Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1420 – 1440

Vir Trump is vriendskap gelyk aan goeie betrekkinge

Die Kyiv Independent het ‘n onderhou met die oud-Amerikaanse nasionale sekuriteit-adviseur John Bolton gepraat. Bolton meen dat groot besluite voorlê maar Amerikaanse president Donald Trump is dalk nou meer oop vir voortgesette hulp aan Oekraïne. Hy sê as Trump ‘n staatshoof as ‘n vriend af, dan is bande tussen daardie…
14 Jul 4AM 1 min

Mashatile is in China, soek beleggings

Adjunkpresident Paul Mashatile lei 'n hoëvlak-afvaardiging na die weeklange China Internasionale Voorsieningsketting-ekspo. Suid-Afrika sal beleggingsprojekte ten toon stel en sektore soos hernubare energie en digitale tegnologie bevorder onder die tema: Suid-Afrika: Jou Pad na Voorsieningsketting-veerkragtigheid. Die waarnemende woordvoerder, Keith Khoza, sê die besoek wil handelsbande te versterk, beleggings lok en…
14 Jul 3AM 1 min

Inflasie sal verder styg

Namibië se jaarlikse inflasie het in Junie tot 3,7 persent gestyg, teenoor 3,5 persent in Mei, wat ontleders wat 'n daling verwag het, verras het. Die toename is gedryf deur stygende voedsel-, behuisings- en alkoholpryse. Kerninflasie het tot 4,2 persent gestyg, wat volgehoue druk op behuisingspryse weerspieël. Ontleders verwag nou…
14 Jul 3AM 1 min

SA kort onafhanklike korrurpsie-kommissie

Accountability Now sê Suid-Afrika het dringend 'n korrupsiebestrydingsliggaam nodig wat onafhanklik van die uitvoerende gesag is. Die direkteur van Accountability Now, Paul Hoffman, sê die werklike probleem is sistemiese mislukking, aangesien korrupsie ongestraf bly. Hy het in 'n onderhoud met Newzroom Afrika gesê ‘n ondersoek is nodig nie - slegs…
14 Jul 2AM 1 min

Wêreld nommer 158 ontsê McIlroy Skotse Ope-titel

Die wêreld se nommer 158, Chris Gotterup, het Rory McIlroy 'n tweede Skotse Ope-titel ontsê. Die Amerikaner het die finale ronde met 66 afgesluit om met twee houe te wen - die grootste oorwinnng van sy loopbaan. McIlroy deel die tweede plek met Marco Penge van Engeland. Nicolai Højgaard van…
14 Jul 2AM 1 min

Chelsea vat FIFA-klubwêreldbeker

Chelsea het die Kampioeneliga-wenners, Paris Saint-Germain, met 3-0 afgeransel om die FIFA-klubwêreldbeker op die MetLife-stadion in New Jersey te wen. Die Engelse voorspeler Cole Palmer het met twee doele geslaag en ʼn derde opgestel vir nuweling João Pedro. Dit het Chelsea die wêreldkampioen-titel besorg ná hul oorwinning in die UEFA-konferensieliga…
14 Jul 1AM 1 min

NaCC doen uitreik in Noorde

Die Namibiese Mededingingskommissie sal van vandag tot 18 Julie openbare konsultasies in die noordelike streke aanbied. Die uitreiksessies in Kunene, Omusati, Ohangwena, Oshana en Oshikoto is daarop gemik om bewustheid te verhoog oor billike mededinging en die kommissie se rol in die bevordering van 'n voorspoedige, inklusiewe ekonomie. Kosmos 94.1…
14 Jul 1AM 1 min

Boerin skep kalender ten bate van droogtehulp

’n Plaaslike boervrou het ’n unieke verjaardagkalender saamgestel ten bate van die Droogtehulpfonds, geïnspireer deur pragtige plaasfoto’s op ’n weerinligtingsgroep. Met toestemming is 18 oorspronklike foto’s, sonder digitale wysiging, deur plaaslike boere gebruik. Reeds is 19 400 Namibiese dollar geborg vir die druk van 300 kalenders, en alle opbrengs gaan…
14 Jul 1AM 1 min

Aktivis looi ReconAfrica, sê hulle het miljoene gemaak

Reaksie word ontvang op berigte dat ReconAfrica in 2021 met olie-eksplorasie in die Okavango-kom begin sonder behoorlike permitte of huurpag. Daar is boorgate geboor sonder waterpermitte en bedrywighede het begin voordat tradisionele owerhede geraadpleeg of grondregte verkry is. Die verslag het ook die myne-ministerie gekritiseer vir die uitreiking van lisensies…
14 Jul 12AM 1 min

