Oorspronklike kunswerke en afdrukke deur die bekroonde sanger-liedjieskrywer Ed Sheeran is tot 1 Augustus te sien in 'n nuwe uitstalling by die Heni Gallery in sentraal-Londen. Geld wat met die uitstalling ingesamel word, sal aan die Ed Sheeran-stigting gaan om om inklusiewe, hoëgehalte-musiekonderrig aan kinders van alle agtergronde te bied…
Dit wil voorkom asof die regering sy eie maatreëls oortree het tydens sy droogteverligtingsprogram. Die eerste minister dr. Elijah Ngurare sê dat vleis deur Meatco in die noordelike kommunale gebied bekom is, gevries is en in 1,5-kilogram pakkies in Kavango Wes, Kavango Oos en Zambezi versprei. Maar, hy het bygevoeg…
Die Europese Hof vir Menseregte het sy Groot Kamer-uitspraak in die hoëprofielsaak van Caster Semenya teen 'n Switserse tribunaal gelewer, en bevind dat daar teen haar gediskrimineer is. Dit is omdat sy verbied is om deel te neem weens verskille in seksuele ontwikkeling, tensy haar hormoonvlakke medies verminder word. Kenners…
Voormalige president Nangolo Mbumba het 'n beroep gedoen op globale samewerking om inklusiewe regerings te bou wat mense se welstand prioritiseer. Hy het tydens die Global Civilization Dialogue in Beijing gevra dat aksie teen armoede, jeugwerkloosheid en ongelyke toegang tot onderwys en gesondheidsorg onmiddellik geneem moet word.
Britse eerste minister Sir Keir Starmer het op 'n gesamentlike nuuskonferensie met Franse president Emmanuel Macron gesê dat onwettige immigrante wat in klein bootjies vanaf Frankryk aanland, binne weke onder 'n nuwe loodsskema na Frankryk teruggestuur sal word. Onder die 'Een in, een uit'-ooreenkoms sal sommige aankomelinge aangehou word en…
Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die onderwysminister, Sanet Steenkamp, die amptelike bekendstelling van die veldtog "Ending Learning Poverty for All in Africa" in Namibië aangekondig. Die veldtog sal op 29 Julie in Outjo in die Kunene-streek afskop. Dit sal na verwagting help om onder meer die syfervaardigheidskrisis…
'n Nuwe studie het bevind dat die ernstige Europese hittegolf van 23 Junie tot 2 Julie vanjaar na raming 2 300 sterftes in 12 stede veroorsaak het. Dit is volgens die studie deur Imperial College London en die London School of Hygiene and Tropical Medicine. Van die sterftes word sowat…
Action Society beskuldig die regering van dubbele standaarde in sy benadering tot openbare veiligheid. Hy beweer nasionale veldtogte en polisiesigbaarheid word opgeskerp vir padveiligheid in vakansies, maar geweldsmisdade soos verkragting en moord word geïgnoreer. Die organisasie se woordvoerder, Juanita du Preez, sê onlangse statistieke dui op meer as 10 000…
Die Nasionale Demokratiese Party het 'n landwye mobiliseringsveldtog van stapel gestuur voor die streek- en plaaslike verkiesings in November. Die party beplan om in al 14 streke en dorpe met munisipale status mee te ding. NDP-leier Martin Lukato sê komende aktiwiteite sluit in die vorming van 'n skadukabinet en mobilisering…
Die uitvoerende direkteur van UNAIDS, Winnie Byanyima, het 'n beroep op Afrika-lande gedoen om, ten spyte van fiskale uitdagings, bronne toe te wys om MIV/Vigs te beveg. Tydens die bekendstelling van die Wêreldwye Vigs-opdatering by die Bertha Gxowa-hospitaal het sy regerings aangemoedig om kostedoeltreffende, bereikbare programme, eerder as duur, skenkerbefondsde…
Die Oos-Kaapse regering vra mense om die Springbokke te ondersteun in môre se tweede toets teen Italië in Gqeberha. Nelson Mandelabaai se eerste toets in vier jaar sal 'n tuiskoms wees vir afrigter Rassie Erasmus en spelers soos Makazole Mapimpi, wat van Mdatsane kom. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa…
Liberiërs en talle Afrikane is warm onder die kraag na aanmerkings deur Amerikaanse president, Donald Trump, dat sy Liberiese ampsgenoot, Joseph Boakai, vreeslik mooi Engels praat.
President Cyril Ramaphosa gaan Sondagaand die nasie toespreek oor ernstige nasionale veiligheidskwessies. Dit volg nadat die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, skokkende bewerings gemaak het wat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, en top polisie- en politieke leiers met dwelmkartelle en misdaadsindikate verbind. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya,…
Namibië sluit aan by die res van die vasteland om Afrika Teenkorrupsiedag vandag te vier. Dit is 'n jaarlikse herdenking herinner aan die dringende behoefte om deursigtigheid, verantwoordbaarheid en die stryd teen korrupsie regoor die kontinent te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige Ombudsman John Walters gesels.
Landbouminister Inge Zaamwani het 'n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê vir toestemming om 'n wetsontwerp in te dien wat grond-administrasie sal transformeer. Die Grondwetsontwerp sal onder andere die staat voorkeurregte gee om kommersiële grond te bekom en buitelandse besit van sulke grond verbied. Sy sê die wetsontwerp…
Namibië en Indië gaan saamwerk in gesondheid en medisynevervaardiging. Die memorandum van verstandhouding is onderteken deur gesondheidminister dr. Esperance Luvindao, en Indië se buitelandse sake-minister, dr. Subrahmanyam Jaishankar, vir samewerking op gebiede soos mediese opleiding, navorsing en gesondheidsorgdienste. Kosmos 94.1 Nuus het met die oud-gesondheidsminister en mediese dokter, Bernard Haufiku…
Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het onthul hy het in die afgelope boekjaar boetes van byna 120-miljoen Suid-Afrikaanse rand opgelê. Dit is 'n afname ná die vorige jaar en word toegeskryf aan die feit dat grootskaalse bedrogsake, soos dié van Steinhoff, afgehandel is. Die finansiële waghond het voortgesette pogings…
Duitsland se kanselier Friedrich Merz het by 'n konferensie in Rome oor ondersteuning aan Oekraïne gesê die land is bereid om Patriot-missiele van die VSA te koop en aan Kiëf te gee. Hy het lugverdediging met ander leiers en Oekraïnse president Volodymyr Zelensky bespreek, na nog 'n Russiese massa-lugaanval waarin…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.