Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
300 – 320

DA sê Eskom kan nie aanhou om tariewe te verhoog terwyl hy minder elektrisiteit verkoop nie

Die DA sê Eskom kan nie voortgaan om elektrisiteitstariewe te verhoog terwyl hy minder krag verkoop nie. Die nutsmaatskappy het vir die boekjaar wat in Maart geëindig het 'n wins van 30,3-miljard-rand aangeteken, maar ook staatshulp vir skuldverligting ten bedrae van 80-miljard-rand ontvang. Elektrisiteitsverkope het met 6,2-persent gedaal, terwyl tariewe…
14 Oct 2AM 1 min

Hardap-leerders aangemoedig om gefokus tydens eindeksamen te bly

Intussen het 'n lid van die Mariental dorps-raad, Iswarin Rooi, leerders in die streek aangemoedig om gedissiplineerd en vol selfvertroue te bly voor hul eind-eksamens. Rooi erken dat sommige leerders hulpbron-beperkings en moeilike huis-omstandighede in die gesig staar... maar beklemtoon dat dié uitdagings nie leerders se toekoms moet affekteer terwyl…
14 Oct 2AM 1 min

AfriForum behaal talle suksesse met landswye misdaadvoorkomingspatrollies

AfriForum sê sy jongste landwye patrollies het gelei tot inhegtenisname en die beslaglegging op dwelms, wapens en onwettige alkohol in verskeie gebiede. Die operasie het 178 buurt- en plaaswaggroepe ingesluit wat saam met die polisie gewerk het. Dit het gelei het tot die beslaglegging op wapens en dwelms in Springs,…
14 Oct 1AM 1 min

Vyf nuwe lede ingesweer op Grondtribunaal-raad

Vyf nuwe lede is ingesweer op die raad van die Grondtribunaal, vir 'n termyn van drie jaar. Die tribunaal speel 'n sleutelrol in die beslegting van geskille oor grondhervorming en die aanhoor van appèlle wat betrekking het op landbougrond. Die lynministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het met Kosmos 94.1 Nuus…
14 Oct 1AM 1 min

Amushelelo sê meer as 2800 erwe reeds by sy lughawepad-ontwikkeling bespreek

Aktivis Michael Amushelelo het sy behuisings-ontwikkeling van 10 528 erwe naby Hosea Kutako Internasionale Lughawe verdedig en die waarskuwings van Stad Windhoek se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, af-gemaak as 'n bemarkings-foefie wat slegs belangstelling verhoog het. Amushelelo sê dat meer as 2 800 kopers reeds erwe deur direkte debiet-mandate vir…
14 Oct 12AM 1 min

KykNet se Binnelanders word mondig!

Binnelanders op KykNet het pas sy 21-ste jaar gevier. Human Stark vervaardiger van Binnelanders het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.
14 Oct 12AM 1 min

Trump sê die VSA deel steeds inligting met Oekraïne

Die Amerikaanse president Donald Trump sê die VSA deel steeds inligting met Oekraïne te midde van sy voortdurende oorlog met Rusland. Dit volg op berigte dat Amerika die deel van inligting en Europese aankope van Amerikaanse wapens vir Oekraïne kan opskort indien Kiëf nie sy aanvalle diep binne Russiese grondgebied…
14 Oct 12AM 1 min

Aanlyndobbelary in SA styg met 390% tussen 2021 en 2025

Solidariteit se Helpende Hand sê aanlyndobbelary in Suid-Afrika het tussen 2021 en verlede jaar met 390-persent gegroei, wat toenemende finansiële druk op huishoudings plaas. Die organisasie se jongste verslag toon bykans driekwart van die 1,5-duisend-miljard Suid-Afrikaanse rand wat in 2024/2025 in die dobbelbedryf gewed is, het aanlyn plaasgevind, en dobbeloperateurs…
13 Oct 11PM 1 min

