Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
300 – 320

Moenie aan wapenbeheer torring nie, sê AfriForum

AfriForum het die regering versoek om voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer te laat vaar en op korrupsie binne staatsinstellings te fokus. Die versoek volg nadat 'n voormalige polisiebeampte en verklikker, Patricia Mashale, aan 'n parlementêre ad hoc-komitee gesê het die polisie en ander staatsinstellings het vuurwapens aan misdadigers…
10 Feb 1AM 1 min

Maxwell swyg tydens deposisie in Amerikaanse Huis

Ghislaine Maxwell, die veroordeelde medewerker van die seksoortreder Jeffrey Epstein, het Maandag geweier om vrae van die Amerikaanse Huis Toesigkomitee te beantwoord. Maxwell het virtueel verskyn vir 'n geslote deur-deposisie uit die Texas-gevangenis waar sy 'n vonnis van 20 jaar vir sekshandel uitdien. James Comer, die Republikeinse voorsitter van die…
10 Feb 1AM 1 min

MUN vies oor Beifang werkers skors

Die Mynwerkersunie van Namibië het die skorsing van tien werkers deur Beifang Mining Technological Services, 'n kontrakteur wat ondersteuningsdienste by die Husab-myn lewer, sterk veroordeel. Die vakbond sê die bestuur het voortydig opgetree deur werknemers te skors ten spyte van geskilbeslegtingsmeganismes wat in bindende erkennings- en prosedurele ooreenkomste uiteengesit word…
10 Feb 12AM 1 min

Nano-silwer vir BKS? Plaaslike veearts gee mening

Met bek-en-klouseer wat Suid Afrika onder druk het, neem paniek toe oor hoe om diere te behandel. Voorkomende middels word ook ondersoek. Boere in Suid Afrika probeer die gebruik van nano-silwer om die virus te bestry, maar volgens kenners is behandeling meer kompleks. Plaaslike veearts dr. Theuns Laubscher het in…
9 Feb 11PM 1 min

Nóg 'n gesogte toekenning vir plaaslike toerisme

Namibië is vereer met die gesogte Volhoubare Avontuur- en Wildernistoerisme-toekenning by Outbound Travel Mart Mumbai, een van Asië se voorste reishandelskoue. Die toekenning erken Namibië se uitstaande verbintenis tot volhoubare toerisme, bewaring en verantwoordelike avontuurreise. Kosmos 94.1 Nuus het met Flora Quest, die Namibië Toerismeraad se bestuurder van korporatiewe kommunikasie…
9 Feb 11PM 1 min

Damme bykans 78% vol

Namibië se damme is tans 77,7 persent in totaal vol, aansienlik meer as die 54,4 persent van die ooreenstemmende tydperk verlede jaar, toon die jongste syfers van NamWater. Reënvooruitsigte vir die week is gemeng, met verspreide buie en donderstorms wat in die binneland verwag word, veral in die middae en…
9 Feb 10PM 1 min

Vee-inspeksies kwaai verskerp in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse departement van mobiliteit het vee-inspeksies verskerp om te help om die verspreiding van bek-en-klouseer te bekamp. In gesamentlike operasies met die provinsiale departement van landbou is vragmotors wat diere vervoer, voorgekeer en nagegaan vir permitte, vragnakoming en padwaardigheid. Die hoofdirekteur van verkeersbestuur, Maxine Bezuidenhout, sê meer as 1…
9 Feb 10PM 1 min

Motorsport: Enjins brul vir 'n opwindende 2026

‘n Opwindende jaar lê vir alle kodes van motorsport in Namibië voor. Só sê Kosmos 94.1 se Francois Lottering, wat die naweek die algemene jaarvergadering van die Windhoek Motorklub bygewoon het. Hy doen verslag:
9 Feb 10PM 1 min

NLU landbou-ekonoom kyk na beespryse vanjaar

Na die Namibië Landbou-unie sy jaarlikse vooruitskouing vir die bedryf vrygestel het, het hy gesê verbeterde bemarkingsvolumes word vanjaar in die beesbedryf verwag namate die sektor voortgaan met herstel ná langdurige droogtetoestande kuddevermindering genoodsaak het. Volgens die unie het hulle nie vaste data oor die grootte van die nasionale kudde…
9 Feb 10AM 1 min

Cosatu verwelkom onttrekking van soldate uit DRK

Die vakbondfederasie Cosatu verwelkom die regering se besluit om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se soldate te onttrek aan die Verenigde Nasies se vredesending in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Suid-Afrika dra sedert 1999 sy soldate by tot die sending, MONUSCO. Matthew Parks van Cosatu sê vredesendings kan slegs suksesvol…
9 Feb 10AM 1 min

