Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die toenemende skuldlas op Afrika belemmer sy ontwikkelingsdoelwitte. Hy het tydens die Afrika- en Europa-dialoog in Pretoria gesê 25 Afrikalande het die afgelope paar jaar meer bestee aan skuld-delging as aan gesondheid en onderwys. Lamola sê lande in die…
Die Namibiese fietsryer Drikus Coetzee neem tans deel aan die Rhino Run van Windhoek na Graaff Reinet in Suid Afrika, oor 'n afstand van ongeveer 2-duisend-835 kilometer. Coetzee het met Kosmos 94.1 Nuus oor sy eerste dag op die pad gepraat:
Die onlangse beëindiging van die RedForce-skuld-invorderingskontrak deur die Walvisbaai Munisipale Raad het vrae laat ontstaan oor wetlike nakoming en die prosedures wat gevolg is by die toekenning van die ooreenkoms. Armas Amukoto, die IPC-skadu-minister vir Stedelike en Landelike Ontwikkeling, sê die langtermyn-doelwit behoort te wees om plaaslike owerhede te bemagtig…
Die waarnemende polisie-hoof-inspekteur van die Namibiese polisie, Majoor-generaal Anne-Marie Nainda waarsku wets-toepassers dat hulle te alle tye sigbaar moet wees en hul werk moet doen... as hulle tydens die fees-seisoen na padblokkades ontplooi word. Nainda het tydens Maandag se bekendstelling van die 2026/2027 Kersseisoen-padveiligheids-veldtog gesê dat twintig Nampol-lede met 30…
Die nuut-aangestelde direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, Bryan Eiseb, sê voortdurende korrupsie kan die geleenthede.... wat deur die groeiende olie- en gassektor geskep word, in die wiele ry. Hy waarsku dat korrupsie, op die einde van die dag, die land se sosiale en ekonomiese ontwikkelings-geleenthede kan ondermyn. Tydens 'n persgeleentheid vanoggend…
Uit die buurland vra MOVE SA die Suid Afrikaanse regering om doeltreffende en wettige maatreëls in te stel... om spanning tussen plaaslike gemeenskappe en buitelanders te verlig. Die partyleier Rali Mampeule sê die regering moet pro-aktief optree om die onderliggende oorsake van spanning aan te spreek en verdere xenofobiese geweld te…
Die Old Mutual-stigting het amptelik 'n vernuwe weergawe van sy vlagskip-entrepreneurskaps-inisiatief bekendgestel en "OM SEED: Seasons" as 'n verenigde nasionale kompetisie wat oor al 14 streke strek, van stapel gestuur. Mignon du Preez, woordvoerder van Old Mutual Namibië, sê aansoeke is landwyd amptelik oop, met 'n streng sluitingsdatum van 30…
Die Belgiese ontwikkelaar van maritieme- en skoonenergie-oplossings, CMB.TECH, het die Mineral Europa – die wêreld se eerste droëmassavragskip wat deur ammoniak aangedryf word – suksesvol in gebruik geneem. Die skip het Vrydag op sy nooiensvaart van China na Australië vertrek. Met 'n dravermoë van 210 000-ton verteenwoordig die skip 'n…
Die Namibia Housing Action Group sê die kontant-inspuiting van 146-miljoen Namibiese dollar aan die Shack Dwellers Federation of Namibia... is 'n groot, positiewe stap en sal help om die land se behuisings-tekorte aan te spreek. Hoewel die regering rapporteer dat bykans 1 900 huise gedurende die 2025/26-boekjaar voltooi is, sê…
Die Suid Afrikaanse parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie sê enige vermeende misdadige optrede waarby die nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, betrokke is, moet ondersoek word en waar nodig moet aanklagte ingedien word. Die komiteevoorsitter, Ian Cameron, waarsku Sibiya se vertrek uit die diens moet hom nie vrywaar van aanspreeklikheid nie. Hy sê…
Die 9de Nasionale IKT-beraad het by die Ongwediva-handelskousentrum afgeskop, wat die geleentheid se eerste stap buite Windhoek was om digitale vooruitgang te desentraliseer. Linda Nakale, uitvoerende direkteur van MICT, sê die beraad fokus op die benutting van tegnologie en konnektiwiteit. Sy sê die beraad fokus ook op die gebruik van…
Die direkteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid, Thuli Madonsela, doen 'n beroep op munisipaliteite om grondwetlike regte in werklikheid te omskep deur dienslewering te verbeter en ongelykheid aan te spreek. In 'n toespraak by die agtste Beraad oor Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch wat vandag ten einde loop,…
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Toerismeraad, Sebulon Chicalu, het die belangrikheid van nakoming van die NTB-wet en die gepaardgaande regulasies beklemtoon. Hy sê die 'KNOW NTB'-veldtog, wat op 1 April van stapel gestuur is, het sover verskeie streke en dorpe besoek om bewustheid van die wet en die regulasies…
Die Suid Afrikaanse minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê gereelde instandhouding van die spoor-netwerk is noodsaaklik om vragvervoer teen 2029 tot 250-miljoen ton per jaar te verhoog. Sy het die opmerkings Maandag gemaak tydens ’n oorsig-besoek aan die instandhouding-sluiting aan die yster-erts-spoorlyn in die Noord-Kaap. Die sluiting duur tot 16…
Alex Baron, hoof van vennootskappe by die Europese Unie in Namibië, sê die Euro-rolprentfees bring Namibiese en Europese rolprentkuns nader aan Namibiërs. Tydens die bekendstelling van vanjaar se fees in Windhoek het Baron opgemerk dat die fees vanjaar nie net anders nie, maar ook opwindender sal wees.
Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê die geografie van die apartheidsera mag nie langer verhoed dat mense toegang tot geregtigheid verkry nie. Hy het tydens die agtste Sosiale Geregtigheid-beraad aan die Universiteit Stellenbosch gesê die regering moet howe en regsdienste, insluitend ondersteuning met onderhoud, beskerming teen…
Die Visekanselier van die Universiteit van Namibië, Professor Kenneth Matengu, sê universiteite wat deel vorm van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied moet navorsing, wat bek-en-klouseer en ander streeks-uitdagings aanspreek, prioritiseer. Hy het die oproep Maandag in Katima Mulilo gemaak tydens die ondertekening van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied Universiteit Konsortium Ooreenkoms. Matengu sê die…
Daar is nou minder as twee weke oor tot die sperdatum vir die huidige belasting-amnestie-program, wat op 31 Oktober verstryk. NamRA herinner alle belastingbetalers daaraan om van die geleentheid gebruik te maak om hul uitstaande belastingkuld te vereffen. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze sê die program bied volle kwytskelding van alle opgehoopte…
Shaun Gariseb, 'n gemeenskapsaktivis van Windhoek, spreek kommer uit oor die Stad Windhoek se verlieslydende busdiens en bevraagteken hoe die munisipaliteit beplan om bedrywighede vol te hou te midde van 'n gerapporteerde jaarlikse tekort van 60 miljoen Namibiese dollar. Gariseb sê die diens se beperkte inkomste uit tariewe beteken dat…
13 Oct 12AM
1 min
320 – 340
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.