Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
340 – 360

Gestremdhede: Neem vroue en meisies in ag

Die goewerneur van die Oshana-streek, Hofni Iipinge, het die publiek aangemoedig om veral vroue en meisies met gestremdhede in gedagte te hou wanneer daar vir mense met gestremdhede voorspraak gemaak word. Hy het voorts gepleit vir die implementering van die Hersiene Nasionale Beleid oor Gestremdheid reg oor die streek. Hy…
10 Aug 3AM 1 min

Joe Biden se kanker het versprei

Voormalige president Joe Biden se kanker het verder as sy bene versprei en is pynlik en aftakelend, hetsy seun Hunter gesê, en voeg by dat sy pa steeds aktief is. Biden het in Mei 2025, minder as vier maande nadat hy die Withuis verlaat het, onthul dat hy met 'n…
10 Aug 2AM 1 min

Eskom toon goeie vordering

Eskom sê 504 977 slimmeters is landwyd op lasverminderingsvoerders geïnstalleer, wat 87,4-persent van sy teiken vir hoë-prioriteitsgebiede verteenwoordig. Die nutsmaatskappy sê 565 kraginvoerders is van lasvermindering verwyder. Na raming word 1,2-miljoen klante nie langer geraak nie, wat 70,8-persent van die geteikendes verteenwoordig. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê onwettige verbindings, elektrisitetsdiefstal insluitend…
10 Aug 2AM 1 min

Finland brei mynboubande plaaslik uit

Terwyl Namibië steeds nuwe hulpbronvennootskappe lok, versterk Finland mynboubande met die land deur sy mynmaatskappye aan die plaaslike bedryf bekend te stel. Die Finse ambassadeur Katja Kalamäki sê Finland is dalk klein, maar hy het wêreldklas mynboukundigheid en is daartoe verbind om voort te bou op sy langdurige verhouding met…
10 Aug 12AM 1 min

Bibi verkeer onder erge druk tuis

Israel se premier Benjamin Netanyahu is onder erge druk. Alle peilings toon dat hy uiters ongewild is. Hy het ook Donald Trump se 15-punt plan vir Gaza verwerp. Die voormalige Amerikaanse ambassadeur in Saoedi-Arabië, Michael Ratney, sê terwyl verkiesings in Israel moeilik is om te voorspel bereken Netanyahu duidelik dat…
10 Aug 12AM 1 min

Eerste heer doen beroep op seuns om hulself te verbeter

Die eerste heer, Epaphras Ndaitwah, het 'n beroep op seuns gedoen om die geleentheid wat aan hulle gebied word, te benut om hul lewens te verbeter en onderwys aan te gryp. Hy was ‘n spreker by 'n byeenkoms vir seuns op Nkurenkuru in Kavango-Wes. Ndaitwah sê seuns kry nie die…
10 Aug 12AM 1 min

IPC eis openbaring van dokumentasie oor goekeuring van marienefosfaatprojek

Die Independent Patriots for Change het die besluit van die omgewingskommissaris in die ministerie van omgewing teengestaan om ’n omgewingsgoedkeuringsertifikaat aan Namibian Marine Phosphate uit te reik. Die sertifikaat gee die groenlig vir die voorgestelde Sandpiper-marienefosfaatprojek aan die kus van Namibië. Die IPC se skadu-omgewingsminister, Rodrick Likando, het ’n beroep…
10 Aug 12AM 1 min

NaCC konsulteer met toerisme oor eksklusiewe konsessies

Die Namibiese Mededingingskommissie sal Woensdag met die toerismebedryf in gesprek tree oor die kwessie van konsessies in die toerismesektor, veral in bewareas. Dit is in die lig van die ondersoek wat die kommissie geloods het na sy beoordeling van bewerings van eksklusiewe ooreenkomste, wat 'n oortreding van die Mededingingswet is…
10 Aug 12AM 1 min

Jeug moet geleenthede in klimaatslim landbou aangryp

Die adjunkminister van landbou, Ruthy Masake, het jongmense aangemoedig om gebruik te maak van geleenthede in klimaatslim landbou, landboubesigheid, waterbewaring en volhoubare produksie. Sy het by die Ohangwena-streekskonferensie oor omgewingsopvoeding in Eenhana gepraat en gesê die jeug moet betrokke raak en nie wag op toegifte nie.
9 Aug 11PM 1 min

ANC verwerp peiling wat sê Jhb het 42% DA steun

Die ANC se Groter Johannesburg-streek het 'n peiling van die Maatskaplike Navorsingstigting verwerp wat toon dat die DA 42-persent steun in Johannesburg het, vergeleke met 18-persent vir die ANC. Die party bevraagteken die opname se onafhanklikheid en wil hê die metodologie en besonderhede oor die opdrag daarvoor moet vrygestel word…
9 Aug 11PM 1 min

