Safland Property Group beplan om Lüderitz se eerste inkopiesentrum te bou, ‘n ontwikkeling van 210 miljoen Namibiese dollar. Die sentrum sal na verwagting in November 2026 sy deure open. Die projek gaan 200 werksgeleenthede in die konstruksiefase skep, terwyl 250 permanente posisies in die bedryfsfase beskikbaar sal wees. Die projek…
Staatskoolkoshuise het net genoeg kosvoorraad vir ‘n week, sê die onderwysministerie. Onsekerheid heers oor die situasie daarna, aangesien die ministerie nog nie ‘n nuwe verskaffer het nie. Dit volg ná ‘n regsgeding oor die toestaan van ‘n tender van 300 miljoen Namibiese dollar vir die verskaffing van voedsel aan koshuise…
Die jagseisoen in Namibië het afgeskop, ‘n bedryf met ‘n jaarlikse omset van sowat 350 miljoen Namibiese dollar. Volgens die Namibiese Professionele Jagvereniging het die bedryf verlede jaar 16 000 werksgeleenthede geskep. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van Napha, Axel Cramer, oor voorwagtinge van die nuwe seisoen gepraat:
Die Nieu-Seelander Liam Lawson erken hy was geskok toe Red Bull hom na Racing Bulls afgradeer het na net twee wedrenne in die Formule Een-seisoen. Hy is na sy powere vertonings in Australië en Sjanghai vervang met Racing Bulls se Japanese renjaer, Yuki Tsunoda, wat sy langverwagte kans in die…
Namibië se telekommunikasiesektor staar toenemende kuberrisiko’s in die gesig in die afwesigheid van ‘n regulatoriese raamwerk. Voorgestelde oplossings sluit selfregulasie, gesamentlike regulasie en wetgewing in. Die wetsontwerp op kuberveiligheid van 2021 het wel veiligheid verskerp, maar spesifieke regulasies is nodig om verbruikers en nasionale veiligheid te beskerm. Die Regulerende Owerheid…
Deurdringende reën in die opvangsgebied van die Avisdam het die Windhoekse munisipaliteit vanoggend genoop om die dam se sluise oop te maak en water op ‘n beheerde manier uit te laat. Dit maak plek vir nuwe invloei in die dam sou die reën vererger. Kosmos 94.1 Nuus het met Riaan…
Die presidensie bekommerd oor die nuwe tariewe wat ingestel word op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika. Suid-Afrika is een van 60 lande wat president Donald Trump uitgesonder het vir hoër tariewe. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die tariewe van 30 persent beklemtoon die dringendheid om ʼn nuwe bilaterale…
Die veld, bosse en woude is welig na die goeie reën wat landswyd uitgesak het en boere is verheug, maar daar skuil 'n gevaar. Die verhoogde veldbedekking kan in die droë seisoen tot veldbrande lei. Bewusmakingsveldtogte is in gemeenskappe begin om bewustheid oor die moontlike gevare te skep. Die hoofbosboukundige…
Een van die beweerde slagoffers van die Nigeriese televangelis Timothy Omotoso, Cheryl Zondi, het haar teleurstelling uitgespreek oor die vryspreking van Omotoso en sy twee medebeskuldigdes op 32 aanklagtes. Zondi, wat in die verkragting- en mensehandelsaak getuig het, het gepraat oor die misbruik wat sy tydens internasionale kerkreise deurgegaan het…
Amerikaanse president Donald Trump se algemene invoertariewe van tien-persent op alle invoere na Amerika, is besig om skokgolwe deur die wêreld te stuur. Suid-Afrika word erg geraak met totale tariewe van 30 persent, wat die land se ekonomie sal benadeel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Roelof Botha, 'n…
Die eerste besluitnemende kabinetsvergadering van die agtste administrasie is afgehandel. Die kabinet het kennis geneem van 'n moontlike sprinkaanplaag-uitbraak in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, na die goeie reënval. Die kabinet het die landbouministerie gerig om bewustheid van moontlike uitbrake van sprinkane en ander peste onder gemeenskappe te bevorder, asook hoe om…
Die Presidensie sê president Cyril Ramaphosa gaan sy tyd neem om na te dink oor die pad vorentoe met die DA as regeringsvennoot nadat die party teen die fiskale begrotingsraamwerk gestem het. Die begroting is aanvaar nadat 194 parlementslede daarvoor en 182 daarteen gestem het. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya,…
Die Europese Unie sê die universele tariewe wat president Donald Trump aangekondig het, is ʼn groot slag vir sakeondernemings en verbruikers wêreldwyd. Amerika stel ʼn algemene tarief van tien-persent in op alle invoere, en selfs hoër tariewe op 60 lande wat Suid-Afrika insluit. Dié lande het ʼn groot handelstekort met…
Die Oshikoto-streekraad is besig om sy uitgebreide strategiese plan en die 2025 finansiële jaarwerkplan te hersien om dienslewering te verbeter. Die nuwe strategiese plan sal ses jaar duur, met die fokus op die evaluering van planne uit die verlede, die aanspreek van tekortkominge en die reaksie op gemeenskapsbehoeftes. Voorsitter Samuel…
Die DA sê hy sal vandag stukke by die Wes-Kaapse Hooggeregshof indien om onder meer die Parlement se goedkeuring van die 2025/2026 nasionale begroting te betwis. Die begroting is goedgekeur met 194 stemme teenoor 182 stemme. Willie Aucamp van die DA sê hulle het die voorstelle van die minister van…
Die Departement van Water en Sanitasie het ʼn derde sluis by die Vaaldam oopgemaak om die uitvloei te verhoog en invloei te bestuur. Die dam se huidige watervlak staan op 107,30-persent. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die groter uitvloei van die Vaaldam sal die Bloemhofdam na verwagting binne…
Gholf: Die topgekeurde speler in die Vroue Europese Toer, Cara Gainer, sê sy sien uit om deel te neem aan die Johannesburgse Vroue Ope wat vandag by die Modderfontein-gholfklub afslaan. Die beroepspeler van Engeland neem die eerste keer sedert 2023 deel. Vanjaar se geleentheid sluit in die verdedigende kampioen, Chiara…
Trustco Life Limited sal voortaan onder die handelmerk Stanbury Life sake doen, ná goedkeuring van die Namibiese Regulerende Owerheid vir Finansiële Instellings, Namfisa. Dié stap volg op ‘n terugkooptransaksie van aandele ter waarde van 468 miljoen Namibiese dollar in die moedermaatskappy, Legal Shield Holdings. Uitvoerende hoof Annette Brand het met…
President Donald Trump het algemene tariewe van tien-persent aangekondig op alle invoere na Amerika, en dit word Saterdag van krag. Sekere lande sal hoër tariewe moet betaal wat op Amerikaanse handelstekorte gebaseer is. Suid-Afrikaanse uitvoere is onder dié wat die ergste geraak word, met tariewe van 30-persent. Trump het Suid-Afrika…
Krediet aan huishoudings in Februarie het met 2,6 persent jaar-op-jaar gegroei, ‘n beduidende afname van 1,7 persentasiepunte teenoor dieselfde maand verlede jaar. Volgens Simonis Storm dui dit op gedempte verbruikersvertroue wat met bekostigheidskwessies stoei. Verbandkrediet het met 0,7 persent gegroei, effe beter as die 0,3 persent van Januarie, maar steeds…
3 Apr 1AM
1 min
400 – 420
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.