Mynbou-expo reeds uitverkoop

Die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, Veston Malango, het bevestig dat die 2025 Mynbou-expo en -konferensie, wat vir 5 tot 7 Augustus beplan word, amptelik uitverkoop is. Die geleentheid het aansienlik gegroei, met 196 uitstallers, op van 168 en 313 stalletjies, op van 268, wat 'n rekord van…
14 Jul 12AM 1 min

Ramaphosa vestig regterlike kommissie, plaas Mchunu op verlof

President Cyril Ramaphosa het die vestiging van 'n regterlike kommissie van ondersoek aangekondig om bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi te ondersoek. Hy het bewerings gemaak teen senior wetstoepassingsbeamptes en die polisieminister Senzo Mchunu. Waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga sal die ondersoek lei. Ramaphosa sê die kommissie sal bewerings ondersoek…
13 Jul 11PM 1 min

Sinner wen sy eerste Wimbledon

Die wêreld-nommer-een Jannik Sinner het die tweemalige verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, geklop en sy eerste Wimbledon-titel gewen. Die 23-jarige speler het met sy sege van 4-6, 6-4, 6-4, 6-4 teen die Spanjaard vergoed vir sy nederlaag verlede maand in die Franse Ope en sy vierde Grand Slam-titel opgeraap. Hy is…
13 Jul 11PM 1 min

Huurpryse bly doring in Windhoekers se vlees

PDM-parlementslid Inna Hengari sê die gebrek aan huurbeheer vererger Windhoek se behuisingstekort en dryf huurpryse op. Die gemiddelde huur vir ’n tweeslaapkamer-eenheid het in 2024 tot 7 348 Namibiese dollar gestyg – ’n 14,7 persent toename, teenoor 5,1 persent inflasie. Sy het die dormant Huurordonnansie van 1977 uitgelig en beklemtoon…
13 Jul 6AM 1 min

Okahandja trek nie sakelui voor, sê munisipaliteit

Die Okahandja-munisipaliteit het reageer op bewerings dat dit polities-verbinde sakemense bevoordeel het in die onlangse grondtoekenningsproses. Woordvoerder Penna Master sê dat alle wetlike prosedures en raadsprotokolle gevolg is. Hy sê bewerings van vooroordeel is vaag en ongegrond, en kritici moet bewyse daarvan deur die korrekte kanale indien.
13 Jul 5AM 1 min

Malema se polisieminister se kop

Die EFF-leier Julius Malema voer aan die polisieminister Senzo Mchunu en lede van die polisiebestuur moet ontslaan word in die lig van bewerings van politieke inmenging in die uitvoerende gesag. Malema het tydens die begrafnis van oud-adjunkpresident David Mabuza in Mbombela gesê die publiek het vertroue in wetstoepassing verloor en…
13 Jul 4AM 1 min

Hier’s die wenners van Tsumeb se supertydren

In motornuus het die derde been van die Shell V Power-supertydren Saterdag op Tsumeb plaasgevind en vir harde wedren-aksie gesorg. Francois Lottering van Motor Media Namibia het die uitslae:
13 Jul 3AM 1 min

Veediewe teister boere in Hardap

Reaksie word ontvang op die nuus dat daar tussen Januarie en Junie vanjaar 1 894 stuks vee in die Hardapstreek gesteel is . Slegs 8 persent is teruggevind. Streeksgoewerneur Riaan McNab sê 285 gevalle van veediefstal is in die 180 dae gerapporteer en 222 verdagtes is gearresteer, almal mans. Die…
13 Jul 2AM 1 min

Rugby: Welwitschias pak Algerië vandag

Namibië se Welwitschias draf vandag in Kampala, Uganda in die semi-finaal van die Rugby Afrikabeker teen Algerië uit. Prince !Gaoseb voer die manne aan, terwyl Danco Burger die span se onderkaptein is. Die wedstryd begin om een-uur Namibiese tyd en word regstreeks op die Facebook-blad van Rugby Afrique uitgesaai. Afrigter…
13 Jul 1AM 1 min

Tennis: Iga Swiatek maak skoonskip op Wimbledon

Iga Swiatek het Saterdag die eerste Pool geword om ‘n Wimbledon-enkelspeltitel te wen toe sy Amanda Anisimova van Amerika met 6-0, 6-0 in net 57 minute verslaan het. Dit is die eerste keer in meer as ‘n eeu dat ‘n speler ‘n Wimbledon-finaal in skoon stelle verloor. Saterdag se oorwinning…
13 Jul 12AM 1 min
1420 – 1440