MTC Maris het 'n strategiese vennootskap met die digitale betalingsverspreider Kazang onderteken, wat Maris-dienste reg oor die land sal uitbrei. Met Kazang se netwerk van meer as 5 500 agente landwyd, sal dit toegang tot mobiele geld uitbrei na stedelike sentrums, informele nedersettings en afgeleë landelike gemeenskappe. MTC Maris se…
Die leier van die DA, John Steenhuisen, gaan hom nie verkiesbaar stel vir 'n derde termyn om die party te lei nie. Sy aankondiging in KwaZulu-Natal kom voor vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing. Steenhuisen het beklemtoon hy bly aan as minister van Landbou. Hy sal die leisels in April aan 'n…
Die Nasionale Vergadering is Dinsdag amptelik deur die president geopen. Dit was "business unusual" by die parlementsgebou. Mure was gepoets en die tuin reggeruk. Dit het reaksie uitgelok by die amptelike opposisie die IPC se hoofsweep, Rodney Cloete, wat sê die staatsdiens moet te alle tye die blink kant bo…
Die leier van die Britse Konserwatiewe Party, Kemi Badenoch, sê eerste minister Keir Starmer sal moet antwoorde verskaf oor Peter Mandelson, insluitend oor sy aanstelling as ambassadeur in Amerika. Die voormalige minister van Arbeid word beskuldig dat hy mark-sensitiewe staatsinligting aan die Amerikaanse finansier en seksoortreder, Jeffrey Epstein, verskaf het…
Die Capricorn-stigting het 1,6 miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel vir drie onderwys-inisiatiewe, vir leermateriale en infrastruktuur-verbeterings vir vroeë kinderontwikkeling-sentrums. Die fondse sal gaan aan EduVision, Amos Meerkat Syllabus en Karstveld Academy. Kosmos 94.1 Nuus het met die Capricorn-stigting se koördineerder, Veripura Muuku gepraat.
Die omstrede wetsontwerp om olie en gas na die Presidensie te verskuif kom vandag in die Nasionale Vergadering onder die loep. Volgens plaaslike berigte sal die opposisie die wetgewing teenstaan. Kosmos 94.1 Nuus het met Inna Hengari, parlementslid van die PDM gepraat. Sy sê partye onpartydig wees en die publiek…
Die Namibiese regering het bevestig dat hy nie die "geen-beswaar"-brief wat deur leners vereis word vir Fase Twee van die Lesotho Hooglandwaterprojek aan Suid-Afrika sal uitreik nie. Teofilus Nghitila, uitvoerende direkteur vir water en mariene hulpbronne in die landbouministerie, het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê Namibië sal…
President Donald Trump van Amerika het die regeringbefondsings-wetsontwerp bekragtig en ʼn gedeeltelike regeringsluiting wat drie dae geduur het, beëindig. Die ooreenkoms wat Vrydag deur die Senaat goedgekeur is, is gister met 217 stemme teenoor 214 in die Huis van Verteenwoordigers aanvaar. Dit bevestig die kongres se werk aan elf jaarlikse…
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het die onlangs aangekondigde toegangs- en bewaringsfooistruktuur vir die nasionale parke verwelkom, wat op 1 April in werking sal tree. Besoekers wat nie Namibiese burgers is nie, sal sowat 68 persent meer betaal as voorheen. Die nuwe prysaanpassings is die eerste groot opdatering sedert 2021 en…
Jeugbesighede reg oor Namibië trek steeds voordeel uit 'n beduidende befondsingsinspuiting, met die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds wat tot dusver 'n bykomende 14,9 miljoen Namibiese dollar vir 30 ondernemings in verskeie sektore goedgekeur het. Daar word verwag dat die befondsing 147 werksgeleenthede sal skep. Tot dusver is 28,8 miljoen dollar toegeken, met…
Die ANC-jeugliga waarsku dat versuim om intensief aan vernuwing te werk, sal lei tot die party se strategiese verplasing uit politieke mag. Die ANC het 2026 as ʼn jaar van aksie verklaar. Die jeugliga se woordvoerder, Sindiswa Scheepers, sê die party moet sy ledetal doelgerig herbou en sê die ANC…
Die GOOD-party sê die DA se voorstel om 'n kiesdrempel in te stel om te verhoed dat kleiner partye verteenwoordiging in stadsrade kry, is 'n aantasting van die Grondwet. Die DA sê die huidige verkiesingsreëls vir munisipale rade het gelei tot 'n oorvloed kleiner partye, wat 'n fraksie van die…
Die Navo-hoof Mark Rutte sê Rusland se jongste aanvalle op Oekraïne wys dat Moskou nie ernstig is oor vrede nie. Rusland het Maandagaand ʼn rekordgetal ballistiese missiele op Kiëf se energie-infrastruktuur afgevuur. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê meer as 70 ballistiese en kruismissiele, en 450 hommeltuie is gebruik. Rutte…
Namibië se handelsvooruitsigte is versigtig optimisties, terwyl die handelstekort in November 2025 verswak het tot 4,4 miljard Namibiese dollar, vanaf 'n tekort van 2,9 miljard dollar in Oktober. 'n Beleggingsontleder by Simonis Storm, Leonard Victor, sê dit weerspieël 'n skerp daling in uitvoerverdienste relatief tot invoere. Hy sê spoorinfrastruktuur is…
Arsenal is ʼn stap nader aan hul eerste groot trofee sedert 2020 nadat hulle Chelsea in die Carabao-beker-halfeindstryd in totaal met 4-2 geklop het. Met ʼn 3-2 voordeel uit die eerste afdeling, is die Gunners in die tweede afdeling getoets, maar Kai Havertz se doel in beseringstyd het die oorwinning…
Die algemene nywerheidsvakbond, Giwusa, sê die staat se brandstofprysstelsel beskerm korporatiewe winsmakers in plaas van werkers. In die lig van petrol- en dieselpryse wat die maand daal, waarsku die vakbond dat die verligting tydelik is, deur wêreldwye spekulasie beheer word, terwyl die manier waarop brandstofpryse bepaal word, koste steeds opdryf…
Kanker raak miljoene lewens op talle maniere en vandag is Wêreld Kankerdag. Die Wêreldkankerdag-veldtog 2025-tot-'27 "United by Unique" plaas mense in die middelpunt van sorg en ondersoek nuwe maniere om 'n verskil te maak. Dit bied 'n drie-jaar lange reis van bewustheid tot aksie. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf…
Dis is vandag die tweede herdenking van dr. Hage Geingob, Namibië se derde president, se dood. Geingob word onthou as 'n "pan-Afrikanistiese" staatsman wat sy lewe gewy het aan die bou van die nasie se institusionele raamwerk en die bevordering van die konsep van die "Namibiese Huis" waar niemand uitgesluit…
Bitcoin het Dinsdag van naby ‘n 10-maande laagtepunt herstel, maar het onder druk gebly onder die 80 000 Amerikaanse dollar kerf, na massa verkope oor die naweek en onsekerheid rondom die Amerikaanse monetêre beleid. Dit is vanoggend net bo 76 000 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met Nikolai Tjongarero van…
3 Feb 11PM
1 min
440 – 460
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.