Oliepryse kan vir langer as verwag hoog bly, met 'n stadiger as normale daling selfs wanneer pryse begin afneem. Ekonoom Dawie Klopper sê in 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus dat dit tyd sal neem om olievoorrade weer op te bou en bedrywighede by raffinaderye te herstel. Die vooruitsigte kan…
Intussen het Lamb Champs ’n nuwe span van tien skaapboere, bekend as die "Baa-Barians", aangekondig wat op 31 Oktober tydens die eerste Lamb Champs-uitnodigingstoernooi in Pretoria met Span Suid-Afrika sal meeding. Die verandering volg op Namibië se onttrekking aan die kompetisie weens bek-en-klouseer. Die stigter van die kompetisie en uitvoerende…
Die Landbou-ministerie sê dit werk met veaartsenydienste en ander rolspelers in die Zambezi-streek om die oorsprong van die bek-en-klouseer-uitbreking dáár na te spoor, ná Sondag se bevestiging dat die siekte ook nou op Kalala-eiland aangeteken is. Twaalf monster wat van 20 beeste op die eiland geneem is het positief vir…
Eskom toon steeds bedryfsverbeterings in sy kragopwekkingsvloot, met sy energie-beskikbaarheidsfaktor op 68,2-persent tot dusver hierdie boekjaar, die hoogste vlak in ses jaar. Woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die prestasie weerspieël volgehoue bedryfsverbeterings en strukturele ingrypings wat op Eskom se kragopwekkingsvloot toegepas is. Mokwena sê Eskom se voortgesette fokus op bedryfsverbeterings sal…
OvaHimba- en OvaTjimba-gemeenskappe en die omgewingsorganisasie International Rivers doen 'n beroep op die Namibiese regering om te verduidelik waarom 4 miljard Namibiese dollar se finansiering vir transmissielyne gekoppel aan die voorgestelde Baynesdam goedgekeur is voordat omgewingsevaluerings en gemeenskapskonsultasies voltooi is. Hans-Christian Mahnke van International Rivers het aan Kosmos 94.1 Nuus…
Die DA dring aan op 'n onafhanklike ondersoek na 12 betwiste insolvente boedels wat deur die Landbank hanteer word, met moontlike botsende belange vir die ondersoeker Angelena Poole. Sy is een van twee persone wat aangestel is om die geskille te ondersoek en het verskeie bestaande professionele bande met die…
Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah steun 'n voorstel vir 'n basiese inkomstetoelaag en voer aan dat 'n maandelikse betaling van 1 000 Namibiese dollar kan help om armoede te verlig, klein besighede te ondersteun en toegang tot onderwys en gesondheidsorg te verbeter. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat…
Die Jacob Zuma-stigting veroordeel wat hy as "media-waansin" beskryf, en sê dit word aangeblaas deur gerugte, verkeerde inligting en meedoënlose openbare obsessie oor die voormalige president se gesondheid. Die 84-jarige Zuma word sedert verlede week by die Netcare St Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal behandel. Die stigting se woordvoerder Mzwanele Manyi…
Die Ministerie van inligting en kommunikasietegnologie sê alles is in plek vir die negende Nasionale Inligting en en Kommunikasie Tegnologie Beraad wat vandag in Ongwediva by die Ongwediva-handelssentrum afskop. Die vyf-daagse beraad kom Vrydag, 16 Oktober tot ‘n einde. Adjunkdirekteur vir Publieke Betrokkenheid, Shasimana Uugulu, het met die nasionale uitsaaier…
Pascal Haingura, uitvoerende hoof van Cran, sê Namibië se digitale toekoms vereis dat daar verder as basiese internettoegang beweeg word na die bou van plaaslike menslike en berekeningsvermoë. Haingura het beklemtoon dat hoewel breëbandinfrastruktuur fundamenteel is, langtermyngroei afhang van onderwyshervormings in KI en datawetenskap, tegnologiese leierskap en privaatsektor-innovasie om ware…
Manchester City het Liverpool, wat met net tien man gespeel het, met 3-0 op Anfield geklop om sodoende hul voorsprong van drie punte boaan die Premierliga-punteleer te behou. Dit was City se eerste wedstryd sedert 'n onafhanklike kommissie die klub skuldig bevind het op alle aanklagte wat verband hou met…
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê sy departement ontwikkel 'n biometriese aanlynplatform om asielaansoeke te bespoedig, identiteitsverifikasie te versterk en te verhoed dat aansoekers wie se aansoeke afgekeur is, herhaaldelik eise indien om hul verwydering te vertraag. Na verwagting sal die platform teen 10 November vanjaar in werking…
FNB Wanderers is nou weer die NRU-Permierliga-kampioene na die span Saterdag die FNB Kudus platgeloop het met 'n eind-telling van 52–27 by die Hage Geingob stadion hier in Windhoek. Jean-Louis gesels om 8:15 met Wanderers-afrigter, Darryl de la Harpe, om uit te vind hoe die span hul oorwinning gevier het…
Die polisie sê hulle het oor die naweek vyf bestuurders vir dronkbestuur gearresteer: een in Mariental, drie in Rehoboth en een in Outjo. Die Mariental- en Rehoboth-verdagtes verskyn vandag in die hof. In Outjo het beamptes ‘n 20-jarige man aangekeer nadat hy glo roekeloos gery het. In Otjiwarongo is ‘n…
Die hoofafrigter van die Blou Bulle Johan Ackerman sê hy is trots op sy span wat, ten spyte van ‘n week met baie uitdagings, hul staal kon wys en die Leeus met 'n orrtuigende 57-15 op Loftus te klop. Ackerman se sommige van die Bulls spelers was siek en kon…
Die Suid Afrikaanse regering beplan om die Konstitusionele Hof te nader om hom meer tyd te gun vir die implementering van sy uitspraak, wat prosedurele struikelblokke vir asielaansoeke verwyder het. Die hof het sekere bepalings van die Wet op Vlugtelinge ongrondwetlik verklaar wat immigrasiebeamptes toegelaat het om 'n asielsoeker te…
Die Namibiese Landbou-unie-president, Thinus Pretorius, het met Kyknet se e-Nuus gepraat om te verduidelik hoe die land tot dusver die BKS-uitbreking hanteer het. Hy was vol lof vir owerhede se vinnige reaksie. Pretorius sê samewerking tussen alle rolspelers in die streek is uiters belangrik om die landbou-sektor staande te hou…
Die Suid Afrikaanse minister van bosbou, visserye en die omgewing, David Maynier, het 'n nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer om grasvelde, biodiversiteit en belangrike waterbronne te beskerm. Die Grasslands-nasionale park beslaan meer as tienduisend hektaar tussen Nqanqarhu en Rhodes. Sanparke sal die park bestuur, waar grondeienaars kan voortgaan…
Met ‘n bewokte en koel oggend wat die week hier in Windhoek afskop sal Namibië vandeesweek warm, oorwegend sonnige weer ervaar, na aanvanklike verbygaande buie en donderstorms Sondag. Dagtemperature in die sentrale binneland sal in die hoë 20's (°C) begin en teen die naweek geleidelik tot in die lae tot…
Die nasionale plaaslike verkiesings aanstaande maand in Suid-Afrika bly in die nuus. Professor André Duvenhage, politieke wetenskaplike aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom, het sy mening in die verband so aan Kosmos 94.1verwoord: André Duvenhage Naweek
11 Oct 5AM
1 min
360 – 380
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.