Vyf in Langa vermoor

Die Wes-Kaapse polisie het 'n soektog begin ná die moord Saterdagaand op vyf mense in Langa, Kaapstad. Die polisie het gereageer op 'n klagte van 'n skietery by 'n huis in Winnie Mandelastraat, Fase Drie. Met hul aankoms het beamptes die liggame van vier mans en een vrou gevind. Geen…
9 Aug 7AM 1 min

Betaal padwerkers wat hul toekom, eis minister

Werke- en vervoerminister Veikko Nekundi het padkontrakteurs gemaan om nie werkers wat hulle vir padprojekte in diens neem, sleg te behandel nie. Werkers moet ook ten minste die minimumloon betaal word en daar moet na hul klagtes geluister word. Nekundi het onlangs tydens 'n seremonie vir die aanvang van herstelwerk…
9 Aug 5AM 1 min

Dís hoekom Bitcoin val, verduidelik kenner

Bitcoin het met byna 50 persent vanaf sy rekordhoogtepunt gedaal, maar Bitcoin Mining Namibia se hoof Bitcoin-beampte, Nikolai Tjongarero, sê dit is nie ongewoon nie. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dat die jongste daling volg op 'n massiewe institusionele kooptog wat pryse tot nuwe hoogtepunte gedryf het, voordat miljarde…
9 Aug 4AM 1 min

Regering veroordeel moord op twee van eenheid teen bendemisdaad

Die regering het die moord op twee lede van die Teen-bende-eenheid in Reiger Park veroordeel. Hulle is na bewering in 'n lokval gelei en doodgeskiet. Die adjunk-regeringswoordvoerder William Baloyi sê wetstoepassingsagentskappe het hulpbronne ontplooi om die skuldiges op te spoor. Hy sê optredes soos Operasie Shanela is gemik op misdaadbrandpunte,…
9 Aug 3AM 1 min

Vakbond eis beskerming van farma-werk

Cosatu doen 'n beroep op die ANC-geleide regering om werksgeleenthede in die plaaslike farmaseutiese vervaardigingsbedryf te red. Die vakbond sê 2 500 werkgeleenthede het die afgelope 18 maande in die sektor verlore gegaan, met nege vervaardigers wat volgens berigte gesluit het. Die federasie blameer die regering se verkrygingsbeleid wat goedkoper…
9 Aug 2AM 1 min

Groenlig vir fosfaatmyn 'massiewe' fout, sê marinewaghond

‘n Herrie het Saterdag op sosiale media losgebars ná die omgewingsministerie bevestig het dat Namibian Marine Phosphate ’n omgewingsgoedkeuringsertifikaat ontvang het vir sy omstrede aflandige Sandpiper-projek naby Walvisbaai. Die beplande ontginning van fosfaatryke sedimente van die seebodem vir verwerking tot kunsmis word reeds jare lank teengestaan weens die moontlike impak…
9 Aug 1AM 1 min

Luvindao soek bekostigbare gesondheidsorg

Gesondheidminister Esperance Luvindao het 'n beroep gedoen op die lewering van gehalte- en bekostigbare gesondheidsorgdienste aan alle Namibiërs, en beklemtoon dat toegang tot mediese sorg nie deur 'n persoon se finansiële status bepaal behoort te word nie. Sy het tydens die amptelike opening van die Onamafila-kliniek in die Oshikunde-kiesafdeling gepraat.
9 Aug 12AM 1 min

TransNamib woeker met Walvibaai-Karibib-spoorkorridor

TransNamib-woordvoerder Alina Garises sê bedrywighede op die Walvisbaai-Karibib-spoorkorridor het in Julie begin, wat vragverbindings tussen die Walvisbaai-hawe en binnelandse streke versterk. Na verwagting sal die vragkorridor tot 25 000 ton vrag per maand vervoer, wat na raming elke maand 735 vragmotors van die paaie sal verwyder en jaarlikse koolstofvrystellings met…
8 Aug 6AM 1 min

Rugby: 'Stormers toets All Blacks se dissipline'

Die All Blacks-kaptein Patrick Tuipulotu sê die Stormers het sy span se dissipline Vrydagaand op die Kaapstad-stadion getoets, waar die besoekers met 38 - 21 gewen het. Hy het die Stormers se sterk fisiese oorheersing in die eerste botsing van hul Suid-Afrikaanse toer geprys. Hoofafrigter Dave Rennie het ook frustrasie…
8 Aug 5AM 1 min
340 – 360