
Klippe en eiers gooi is nie tiener-kattekwaad
Loading player...
Om motors onder klippe – of eiers te steek, is nie skadelose kinderkattekwaad nie. Die Swakopmund-munisipaliteit vra inwoners om sulke tieners by die polisie te verkla. Dit volg nadat buurtwagte inwoners in Oceanview en Platz am Meer hieroor gewaarsku het. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa sê hoewel videomateriaal hiervan versprei is, het geen klagtes die raad bereik nie.

