Die Cheetah Conservation Fund lei 'n bewaringsprogram wat toon dat die beskerming van vee en die beskerming van jagluiperds nie teenoorgestelde doelwitte hoef te wees nie. Die stigting werk saam met boere om spesiaal opgeleide Anatoliese herdershonde onder hul kuddes te plaas. Dr. Laurie Marker van die fonds het aan…
Huldeblyke stroom steeds in vir die veteraan Swapo-lid en voormalige kabinetsminister Erkki Nghimtina, wat Sondagmiddag in sy huis op 77-jarige ouderdom oorlede is. Nghimtina het tussen 1997 en 2020 in vier ministeriële portefeuljes gedien, insluitend verdediging, myne en energie, werke en vervoer, en arbeid. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1…
Die DA in Gauteng is bekommerd oor die gebrek aan planne om die uitbreking van bek-en-klouseer in die provinsie te bestry. Die party sê hy het verskeie ernstige tekortkominge geïdentifiseer in die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling se jongste aanbieding oor die bestuur van die siekte. Bronwynn Engelbrecht…
Die Gautengse polisie sê hulle sal voortgaan met die stryd teen onwettige mynbedrywighede in die provinsie. Dit volg nadat die polisie Sondag in Carletonville twee vermeende onwettige mynwerkers doodgeskiet het tydens ʼn intelligensie-geleide operasie. Woordvoerder Tintswalo Sibeko sê die operasie is uitgevoer nadat hulle inligting ontvang het dat onwettige mynwerkers…
Eco Dialogue Collective, saam met die Instituut vir Openbarebeleidsnavorsing en die Regshulpsentrum,het 'n gesprek oor die internasionale Deursigtigheidsinisiatief vir die Ekstraktiewe Nywerhede aangebied. Namibië is op die rand van 'n historiese olie- en gasontwikkeling en die behoefte aan streng bestuur was nog nooit so dringend nie. Bady Baldé, die adjunk-direkteur…
Die uittredende DA-leier John Steenhuisen het gewaarsku dat enige toekomstige besluit om die regering van nasionale eenheid te verlaat, katastrofies kan wees. Hy het verlede week aangekondig dat hy nie vir 'n derde termyn by die party se verkiesingskongres in April sal staan nie. Kritici sê sommige van die kandidate…
Die Seattle Seahawks is vir die tweede keer die Super Bowl-kampioene nadat hulle 'n oortuigende oorwinning van 29-13 teen die New England Patriots by Levi-stadion in Santa Clara, Kalifornië, behaal het. Die oorwinning volg elf jaar nadat hulle teen die Patriots in die Super Bowl verloor het, en 12 jaar…
Namibië se Grondwet is vandag 36 jaar oud. Opgestel deur die grondwetgewende vergadering onder voorsitterskap van wyle president Hage Geingob, lê dié dokument die grondslag vir demokrasie, eenheid en fundamentele menseregte en word dit as een van die mees progressiewe grondwette in Afrika gereken. Kosmos 94.1 Nuus het met professor…
Die Proteas se kaptein, Aiden Markram, sê hulle is vol vertroue voor vandag se T20-groepswedstryd teen Kanada in Ahmedabad, Indië. Suid-Afrika was in 2024 die naaswenner en is een van die gunstelinge om te wen ná hulle sege in verlede jaar se Wêreld-toetskampioenskap. Die ander lande in Groep D is…
Die ambassade van Amerika het onlangs 'n perverklaring vrygestel wat sê die aankoms van ambassadeur John Giordano in Namibië dui op ’n nuwe en meer strategiese fase in die verhouding tussen Amerika en Namibië. Giordano se mandaat gaan fokus op energie-sekerheid, kritieke minerale en infrastruktuurontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie…
Die ambassade van Amerika het onlangs 'n perverklaring vrygestel wat sê die aankoms van ambassadeur John Giordano in Namibië dui op ’n nuwe en meer strategiese fase in die verhouding tussen Amerika en Namibië. Giordano se mandaat gaan fokus op energie-sekerheid, kritieke minerale en infrastruktuurontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie…
Die Wes-Kaapse regering het 100 miljoen rand opsy gesit om genoeg entstofdosisse te verkry om vee te beskerm midde die bek-en-klouseer-uitbreking. Die provinsie het voltydse grensbeheer en omvattende maatreëls ingestel ná 'n bevestigde uitbreking in die Wellington-gebied. Die Wes-Kaap is na bewering nie geoormerk om van die eerste besending van…
Reaksie word steeds ontvang oor die Agoa-ooreenkoms wat die VSA net verleng het tot einde Desember vanjaar. Vir baie maatskappye sal dit moeilik wees om produksie te beplan vir net 'n jaar met die langtermyn wat onseker lyk. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner Tim Parkhouse gepraat. Volgens Parkhouse moet…
Die landbou-organisasie TLU SA sê Suid-Afrika moet reusehoeveelhede entstof invoer om die bek-en-klouseer-uitbreking in die land te bekamp. Die minister van landbou, John Steenhuisen, het bevestig die Botswana-entstofinstituut sal teen die einde van hierdie maand 700 000 dosisse entstof kan voorsien. Bennie Van Zyl van TLU SA sê dit is…
Toegang tot inligting is ‘n basiese reg wat deursigtigheid, verantwoordbaarheid en openbare deelname bevorder. Die inligtingministerie is steeds stil oor die kwessie nadat die betrokke wetgewing aanvaar en in 2022 in die Staatskoerant gepubliseer is. Die kantoor van die inligtingkommisaris is ook nog nie gevestig nie. Cran sê toegang tot…
Die Namibia Law Association eis ‘n onafhanklike, deeglike en spoedige ondersoek na verlede Oktober se aanval op Ondangwa-aanklaer Justine Shiweda, wat Saterdagoggend in ‘n hospitaal in Windhoek aan haar beserings dood is. Sy was in ‘n lokval gelei, met sout- en swaelsuur gegooi en toe geskiet. Die regsvereniging sê die…
Verskeie gemeenskapsvergaderings het die naweek plaasgevind in plekke soos Groot Aub, Nauaspoort, Baumgartsbrunn en die Mix Settlement om ontwikkelingskomitees vir die gemeenskappe tot stand te bring. Die Khomasstreeksraad het die vergaderings gereël. Kosmos 94.1 Nuus het met raadslid Willem Gariseb gepraat.
Landbouminister Inge Zaamwani sal vandeesweek duidelikheid verskaf oor die regering se planne om te verhoed dat die bek-en-klouseer-uitbreking in buurlande, veral in Suid-Afrika, na Namibië oorspoel. Zaamwani het die naweek op Otjiwarongo die publiek en boere gerusgestel en teen paniek gemaan. Volgens haar is Namibië se dieregesondheidstelsels goed voorbereid om…
Die Springbok-sewesafrigter Philip Snyman het sy spelers geprys vir hulle oorwinning in die Perth-sewes, nadat hulle verlede naweek in Singapoer slegs vierde plek kon haal. Suid-Afrika het Fidji met 21-19 verslaan om hul eerste titel in Australië sedert 2017 te verower. In die vroue-afdeling het Nieu-Seeland Australië met 29-7 geklop…
‘n Plaag Afrika-treksprinkane en herfskommandowurms teister steeds die Zambezi-streek en hou 'n beduidende bedreiging vir gewasse en voedselsekerheid in die gebied in. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie van landbou, Simon Nghipandulwa, gepraat wat sê die ministerie help boere aktief om die plaag te beveg.
8 Feb 6AM
1 min
320 – 340
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.