Wys jou liefde en skenk bloed in pare

As deel van sy voortgesette pogings om bloedskenking te bevorder, het die Bloedoortappingsdiens van Namibië die "Skenk op 'n Afspraak"-veldtog vandag geloods en dit sal tot Valentynsdag op Saterdag, 14 Februarie duur. Die veldtog moedig beide huidige en voornemende skenkers aan om bloed in pare te skenk as 'n simbool…
9 Feb 9AM 1 min

Namibië herverbind hom tot Luanda-ooreenkoms

Namibië het homself herverbind tot die Luanda-ooreenkoms, 'n raamwerk vir die ontwikkeling van 'n verenigde Afrika-strategie vir die bevordering van natuurlike diamante. Die myneminister, Modestus Amutse, het aan die kantlyn van die 2026 mynbou indaba in Kaapstad gesê Namibië sal voortgaan om in noue vennootskap met mede-Afrika-diamantproduserende lande, De Beers,…
9 Feb 9AM 1 min

Steekproef wys voordele van universele basiese inkomstetoelaag

Die voorspraak vir 'n universele basiese inkomstetoelaag duur voort, met die Basiese Inkomstetoelaagkoalisie, of BIG, en voorstanders van sosiale geregtigheid wat die regering se huidige voorwaardelike basiese inkomstetoelaag as onvoldoende kritiseer. BIG voer aan dat die bestaande voorwaardelike model, wat 600 Namibiese dollar per huishouding per maand aan 'n beperkte…
9 Feb 9AM 1 min

Wes-Kaap se pro-aktiewe optrede oor BKS verwelkom

Die burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, Marais Kruger, het die Wes-Kaapse regering se proaktiewe stappe om die verspreiding van bek-en-klouseer te beperk, verwelkom. Premier Alan Winde het 100-miljoen Suid-Afrikaanse rand beskikbaar gestel om entstof aan te skaf. Kruger sê die provinsie sal nou saamwerk met die Nasionale Departement van Landbou en…
9 Feb 8AM 1 min

Afrika-kredietgraderings 'moet op werklike data gebaseer wees'

Reaksie word steeds ontvang op die African Export-Import Bank se besluit om sy kredietgraderingsverhouding met Fitch Ratings te beëindig. Dit het gekom tesame met die stigting van die Africa Credit Rating Agency wat daarop gemik is om die kredietwaardigheid van Afrika-maatskappye en -lande te evalueer om die risiko vir beleggers…
9 Feb 8AM 1 min

Botswana oud-president prys Namibiese Grondwet

Oudpresident van Botswana, Mokgweetsi Masisi, het Namibië geprys vir die skep van 'n robuuste Grondwet wat vryhede waarborg en ontwikkeling bevorder, 35 jaar na die aanvaarding daarvan. Masisi het vanoggend tydens 'n boekbekendstelling in Windhoek gesê dat hoewel Namibië en Botswana se grondwette onder verskillende omstandighede gevorm is, hulle duidelike…
9 Feb 7AM 1 min

Kragpryse in SA gaan skerper styg na Nersa-goedkeuring

Elektrisiteitstariewe gaan in 2026/2027 met 8,76-persent styg en in 2027/2028 met 8,83-persent nadat die energiereguleerder, Nersa, 'n bykomende inkomste van 54,734-miljard-rand vir Eskom goedgekeur het. Dis ʼn poging om Nersa se regulatoriese batefout reg te stel. Eskom se regstreekse verbruikers betaal van 1 April meer en munisipale instellings vanaf 1…
9 Feb 7AM 1 min

Inenting teen servikale kanker nou by gesondheidsentrums beskikbaar

Namibië staar 'n kankerkrisis in die gesig, met meer as 4 000 nuwe gevalle wat jaarliks aangemeld word en 'n toename van 12 persent elke jaar. Stygende getalle, veral borskanker onder jong vroue in die Noorde, is kommerwekkend. Daar is ook toenemende gevalle van prostaat- en servikale kanker. Tuwilika Kamati,…
9 Feb 6AM 1 min

Proteas versigtig vir Kanada by T20-Wêreldbeker

Krieket: Die Proteas se kaptein, Aiden Markram, sê hulle is vol vertroue voor vandag se T20-Wêreldbekerwedstryd teen Kanada in Ahmedabad, Indië. Suid-Afrika was in 2024 die naaswenner en is een van die gunstelinge om te wen ná hulle sege in verlede jaar se Wêreld-toetskampioenskap. Die ander lande in Groep D…
9 Feb 6AM 1 min
300 – 320