Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
420 – 440

NAM-CIRT waarsku oor vals webwerwe

Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan, onder die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, waarsku die publiek oor 'n toename in vals webwerwe. Hierdie vals webwerwe boots noukeurig wettige organisasies na en gebruik gekloonde handelsmerke en uitlegte om gebruikers te mislei. Onlangse gevalle het bekende Namibiese instellings geteiken, met vals webwerwe wat besoekers na verdagte…
3 Oct 11AM 1 min

Kommunikasiewerkers-unie kap SABC-bestuur oor laat salarisse

Die Kommunikasiewerkersunie beskuldig die SABC-bestuur dat hy werkers se regte, waardigheid en lewensbestaan ignoreer. Die vakbond sê werkers moet nog 50-persent van hul agterstallige salarisse vir die 2023/2024-boekjaar kry. Woordvoerder Moffat Seutlwadi sê die bestuur het boonop openlik verklaar daar sal geen salarisverhogings wees nie, wat beteken beloftes word verbreek…
3 Oct 11AM 1 min

Vrae oor wettige aborsies vlam weer op

Reaksie word ontvang op die arrestasie die week van 'n vrou in Walvisbaai nadat sy na bewering onwettige aborsiepille verkoop het. Die waarde van die pille volgens plaaslike media was 8 500 Namibiese dollar. Die insident ontlok weer vrae oor veilige en wettige aborsies wat nie moontlik is in Namibië…
3 Oct 10AM 1 min

Krieket Namibië besing FNB Eagles-span se prestasie

Namibië se nasionale krieketspan, die FNB Eagles, rig hul visier op goud terwyl hulle voorberei vir die IKR Mans T20 Wêreldbeker Afrika-streekfinaal. Die beslissende wedstryd word hierdie Saterdag by die Harare-sportklub gehou, waar Namibië teen die gasheerland, Zimbabwe, sal te staan kom. Terwyl beide spanne reeds hul plekke in die…
3 Oct 10AM 1 min

Nama en Ovaherero vat volksmoord-ooreenkoms hof toe

Volgende week neem Nama- en Ovaherero-verteenwoordigers die regering hof toe in 'n poging om 'n omstrede skadevergoeding-ooreenkoms wat tussen die regerings van Duitsland en Namibië onderteken is, van die hand te laat wys. Die groepe sê onder andere hulle is nie by die onderhandelinge betrek nie. Kosmos 94.1 Nuus het…
3 Oct 10AM 1 min

Onaanvaarbaar dat mense van Noorde voorrang kry vir werk in Suide: AR

Reaksie word steeds ontvang oor 'n video op sosiale media waar 'n verpleegster van Mariental gekla het dat verpleegsters van die Noorde bo hulle gekies word vir aanstellings. Die kwessie was ook geopper in die parlement deur die LPM se Utaara Mootu. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die AR…
3 Oct 10AM 1 min

DBV kap Noordwes-regering oor olifantkrisis

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings kritiseer die Noordwes-owerhede se weiering om noodsaaklike kwessies oor dierewelstand by die bestuur van die toenemende olifantkrisis in die Madikwe wildreservaat in te sluit. Die Noordwes Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Bewaring en Toerisme, en die Noordwes Parke- en Toerismeraad ignoreer ʼn parlementêre opdrag om…
3 Oct 9AM 1 min

WGO vra lande om hulp met Gaza-beseerdes

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê byna 42 000 mense, wat sowat 10 000 kinders insluit, leef in Gaza met lewensveranderende beserings weens die voortslepende konflik. Hy sê die gesondheidstelsel stort ineen onder die konstante druk terwyl die oorlog voortduur. Dokter Rik Peeperkorn van die WGO sê meer as 5 000 mense het…
3 Oct 9AM 1 min

Ontmoet NDB se nuwe leier, Titus Ndove

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het 'n nuwe leier aan die stuur. Titus Ndove is as uitvoerende hoof aangestel vir 'n termyn van vyf jaar, wat op 1 November begin. As 'n ervare ekonoom en kenner van openbare finansies, bring Ndove dekades se ondervinding van beide die regering en die banksektor,…
3 Oct 8AM 1 min

