Die gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao het by die opening van die werkswinkel oor tabak- en alkoholbeheer in Windhoek gesê dat voorkoming beter is as behandeling, maar daar is nog baie om te doen. Die land het geen wetgewing rakende damprook nie en drank en dwelms bly ‘n reuse-uitdaging.
Die IPC het die regering gekritiseer omdat hulle die amptelike opposisie van nasionale gebeure uitgesluit het en dit ondemokraties en doelbewus genoem. Die party het die ironie hiervan tydens die besoek van die Indiese premier Modi beklemtoon en gesê dat dit demokrasie ondermyn. Dit het ook die Kantoor van die…
Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa kritiseer regeringsdepartemente omdat hulle nie hul begrotings bestee nie en ongebruikte fondse teruggee. Hy noem dit swak hulpbronbestuur. Hy het ook by die bekendstelling van pad-opgraderingswerk in Windhoek gesê burokrasie en die laat betaling van kontrakteurs hou ontwikkeling terug. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Die regering het sy verbintenis tot 'n lae-koolstof, volhoubare ekonomie herbevestig tydens die Groen Beleggingsdialoog in Walvisbaai. Minister Natangwe Ithete het gesê klimaatsaksie is sentraal tot ontwikkeling, en het kennis geneem van vordering in hernubare energie soos die Omburu-sonkragaanleg en planne om landelike skole en klinieke van sonkrag te voorsien…
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid is besig met die finalisering van ’n biometriese identifikasiestelsel om sekerheid en integriteit in die administrasie van maatskaplike toelaes te verbeter. Die uitvoerende hoof van Sassa, Themba Matlou, sê dit is deel van die Tesourie se begrotingvoorwaardes vir 2025 wat op kostebesparingsmeganismes en verbeterde…
Die burgemeester van Swakopmund, Blasius Goraseb, het die dorp se ambisie herbevestig om 'n kussentrum vir ekonomiese groei en innovasie te word. Tydens die vierde jaarlikse sake-ontbyt het Goraseb openbare-private samewerking geprys en die geleentheid se groeiende rol in die aanpak van ekonomiese uitdagings en die bevordering van volhoubare ontwikkeling…
Build One South Africa sê president Cyril Ramaphosa moes eerder die Spesiale Ondersoekeenheid opdrag gegee het om die provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings te ondersoek. Die president het ʼn regterlike ondersoek ingestel na die bewerings in verband met misdaadsindikate se infiltrering van wetstoepassing, intelligensie en verwante instellings…
Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad en die Namibiese Standaarde-instituut het 'n samewerkingsooreenkoms onderteken om produkgehalte, markgereedheid en gemak van sake doen te verbeter. Die ooreenkoms ondersteun SME-geleide groei, gehalteversekering en mededingendheid, met 'n fokus op die bou van 'n nasionale beleid vir volhoubare belegging. Die uitvoerende hoof van die raad,…
Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê die proses om 'n nuwe befondsingsmodel vir die SABC te ontwikkel is aan die gang. Die regering het 704 miljoen Suid-Afrikaanse rand oor drie jaar aan die openbare uitsaaier toegeken, insluitend 43 miljoen vir inhoud, 464 miljoen vir sy mandaat…
Sluit aan by die stryd teen kanker by die Nasionale Kankerstaptog op Saterdag 26 Julie 2025, met trots aangebied deur PathCare Namibia. Hierdie 5 km-pretstaptog, wat in Windhoek, Rehoboth, Tsumeb, Otjiwarongo en Swakopmund plaasvind, bring gemeenskappe bymekaar vir 'n saak wat saak maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen,…
Namibië het streng biosekuriteitsmaatreëls ingestel by grensposte weens BKS-uitbrekings in buurlande. Voertuigwiele en skoene moet ontsmet word, insluitend skoene in bagasie. Vragmotors wat vee terugbring, benodig ’n geldige ontsmettingssertifikaat. Onverwerkte veevoer en diere-produkte soos rou vleis, suiwel en ongaar biltong of droëwors sal gekonfiskeer word. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Die Internasionale Energie-agentskap se Julie-verslag dui daarop dat die wêreldwye groei in die olievraag met slegs 700 000 vate per dag in 2025 sal styg. Dit is die stadigste groei sedert 2009, teenoor die wêreldwye styging van 950 000 vate in Junie tot 105,6 miljoen vate per dag. Kosmos 94.1…
Tydens sy streeksrede het goewerneur van Omaheke, Pijoo Nganate, onthul dat droogtehulp versprei is na die helfte van die streek se inwoners. Meer as 22 575 huishoudings is bereik wat 67 725 mense dek.
By die opening van die SAOG se Openbare Dienskommissieforum het die voorsitter van die Openbare Sektor-kommissie, Salmaan Jacobs, gesê die forum bevorder gedeelde leer en strategiese belyning in die openbare sektor. Hy het die behoefte beklemtoon om werwingstandaarde, etiese kodes en prestasiestelsels meer vaartbelyn te maak om vaardigheidsmobiliteit regoor die…
Die DA-leier John Steenhuisen sê alhoewel hulle die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se spesiale verlof verwelkom, volg dit ná nasionale ontsteltenis. President Cyril Ramaphosa het ook ʼn kommissie van ondersoek aangewys om bewerings van misdaadsindikate se infiltrasie van wetstoepassing, intelligensie en verwante instellings in die strafregstelsel te ondersoek. Steenhuisen…
Die buurland se polisieminister, Senzo Mchunu, sê hy verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om hom met onmiddellike ingang op spesiale verlof te plaas. Dit is terwyl ʼn kommissie van ondersoek bewerings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, ondersoek. Hy beskuldig die minister dat hy inmeng by sensitiewe polisieondersoeke en…
Die Kyiv Independent het ‘n onderhou met die oud-Amerikaanse nasionale sekuriteit-adviseur John Bolton gepraat. Bolton meen dat groot besluite voorlê maar Amerikaanse president Donald Trump is dalk nou meer oop vir voortgesette hulp aan Oekraïne. Hy sê as Trump ‘n staatshoof as ‘n vriend af, dan is bande tussen daardie…
Adjunkpresident Paul Mashatile lei 'n hoëvlak-afvaardiging na die weeklange China Internasionale Voorsieningsketting-ekspo. Suid-Afrika sal beleggingsprojekte ten toon stel en sektore soos hernubare energie en digitale tegnologie bevorder onder die tema: Suid-Afrika: Jou Pad na Voorsieningsketting-veerkragtigheid. Die waarnemende woordvoerder, Keith Khoza, sê die besoek wil handelsbande te versterk, beleggings lok en…
Namibië se jaarlikse inflasie het in Junie tot 3,7 persent gestyg, teenoor 3,5 persent in Mei, wat ontleders wat 'n daling verwag het, verras het. Die toename is gedryf deur stygende voedsel-, behuisings- en alkoholpryse. Kerninflasie het tot 4,2 persent gestyg, wat volgehoue druk op behuisingspryse weerspieël. Ontleders verwag nou…
Accountability Now sê Suid-Afrika het dringend 'n korrupsiebestrydingsliggaam nodig wat onafhanklik van die uitvoerende gesag is. Die direkteur van Accountability Now, Paul Hoffman, sê die werklike probleem is sistemiese mislukking, aangesien korrupsie ongestraf bly. Hy het in 'n onderhoud met Newzroom Afrika gesê ‘n ondersoek is nodig nie - slegs…
14 Jul 2AM
1 min
1400 – 1420
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.