SAKP sê hy bly deel van Drieparty-alliansie

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê hy stap nie weg van die Drieparty-alliansie nie, maar bly deel daarvan terwyl hy homself hersaamstel. Die party gaan die eerste keer onafhanklik van sy groter alliansievennoot, die ANC, aan ʼn verkiesing deelneem. Die SAKP se hoofsekretaris, Solly Mapaila, sê hulle onafhanklike deelname is deel van die stryd om politieke verteenwoordiging vir die werkersklas te herbou en die alliansie se hersamestelling te verseker:
31 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

COSATU vra nuwe munisipale befondsingsmodel

COSATU sê 'n nuwe munisipale befondsingsmodel is nodig om te verseker dat die Hersiene Witskrif oor Plaaslike Regering munisipaliteite kan bestendig en herbou. Die witskrif stel ingrypings voor om plaaslike regering te verbeter en te verseker dat gemeenskappe munisipale dienste ontvang, insluitend gratis basiese dienste vir behoeftige huishoudings. COSATU-woordvoerder Matthew…
25 Oct 11PM 1 min

Landbou moet verder kyk en op langtermyn-veerkragtigheid fokus

Landbou is op 'n keerpunt, met klimaatsdruk, stygende koste, veranderende markte en nou ‘n uitbreking van bek-en-klouseer wat die veerkragtigheid van boere en die breër bedryf op die proef stel. Awie Thompson, hoof van landbou by FNB Namibië, voer aan die bedryf moet verder kyk as die oorlewing van moeilike…
25 Oct 11PM 1 min

Kaapstad vorder, maar duisende hersteltake steeds onvoltooi

Stad Kaapstad sê hy het 85 persent van die geverifieerde uitstaande pad- en sypaadjieprojekte, wat verband hou met herstelwerk aan water- en sanitasie-infrastruktuur, uit die 2025/26-boekjaar afgehandel. Teen 15 Oktober moes daar nog 2 335 aangetekende gevalle herstel word. Die lid van die burgemeesterskomitee vir water en sanitasie, Zahid Badroodien,…
25 Oct 6AM 1 min

Vyf tuis doodgeskiet in vermoedelike bendegeweld

Die Wes-Kaapse polisie het die massaskietery in Steenberg veroordeel wat gisteraand vyf lewens geëis en drie gewond gelaat het. Polisiewoordvoerder Novela Potelwa sê die slagoffers het omstreeks agtuur by 'n woning in Blodestraat gekuier toe onbekende gewapende mans die perseel binnegegaan en lukraak begin skiet het. Volgens Potelwa is vier…
25 Oct 5AM 1 min

Klippe en eiers gooi is nie tiener-kattekwaad

Om motors onder klippe – of eiers te steek, is nie skadelose kinderkattekwaad nie. Die Swakopmund-munisipaliteit vra inwoners om sulke tieners by die polisie te verkla. Dit volg nadat buurtwagte inwoners in Oceanview en Platz am Meer hieroor gewaarsku het. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa sê hoewel videomateriaal hiervan versprei is,…
25 Oct 4AM 1 min