GOOD-party vies oor honderde bendeverwante moorde in 6 maande

Die GOOD-party sê ʼn veiligheidsplan is nie ʼn oefening om boksies af te merk nie, maar moet ʼn lewende raamwerk wees wat voortdurend gemonitor, aangepas en beoordeel word. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die kern van die Wes-Kaapse 2019-veiligheidsplan was om die moordsyfer binne tien jaar met 50-persent…
3 Oct 8AM 1 min

Jeugraad kry (uiteiendelik) nuwe raad

Die jeugministerie het amptelik 'n tussentydse raad vir die Nasionale Jeugraad aangestel. Die raad gaan gebuk onder interne probleme soos bestuursmislukkings, geskorste direkteure sonder behoorlike proses, ontbrekende finansiële verslae, en lede wat openlik ministeriële bevele verontagsaam. Die nuwe raad bestaan uit nege lede met Kennedy Kariseb as voorsitter en Iyaloo…
3 Oct 6AM 1 min

Mthethwa sal binne 10 dae gerepatrieer word

Die adjunkminister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Alvin Botes, sê die Franse polisie is besig om hulle ondersoek na die dood van die Suid-Afrikaanse ambassadeur, Nathi Mthethwa, af te handel. Hy het gepraat buite Mthethwa se woning in Kwambonambi, KwaZulu-Natal. Botes sê die lykskouings-verslag sal die oorsaak van sy dood…
3 Oct 6AM 1 min

Sikopo sê Etosha-brand het op regte tyd gekom

Te midde van die verwoesting en dierelyding na die Etosha-brand, bly daar steeds hoop. Volgens Colgar Sikopo, die adjunk-uitvoerende direkteur van natuurlike hulpbronne-bestuur in die omgewingministerie, het die brand op die regte tyd gekom. Wanneer dit begin reën sal die gebrande gedeelte in 'n lushof van weiding verander. Sikopo verduidelik.
3 Oct 6AM 1 min

Arnie sê pous is 'n aksieheld

Arnold Schwarzenegger het pous Leo die 14de geprys as 'n aksieheld tydens 'n klimaatsgeleentheid wat in Castel Gondolfo naby Rome aangebied is. Die pous het op sy beurt harde woorde gehad oor skeptici wat mense wat van aardverwarming praat bespot, in sy eerste groot verklaring oor klimaatsverandering. Hy het ook…
3 Oct 6AM 1 min

CITES-stemstelsel hou Namibië terug

Die Rhino Mama Project het teleurstelling en frustrasie uitgespreek oor die Europese Unie se resolusie dat lidlande Namibië se voorstel om die handel in renosterhoring te reguleer, moet teenstaan tydens die komende CITES vergadering. Namibië is van voorneme om 'n voorstel in te dien om renosterhoringhandel te wettig as 'n…
3 Oct 6AM 1 min

Sinagoge-aanval is terreurdaad

Die polisie sê die dodelike aanval op 'n sinagoge in Manchester, Engeland, is as 'n terroriste-voorval verklaar. Twee mense is gister dood en nog vier gewond toe 'n man met 'n motor tussen voetgangers buite die Heaton Park Hebreeuse Gemeente-sinagoge ingery en mense met 'n mes aangeval het. Die aanval…
3 Oct 5AM 1 min

Havana Fourway se verskuiwings het begin

Die Stad Windhoek het in September met 43 huishoudings en lidmate van ‘n kerk ontmoet rakende hulle verskuiwing van die hoek van die Matshitshi- en Eneas Peter Nanyemba-kruising, of Havana Fourway, na erwe in Havana-uitbreidings 8 en 11 verskuif. Die verskuiwing vind vandeesmaand plaas. Die stad se burgemeester, Ndeshihafela Larandja…
3 Oct 5AM 1 min

Kernkrag en erfenis in kabinetsbesluite

Die jongste kabinetsbesluite is bekend. Soos dit nou staan blyk dit die regering is sterk op pad om sy kernkrag planne aan die gang te kry. Verder maak Namibië reg om ons derde erfenisterrein te registreer by Unesco. Inligtingsminister Emma Theofelus het meer.
3 Oct 3AM 1 min

Alle oë is op Hamas

Die Withuis sê president Donald Trump verwag dat Hamas sy vredesvoorstel vir Gaza aanvaar. Die 20-punt vredesplan, wat Israel aanvaar het, sluit in die vrylating van alle gyselaars, die onttrekking van Israelse magte uit Palestynse gebied, en die ontwapening van Hamas. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, sê indien Hamas…
3 Oct 3AM 1 min
420 – 440