Die verdedigingsministerie se begroting vir die huidige boekjaar is op met meer as 600 miljoen Namibiese dollar. Die ministerie het verlede jaar 6,8 miljard dollar ontvang en vanjaar net meer as 7,4 miljard dollar. Lynminister Frans Kapofi sê verlede jaar is 62 persent van die begroting op salarisse bestee en…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah se verkose landbouminister, Mac Hengari, is ontslaan na verkragting-bewerings aan die lig gekom het. Hy staar 11 kriminele klagte in die gesig. Hy is ook gearresteer na hy betrap is toe hy sy beweerde slagoffer blykbaar probeer omkoop het met 230 000 Namibiese dollar. Hy is tans…
Ellen Pompeo het haar status as een van die voorste televisie-akteurs van die 21ste eeu verstewig deur 'n ster op die Hollywood Walk of Fame te ontvang. Die bekroonde aktrise en vervaardiger is veral bekend vir haar rol as Meredith Grey in die treffer-ABC-reeks Grey's Anatomy. Die 55-jarige dien ook…
Die verbypad by die brug net suid van Windhoek op die B1 wat op 20 Maart ingegee het tydens oorstromings, is Dinsdag deur vervoerminister Veikko Nekundi amptelik geopen. PDM-leier McHenry Venaani het in die parlement Nekundi gevra oor die veiligheid van die verbypad, asook vir 'n opdatering van werk aan…
Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika wil werkskepping, die bevordering van geslagsbeleid, en billike toegang tot geleenthede die middelpunt van die G20-dialoog maak. Mashatile sê Afrika moet die voortslepende uitdagings van ekonomiese ontwikkeling, politieke onbestendigheid en swak regering aanspreek. Hy sê Afrika kan ontwikkeling versnel deur digitalisering, kunsmatige intelligensie en nuwe…
Staatsaanklaer Zelda Swanepoel het die Joslin Smith-verhoor as die eerste van sy soort in Suid-Afrika beskryf. In haar slotbetoë het sy aan die Wes-Kaapse hoërhof gesê dat Joslin se verdwyning die saak bemoeilik. Joslin se ma en twee ander staan tereg op aanklagte van mensehandel. Swanepoel beweer die kind is…
Die Withuis het Amazon se plan om die koste van president Donald Trump se tariewe op produkte te plaas wat die e-handelsreus verkoop, gekritiseer. Trump het ʼn tarief van 145-persent gehef op ingevoerde produkte uit China, waar baie produkte op Amazon.com vandaan kom. Amazon ontken betrokkenheid by die berig en…
Die justisie en arbeidsverhoudinge-ministerie het Omeya Investment CC beveel om sy sekuriteitsbeamptes die nasionale minimum loon vir die bedryf van 13 Namibiese dollar 50 sent per uur te betaal. Dit volg op 'n vreedsame protesoptog deur werkers wat deur die Namibië Veiligheidswerkersunie, Naswu, verteenwoordig is. Die maatskappy het 8 dollar…
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Botswana wil handel, belegging en goeie internasionale verhoudinge bevorder. Hy het Botswana se president, Duma Boko, Woensdag by Mahlamba Ndlopfu, sy ampswoning in Pretoria, ontvang. Ramaphosa sê bilaterale betrekkinge tussen die twee lande is sterk en dek samewerking oor ʼn wye spektrum, insluitend politiek,…
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig dat drie van die vyf liggame wat uit die Hennopsrivier in Centurion, Pretoria, gehaal is, dié van die konstabels is wat verlede Woensdag vermis geraak het. Konstabels Linda Cebekhulu, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge het verdwyn terwyl hulle van Bloemfontein na hul ontplooiingsgebied…
Die Amerikaanse president Donald Trump sê wat die wêreld die afgelope 14 weke gesien het, is 'n rewolusie van gesonde verstand. Hy het Woensdag sy 100ste dag in die amp gevier met 'n veldtogstyl-saamtrek in Michigan. Volgens Gallup is Trump die enigste president na die Tweede Wêreldoorlog met minder as…
Algerië sê Israel se verbod op die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge, UNRWA, is ’n aanval op die hede en toekoms van die Palestynse volk. By die Internasionale Geregshof in Den Haag het Maya Sahli Fadel van Algerië gesê dié optrede skend internasionale reg en bevorder dubbele standaarde…
Advokaat Fanie Harmse, wat Jacquen Appollis in die Joslin Smith-verhoor verdedig, hou vol sy kliënt het nooit betrokkenheid of gelduitruiling erken nie, in teenstelling met Laurentia Lombaard se getuienis. Staatsaanklaer Zelda Swanepoel het in haar slotargumente in die Wes-Kaapse Hooggeregshof beweer Joslin se ma, Kelly, het vir Appollis gesê sy…
Die finansministerie het die laaste paar jaar pogings aangewend om die burgerlike samelewing te betrek om hul verwagtinge van begrotingsprioriteite te verstaan. Een van die belangrikste probleme wat geopper is, is die koste van sanitêre produkte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Girl Up Namibia se president, Joy Kapepo.
Novel Ford het die Namibiese Rugby-unie met voertuie voorsien in ‘n borgskap van 2,5 miljoen Namibiese dollar. Die voertuie sal die uitvoerende bestuur van die NRU bedien insluitend John Heynes, die uitvoerende hoof, Jacques Burger, die direkteur en die NRU se adjunkpresident Johan Diergaardt. Daar word verwag dat Burger verskeie…
Staatsbegrafnisse het belastingbetalers in die 2024-25 boekjaar 38,4 miljoen Namibiese dollar gekos. Dit was vir 16 begrafnisse, insluitend dié van president Hage Geingob en stigterspresident Sam Nujoma. Eerste minister Elijah Ngurare sê sy kantoor het 1,9 miljard dollar ontvang, waarvan 2,5 miljoen dollar op Heldedag- en 25,6 miljoen op onafhanklikheidsvieringe…
Die uitvoerende hoof van TotalEnergies, Patrick Pouyanné, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangeraai om nie die konstruksie van 'n olie-raffinadery na te jaag nie. Hy sê dat Namibië se beperkte markgroottee dit sal laat sukkel om teen groter ekonomieë mee te ding vir olie om te verfyn. Kosmos 94.1 Nuus het…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.