthede is voorgelê, terwyl daar tot die van die Verkiesingskommissie en die Teenkorrupsie-kommissie ingestem is. Stemmery oor die…
30 Apr 10AM 1 min

LPM takel beweerde Roads Contractor Company-korrupsie

Die Landless Peoples' Movement het 'n perskonferensie aangebied oor die beweerde voortgesette korrupsie by die Roads Contractor Company. Nadat die vorige uitvoerende hoof, Kelly Nghixulifwa, verlede jaar aan korrupsie skuldig bevind is word waarnemende uitvoerende hoof, Dasius Nelumbu, ook na bewering ondersoek deur die Teenkorrupsie-kommissie. Utaara Mootu, LP van die…
30 Apr 10AM 1 min

NamPol ondersoek gerugte van kinderontvoerings

Die Namibiese polisiemag het kennis geneem van gerugte wat op sosiale media versprei word oor verdagtes in 'n sewesitplek-voertuig wat glo kinders ontvoer het. Die polisie sê in 'n verklaring dat hulle dit ondersoek. Die publiek word aangemoedig om nie te spekuleer oor ongeverifieerde inligting nie, of dit te skep…
30 Apr 10AM 1 min

Les Kiss is Wallabies se volgende hoofafrigter

Rugby: Ierland se voormalige hulpafrigter, Les Kiss, is aangewys as Australië se volgende hoofafrigter om Joe Schmidt in 2026 te vervang. Die 60-jarige Kiss wat van 2013 tot 2015 Schmidt se assistent by Ierland was, het ʼn tweejaarkontrak geteken. Schmidt bly aan in sy rol vir die komende toetsreeks teen…
30 Apr 9AM 1 min

Bipa verduidelik kopieregheffing op digitale toestelle

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, beplan om 'n kopieregheffing in te stel op ingevoerde digitale toestelle wat musiek of flieks kan speel. Waarnemende uitvoerende hoof, Aina Kaundu, sê die heffing sal kreatiewe mense ondersteun en tantieme verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Bipa se waarnemende uitvoerende beampte vir intellektuele…
30 Apr 9AM 1 min

Venaani het sy mes in vir August 26

Reaksie word ontvang op die begroting van die verdedigingsministerie. Lynminister Frans Kapofi het meer geld vanjaar ontvang, op van net meer as 6,8 miljard Namibiese dollar verlede jaar tot meer as 7,4 miljard dollar vanjaar. PDM-leier McHenry Venaani, wat reeds ‘n geruime tyd eis dat August 26 se ouditverslae bekend…
30 Apr 8AM 1 min

Drama toe wakker bestuurder transitorowers fnuik

'n Transitorooftog in Umlazi, suid van Durban is dramaties gefnuik, nadat 'n bestuurder die gewapende rowers ontduik het deur by die Mega City-winkelsentrum in te ry. Die voertuig is op die N2-snelweg in 'n lokval gelei. 'n Woordvoerder van A-L-S Paramedici, Garrith Jamieson, sê die bestuurder het vinnig gereageer en…
30 Apr 8AM 1 min

DA sleep Meth hof toe oor raskwotas

Die DA sê hy gaan die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, hof toe vat oor die nuut-ingestelde rasgebaseerde kwotas in die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming. Die party voer aan dit skend grondwetlike regte en gee Meth te veel onbeheerde mag. Die saak sal volgende week in die Hooggeregshof…
30 Apr 6AM 1 min

Guterres waarsku oor ineenstorting van tweestaat oplossing

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat die belofte van 'n tweestaat-oplossing vir Israel en Palestina naby ineenstorting is. Gevegte duur voort in Gaza, met Israel wat sy grond- en lugoperasies oor die enklawe verskerp het in 'n poging om Hamas uit te roei. Byna 2 000 Palestyne…
30 Apr 6AM 1 min

Moedertaalonderrig in die soeklig

Die aktivis Shaun Gariseb en gemeenskapslede het 'n veldtog van stapel gestuur om moedertaalonderwys te bevorder, beginnende met Khoekhoegowab-sprekende gemeenskappe voor die skoolregistrasies in Mei tot Junie. Hulle het in Groot Aub afgeskop en sal hul pogings saam met taalkundiges en onderwysers uitbrei. Navorsing toon dat Khoekhoegowab Namibië se tweede…
30 Apr 6AM 1 min

Is verdediging nou 'n werkskepper?

Die verdedigingsministerie se begroting vir die huidige boekjaar is op met meer as 600 miljoen Namibiese dollar. Die ministerie het verlede jaar 6,8 miljard dollar ontvang en vanjaar net meer as 7,4 miljard dollar. Lynminister Frans Kapofi sê verlede jaar is 62 persent van die begroting op salarisse bestee en…
30 Apr 6AM 1 min

Mac Hengari se skandale sal ministerie knou

President Netumbo Nandi-Ndaitwah se verkose landbouminister, Mac Hengari, is ontslaan na verkragting-bewerings aan die lig gekom het. Hy staar 11 kriminele klagte in die gesig. Hy is ook gearresteer na hy betrap is toe hy sy beweerde slagoffer blykbaar probeer omkoop het met 230 000 Namibiese dollar. Hy is tans…
30 Apr 6AM 1 min

Meredith Grey kry ook 'n ster

Ellen Pompeo het haar status as een van die voorste televisie-akteurs van die 21ste eeu verstewig deur 'n ster op die Hollywood Walk of Fame te ontvang. Die bekroonde aktrise en vervaardiger is veral bekend vir haar rol as Meredith Grey in die treffer-ABC-reeks Grey's Anatomy. Die 55-jarige dien ook…
30 Apr 6AM 1 min

Nekundi sê nuwe B1-brug sal 'n dubbelbaanbrug wees

Die verbypad by die brug net suid van Windhoek op die B1 wat op 20 Maart ingegee het tydens oorstromings, is Dinsdag deur vervoerminister Veikko Nekundi amptelik geopen. PDM-leier McHenry Venaani het in die parlement Nekundi gevra oor die veiligheid van die verbypad, asook vir 'n opdatering van werk aan…
30 Apr 5AM 1 min

KI, tegnologie kan Afrika se ontwikkeling versnel

Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika wil werkskepping, die bevordering van geslagsbeleid, en billike toegang tot geleenthede die middelpunt van die G20-dialoog maak. Mashatile sê Afrika moet die voortslepende uitdagings van ekonomiese ontwikkeling, politieke onbestendigheid en swak regering aanspreek. Hy sê Afrika kan ontwikkeling versnel deur digitalisering, kunsmatige intelligensie en nuwe…
30 Apr 5AM 1 min
1220 – 1240