Die Nasionale Verbruikerskommissie het aangekondig hy herroep sekere Range Rover Evoque- en Mercedes-Benz-modelle weens veiligheidsrisiko's. Jaguar Land Rover herroep die 2021 tot 2025 Evoque-modelle oor foutiewe lugsakke wat kan skeur wanneer dit geaktiveer word, terwyl 'n fout op die stroombaanpaneel in sekere 2023 Mercedes-Benz-modelle kragverlies kan veroorsaak of die gevaar…
Die vakbond, Solidariteit, het die Amerikaanse regering en beleggers gevra om teen Bidvest op te tree oor sy beleid wat die kinders van lae-inkomste wit werknemers verhoed om skoolhulp te ontvang. Briewe is gestuur aan die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio en groot aandeelhouers in die VSA, wat…
Die Universiteit van die Wes-Kaap sê Suid-Afrika het beter bewustheid, duideliker leiding en sterker ondersteuningstelsels nodig om ouer mense aanlyn te beskerm. Dit is die bevindings van 'n navorsingstudie oor kubermisdaad teen senior burgers waarin daar gekyk is na ouderdomsdiskriminasie, ideale slagofferskap en die deurslaggewende rol van sosio-ekonomie. Die universiteit…
#NotInMyName International sê Suid-Afrika moet daartoe verbind bly om sy verlede te konfronteer en 'n regverdige en verenigde toekoms te bou. Die organisasie se president, Siyabulela Jentile, sê dit volg ná die Hooggeregshof in Pretoria 'n polisiebeampte uit die apartheidsera, Johan Marais, tot 15 jaar tronkstraf gevonnis het vir die…
'n Hoëvlak-groenbeleggingsdialoog, wat parlementslede en energieleiers van ses Afrikalande bymekaarbring, word tans in Walvisbaai gehou. Die dialoog wat môre eindig, ondersoek die rol van groenwaterstof in Afrika se toekomstige energie- en nywerheids-landskap. Jona Musheko van die Groenwaterstofprogram in Namibië sê die dialoog kyk na maniere om klimaatfinansiering vir groen energiesones…
Vier voormalige Namcor-werknemers en vyf private individue is vandeesweek in Windhoek in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie gekoppel aan vorige transakies met die nasionale oliekorporasie. Die Anti-Korrupsiekommissie sê al nege staan tereg op aanklagte onder die Teenkorrupsiewet. Die hoë-profiel name sluit die voormalige besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga,…
Inwoners in Texas staal hulself vir nóg ‘n storm ná kitsvloede verlede naweek die lewens van ministens 120 mense geëis het en 160 nog vermis word. President Donald Trump van Amerika het Vrydag rampgebiede in die staat besoek, waar vrae toenemend opduik oor onder meer die doeltreffendheid van die vroeë-waarskuwingstelsel…
Die Verenigde Nasies sê sanksies teen spesiale gesante skep ʼn gevaarlike presedent. Dit volg nadat Amerika sanksies ingestel het teen die VN se spesiale gesant vir die Wesoewer en Gaza, Francesca Albanese. Die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê die sanksies teen Albanese is omdat sy regstreeks met die…
Rugby: Die losskakel James O’Connor keer die eerste keer sedert 2022 terug na die Wallabies se groep van 36 vir die toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus. Die 35-jarige O’Connor vervang Noah Lolesio, wat ʼn nek-operasie ondergaan het. Die eerste toets is volgende naweek op die Suncorp-stadion in Brisbane…
Die Universiteit van Namibië is die land se enigste akademiese instelling wat by Unicef se nuutgestigte Academia for Social and Behavior Change-netwerk in Nairobi aangesluit het. Die netwerk sluit 24 universiteite in en beoog om kinderregte te bevorder deur navorsing, vaardigheidsontwikkeling en beleidsinvloed. Unam het hom daartoe verbind om sosiale…
Daar heers groot opgewondenheid oor die Suid-Afrikaanse Proteas wat op 11 Oktober 'n internasionale T20-wedstryd teen die Namibiese FNB Eagles in Windhoek speel. Hierdie wedstryd sal die eerste internasionale wedstryd ooit tussen die twee spanne wees en sal ook die amptelike opening wees van die nuwe FNB High Performance Oval…
Grondspanning kook in Okahandja en die aktivis Johannes Gaseb beskuldig die dorpsraad daarvan dat hulle polities-verbinde besighede bo langtermyn-inwoners bevoordeel het in onlangse grondtoekennings. Die munisipaliteit ontken dit. Gaseb sê die raad het 'n hofbevel van 2020 geïgnoreer om grond aan uitgesette inwoners toe te ken. Hy eis 'n bevriesing…
Die Khomas-goewerneur Sam Nujoma, wat by sy aanstelling in Maart 5 000 nuwe huise vir die streek in sy eerste jaar beloof het, het sy streeksrede vandag gelewer. Tot dusver is 11 huise voltooi met nog wat beplan word. Nujoma het die syfers en die kostes daarvan.
Die Randburgse Landdroshof in Gauteng het borgtog van 10 000 Suid-Afrikaanse rand elk toegestaan aan 12 lede van die Weermag se Spesiale Magte wat teregstaan vir die moord op 'n ondersoeker van die Valke, Frans Mathipa. Die hoof-ondersoeker in misdade teen die staat is in Augustus 2023 op die N1…
Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, moes twee veranderinge maak aan sy opdrafspan vir Saterdag se tweede toets teen Frankryk in Wellington. Patrick Tuipulotu vervang kaptein Scott Barrett, wat op die kantlyn is weens ʼn geskeurde kuitspier, terwyl Caleb Clarke instaan vir Sevu Reece wat in die eerste toets harsingskudding…
Meer as 30 onopgeëiste lyke en meer as 200 doodgebore babas is steeds in staatslykshuise landwyd. Met stygende begrafniskoste en beperkte openbare steun, waarsku gesondheidsamptenare dat die stelsel onder druk is. Die gesondheidministerie doen 'n beroep op nie-regeringsorganisasies en plaaslike owerhede om in te gryp, aangesien munisipaliteite die mandaat het…
Die onafhanklike senator Bernie Sanders is tans op toer in die VSA op sy Fighting Oligarchy Tour. Hy spreek sy misnoeë uit oor president Donald Trump se Big, beautiful bill en sê die top 1 persent in die VSA besit meer as die onderste 93 persent en Elon Musk alleen…
Die DA maak beswaar teen die ANC se voorstel vir ʼn mega-staatsinstelling en sê dit sal ʼn geleentheid wees vir grootskaalse korrupsie. Dit sal Suid-Afrikaanse belastingbetalers volgens berigte meer as 600-miljoen-rand kos om die instelling te stig wat alle staatsondernemings sal beheer. Darren Bergman van die DA sê geldige kommer…
Die vyfmalige Grand Slam-kampioen, Iga Swiatek, kom môre in die Wimbledon-eindstryd teen die Amerikaner, Amanda Anisimova, te staan. Die gewese wêreld-nommer-een van Pole het gemaklik met Belinda Bencic van Switserland afgereken terwyl Anisimova die wêreld se voorste vrouespeler, Aryna Sabalenka of Belarus verslaan het. Dit is beide Swiatek en Anisimova…
11 Jul 6AM
1 min
1440 – 1460
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.