Die GOOD-party, Build One South Africa, en RISE Mzansi het kragte saamgesnoer om 'n nuwe politieke party genaamd Unite for Change te stig. Die party sal as 'n nuwe politieke party by die Verkiesingskommissie registreer om aan die komende 2026-plaaslikeregeringsverkiesing deel te neem. Die drie partye sal steeds onafhanklik bestaan…
Die Wetenskapfilmfees word van 14 tot 25 Oktober by die Swakopmund Museum aangebied. Dit sal films, werkswinkels en interaktiewe wetenskapaktiwiteite aanbied onder die tema "Groen Werkgeleenthede: Vorm die Toekoms Deur Volhoubare Loopbane." Die fees, wat deur die Goethe-instituut iet vennote NaDEET en Ocean Conservation Namibia georganiseer word, poog om nuuskierigheid…
Die bekende ekonoom Dawie Klopper het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die skerp daling in oliepryse, wat die vorige week afgesluit het met ‘n daling van meer as 8 persent op net bo 64 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die kommoditeit is tans net bo 65 dollar ‘n vat. Tussen…
Die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, Epra, sê in 'n verslag oor die nuwe wet rakende landbougrond dat 'n totale verbod op buitelandse eienaarskap van kommersiële landbougrond beleidsrisiko verhoog, kapitaal- en tegnologiebeleggers afskrik en die aandag aflei van die werklike beperkings op produktiwiteit en indiensneming. Kosmos 94.1 Nuus het met Eben…
Mercedes-renjaer George Russell het 'n oorheersende oorwinning in die Singapoer Grand Prix behaal, sy tweede van die seisoen. Red Bull se Max Verstappen en Lando Norris van McLaren het onderskeidelik tweede en derde geëindig. Oscar Piastri moes met die vierde plek tevrede wees, en sy voorsprong bo spanmaat Norris is…
Die ANC sal ingryp by plaaslike regerings in provinsies en burgemeesters en raadslede verwyder wat teen die party se belange werk. Sekretaris-generaal Fikile Mbalula het tydens 'n spesiale Nasionale Uitvoerende Komitee-vergadering beklemtoon die party sal fokus op die verskerping van kandidaat-keuring en sy interne prosesse versterk:
Petrus Kashumali, streeksvoorsitter van die Namibië Nasionale Onderwysersunie, Nantu, sê onderwysers moet hul alkoholgebruik op weeksdae verminder, aangesien dit bydra tot onetiese gedrag in die samelewing. Kashumali het gepraat tydens 'n finansiële geletterdheidseminaar vir onderwysers in Kavango-Oos se Rundu-kring om selfmoord in die onderwysberoep te bekamp.
Die UDM-vroueorganisasie is bekommerd oor Suid-Afrika se gebrekkige paroolstelsel met verwysing na 18 052 paroolgangers wat binne drie jaar weer oortree het, waaronder 493 moorde en 624 verkragtings. Die sekretaris-generaal Thandi Nontenja dring aan op hervorming wat slagofferveiligheid, aanspreeklikheid en oortreder-rehabilitasie eerste stel. Sy verwelkom onlangse besluite deur die minister…
Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa se familiewoordvoerder, die voormalige adjunkminister Sfiso Buthelezi, het die ontvangs van sy doodsertifikaat bevestig wat die beplanning van repatriasie moontlik maak. Mthethwa is vroeër die week dood gevind buite 'n hotel in Parys. Buthelezi sê sy oorskot moet nog vrygestel word hangende 'n…
Die adjunk-statistikus-generaal, Ottillie Mwazi, het veldbeamptes van die Namibië Statistieke-agentskap in Otjiwarongo toegespreek tydens 'n insweringseremonie. Die beamptes gaan die agentskap se finansiële insluitingsopname behartig. Aangesien dit slegs 'n voorbeeldopname is, sal dit slegs sekere huishoudings insluit. Daarbenewens is die Namibië inkomste- en uitgawes-opname nog aan die gang. Mwazi verduidelik.
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die VN se Algemene Vergadering se sentrale rol in globale bestuur moet versterk word om lidstate te bemagtig. Lamola het tydens die 22ste Vergadering van Nordies-Afrika-ministers van Buitelandse Sake by die Victoria-waterval in Zimbabwe, die behoefte aan die hervorming van…
Die burgemeester van Okahandja, Beatrice Kotungondo, het Saterdag tydens CC Riders Windhoek-motorfietsklub se bewusmakingsveldtog op die dorp ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om geslagsgebaseerde geweld te staak. Okahandja is vroeër vanjaar deur drie kindermoorde geruk. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus was daar en doen verslag van die toneel:
Daar is toenemende kommer dat Namibië se nuwe banknote en muntstukke deur OTM’s en dobbelmasjiene verwerp word. In reaksie hierop sê die Bank van Namibië dat hulle saam met verskaffers, kommersiële banke en ander vennote werk om die integrasie van die nuwe geldeenheid te bespoedig. Sommige masjiene aanvaar glo nie…
Die getuienisleier van die parlementêre ad ooc-komitee, Norman Arendse, sê verskeie openbare voorleggings is ontvang voor die aanhoor van getuienis deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Hy het beweer daar is politieke inmenging in die regstelsel en misdaadvoorkoming. Arendse het aan die komitee gesê die Intelligensie-inspekteur-generaal het eers leiding van…
‘n Register vir seksoortreders gaan in Namibië ingestel word, het justisieminister Wise Immanuel in die parlement gesê. Die hof sal bepaal hoe lank oortreders op die register bly. Toegang tot die register sal deur klaringsertifikate verkry word om die veiligheid en waardigheid van betrokkenes te beskerm, sê Immanuel:
Oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, se vrou pleit vir sy veilige terugkeer nadat Israelse magte die Global Sumud-flottielje onderskep het, met aktiviste, insluitend Suid-Afrikaners aan boord. Nosekeni Mandela het aan SABC News gesê die familie se laaste kontak was Woensdagoggend. Nosekeni sê Mandla het verplig gevoel om by…
Die polisie se ondersoek na die moord op die vyfjarige Ingrid Maasdorp op Okahandja in April vanjaar duur voort en die polisie het die DNA van vier persone laat toets. Hulle wag steeds op die resultate, sê die minister van veiligheid en sekuriteit, Lucia Iipumbu. Sy het die jongste inligting…
Twee gewapende rooftogte het Vrydagaand tydens die Copps 94.1-skof in Windhoek plaasgevind. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was saam met die Namibiese polisie en doen verslag van die toneel:
Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan, onder die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, waarsku die publiek oor 'n toename in vals webwerwe. Hierdie vals webwerwe boots noukeurig wettige organisasies na en gebruik gekloonde handelsmerke en uitlegte om gebruikers te mislei. Onlangse gevalle het bekende Namibiese instellings geteiken, met vals webwerwe wat besoekers na verdagte…
3 Oct 11AM
1 min
380 – 400
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.