Een in aanhouding vir Okahandja meisie-moorde

NamPol het 'n deurbraak aangekondig in die Okahandja-moordsake van Ingrid Maasdorp en Roswinds Fabiano, asook 'n volwasse vrou. Dit kom nadat 'n 18-jarige verdagte, wat oor die naweek gearresteer is vir die beweerde poging tot ontvoering van 'n 10-jarige meisie, 'n bekentenis tydens polisie-ondervraging gemaak het. Daar was ook positiewe…
13 Oct 11PM 1 min

Sun International vra strenger dobbel-maatreëls

Sun International het 'n handves vir verantwoordelike dobbelary van stapel gestuur en bepleit strenger maatreëls om mense wat dobbel te beskerm. Die handves beperk dobbeladvertensies, bied hulpmiddels om mense te beskerm en maak van volgende jaar voorsiening vir die gebruik van kunsmatige intelligensie om mense te identifiseer wat dobbelprobleme kan…
13 Oct 11AM 1 min

Arbeidsverhoudinge-ministerie in sop by Diensbillikheidskommissie

Die uitvoerende direkteur van die justisie en arbeidsverhoudinge-ministerie, Audrin Mathe, het voor die Diensbillikheidskommissie se hersieningspaneel verskyn oor nie-ingediende vorderingsverslae. Mathe het die oortreding erken en sê dat die ministerie, as bewaarders van die wet, die voorbeeld moet stel vir statutêre nakoming, en interne gevolgebestuur in die gesig moet staar…
13 Oct 11AM 1 min

Plant inheemse bome en versorg hulle: kenner

Terwyl Namibië daarna streef om teen 2030 een miljoen bome te plant, sê die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham dat sukses van meer as net die plant van bome sal afhang. Hy sê die regering moet eers 'n duidelike doelwit vir die inisiatief vasstel, inheemse boomspesies kies wat by plaaslike…
13 Oct 10AM 1 min

Parlement vra oor TransNamib-lokomotiefkontrak

Die parlement soek antwoorde oor TransNamib se kontrak vir die herbou van lokomotiewe. Rodney Cloete, 'n parlementslid van die IPC, wil duidelikheid hê oor berigte dat die werk aan Windhoeker Maschinenfabrik, in vennootskap met Maleisië se SMH Rail, toegeken is. Dit volg op die kansellasie van die beplande aankoop van…
13 Oct 10AM 1 min

Beveilig jou erf, beveilig jou troeteldiere: DBV

Die Dierebeskermingsvereniging spoor troeteldiereienaars landswyd aan om hul eiendomme behoorlik te beveilig. Die ligaam waarsku dat rondloperhonde ernstige risiko's van vergiftiging, verkeersongelukke en straatkonflikte in die gesig staar. Nasionale direkteur Silke van der Merwe sê dat sulke troeteldiere die publiek in gevaar stel en dikwels die hoogste prys betaal. Dit…
13 Oct 10AM 1 min

Nuwe strategie vir minerale-veredeling

Die adjunk-mynbouminister, Gaudentia Krohne, het 'n nuwe strategie vir die veredeling van minerale en 'n kabinetsverbod op die uitvoer van ongeraffineerde kritieke minerale soos litium, seldsame aardmetale, kobalt en grafiet aangekondig. In reaksie op IPC-LP Ferdinand Hengombe het Krohne gesê dat die beleid maatskappye dwing om plaaslik te vergruis en…
13 Oct 9AM 1 min

Sibiya dreig glo pa van tiener na vermeende seksuele aanranding

Die staat het 'n beëdigde verklaring ingedien wat beweer die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, het 'n man, geïdentifiseer as mnr. M, gedreig nadat hy hom daarvan beskuldig het dat hy sy tienerdogter seksueel aangerand het. Die beëdigde verklaring, wat in die Landdroshof in Randburg, Gauteng, voorgelees is, beweer Sibiya…
13 Oct 9AM 1 min

Onderwysministerie werk aan krisisse: Steenkamp

Onderwysminister Sanet Steenkamp erken die Namibiese skoolstelsel se voortdurende uitdagings met fundamentele geletterdheid en leerderretensie. Sy het in 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus beklemtoon dat die aanspreek van hierdie kwessies bewysgebaseerde ingrypings en tasbare vordering vereis:
13 Oct 8AM 1 min
300 – 320