Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê byna 42 000 mense, wat sowat 10 000 kinders insluit, leef in Gaza met lewensveranderende beserings weens die voortslepende konflik. Hy sê die gesondheidstelsel stort ineen onder die konstante druk terwyl die oorlog voortduur. Dokter Rik Peeperkorn van die WGO sê meer as 5 000 mense het…
Die Ontwikkelingsbank van Namibië het 'n nuwe leier aan die stuur. Titus Ndove is as uitvoerende hoof aangestel vir 'n termyn van vyf jaar, wat op 1 November begin. As 'n ervare ekonoom en kenner van openbare finansies, bring Ndove dekades se ondervinding van beide die regering en die banksektor,…
Die GOOD-party sê ʼn veiligheidsplan is nie ʼn oefening om boksies af te merk nie, maar moet ʼn lewende raamwerk wees wat voortdurend gemonitor, aangepas en beoordeel word. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die kern van die Wes-Kaapse 2019-veiligheidsplan was om die moordsyfer binne tien jaar met 50-persent…
Die jeugministerie het amptelik 'n tussentydse raad vir die Nasionale Jeugraad aangestel. Die raad gaan gebuk onder interne probleme soos bestuursmislukkings, geskorste direkteure sonder behoorlike proses, ontbrekende finansiële verslae, en lede wat openlik ministeriële bevele verontagsaam. Die nuwe raad bestaan uit nege lede met Kennedy Kariseb as voorsitter en Iyaloo…
Die adjunkminister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Alvin Botes, sê die Franse polisie is besig om hulle ondersoek na die dood van die Suid-Afrikaanse ambassadeur, Nathi Mthethwa, af te handel. Hy het gepraat buite Mthethwa se woning in Kwambonambi, KwaZulu-Natal. Botes sê die lykskouings-verslag sal die oorsaak van sy dood…
Te midde van die verwoesting en dierelyding na die Etosha-brand, bly daar steeds hoop. Volgens Colgar Sikopo, die adjunk-uitvoerende direkteur van natuurlike hulpbronne-bestuur in die omgewingministerie, het die brand op die regte tyd gekom. Wanneer dit begin reën sal die gebrande gedeelte in 'n lushof van weiding verander. Sikopo verduidelik.
Arnold Schwarzenegger het pous Leo die 14de geprys as 'n aksieheld tydens 'n klimaatsgeleentheid wat in Castel Gondolfo naby Rome aangebied is. Die pous het op sy beurt harde woorde gehad oor skeptici wat mense wat van aardverwarming praat bespot, in sy eerste groot verklaring oor klimaatsverandering. Hy het ook…
Die Rhino Mama Project het teleurstelling en frustrasie uitgespreek oor die Europese Unie se resolusie dat lidlande Namibië se voorstel om die handel in renosterhoring te reguleer, moet teenstaan tydens die komende CITES vergadering. Namibië is van voorneme om 'n voorstel in te dien om renosterhoringhandel te wettig as 'n…
Die polisie sê die dodelike aanval op 'n sinagoge in Manchester, Engeland, is as 'n terroriste-voorval verklaar. Twee mense is gister dood en nog vier gewond toe 'n man met 'n motor tussen voetgangers buite die Heaton Park Hebreeuse Gemeente-sinagoge ingery en mense met 'n mes aangeval het. Die aanval…
Die Stad Windhoek het in September met 43 huishoudings en lidmate van ‘n kerk ontmoet rakende hulle verskuiwing van die hoek van die Matshitshi- en Eneas Peter Nanyemba-kruising, of Havana Fourway, na erwe in Havana-uitbreidings 8 en 11 verskuif. Die verskuiwing vind vandeesmaand plaas. Die stad se burgemeester, Ndeshihafela Larandja…
Die jongste kabinetsbesluite is bekend. Soos dit nou staan blyk dit die regering is sterk op pad om sy kernkrag planne aan die gang te kry. Verder maak Namibië reg om ons derde erfenisterrein te registreer by Unesco. Inligtingsminister Emma Theofelus het meer.
Die Withuis sê president Donald Trump verwag dat Hamas sy vredesvoorstel vir Gaza aanvaar. Die 20-punt vredesplan, wat Israel aanvaar het, sluit in die vrylating van alle gyselaars, die onttrekking van Israelse magte uit Palestynse gebied, en die ontwapening van Hamas. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, sê indien Hamas…
Tydens 'n kabinet-inligtingsessie het genderminister Emma Kantema-Gaomas aangekondig dat die ministerie voedselskemas by vroeë kinderontwikkelingsentrums gaan aanbied. Sy sê dit is as gevolg van die lae registrasie van kinders tussen nul en twee jaar. Volgens die jongste syfers is daar landwyd 2 372 sulke sentrums. Die onderwysministerie het reeds voedselskemas…
Die MK-party het die Madlanga-kommissie van ondersoek gekritiseer en noem dit 'n politieke instrument wat ontwerp is om die regering teen verantwoordbaarheid te beskerm. Die party voer aan die kommissie mors belastingbetalers se geld want dit kos meer as 1 miljoen Suid-Afrikaanse rand per dag sonder werklike uitkomste. Die Konstitusionele…
Die organisasie teen belastingmisbruik, het die hof in Pretoria genader om veranderinge aan die Wet op Openbare Finansiële Bestuur aan te vra. Die organisasie sê die huidige wet het toegelaat dat mislukte leiers by instellings soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, aanspreeklikheid vrygespring het. Stefanie…
Amnestie Internasionaal sê Israel se onwettige onderskepping van die Global Sumud-flottielje toon hul vasberadenheid om doelbewus die Palestyne in Gaza uit te honger. Daar is op ten minste 39-vaartuie met humanitêre hulp beslag gelê en tientalle bemanningslede is in hegtenis geneem toe hulle Israel se blokkade probeer breek het. Shenilla…
Die Springbok-stut Thomas du Toit geniet sy verantwoordelikhede in die nasionale span. Die 30-jarige was in die opdrafspan in die laaste vier toetse: in Kaapstad teen Australië, in Auckland en Wellington teen Nieu-Seeland en verlede week in Durban teen Argentinië. Hy is in die tweede helfte van die laaste drie…
Die parlement soek duidelikheid oor die herintegrasie van die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds, Nsfaf, in die onderwysministerie. Dit is geskeduleer om vandeesmaand plaas te vind. Hierdie stap volg op 'n kabinetsbesluit van 2021 wat daarop gemik is om doeltreffendheid te verbeter, koste te verminder en studentebefondsing onder direkte regeringstoesig te…
Die kanse dat 'n La Niña-weerstelsel voor die einde van die jaar ontwikkel het skerp gestyg, wat die waarskynlikheid van 'n natter as normale somer regoor Suider-Afrika, insluitend Namibië, verhoog. Volgens die Amerikaanse Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie is daar nou 'n 71 persent-kans dat La Niña tussen Oktober en…
3 Oct 1AM
1 min
440 – 460
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.