Reaksie op die regering se trae reaksie op die verwoestende Etosha-brand word steeds ontvang. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah het die gebrek aan voorbereiding en koördinering gekritiseer en sê owerhede het eers dae nadat die brand reeds uitgebreide skade aangerig het, hulp versoek. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die…
Grootskaalse skietwerk by die Goatagab-myn is in die nuus. Die myn is in die Sorris Sorris bewarea naby Khorixas. Die eksplorasie word gelei deur Timoteus Mashuna, wat na bewering 50 miljoen Namibiese dollars ingepalm het as gevolg van 'n transaksie naby Uis. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Don Andrews,…
Die Namibiese kuberveiligheid sekuriteit reaksiespan, NAM-CIRT, het bevestig dat kuberkrakers toegang tot die Namibiese studentehulpfonds, Nsfaf, se databasis gekry het. Duisende studente se persoonlike inligting is aanlyn op die Nsfaf-webtuiste gepubliseer, maar is intussen verwyder. Cran se woordvoerder, Mufaro Nesongano, gee meer inligting en onderstreep die noodsaaklikheid van nasionale databeskermingswette.
Britse polisie het 'n terrorisme-insident verklaar na twee Joodse gemeenskapslede dood is in 'n motor- en mesaanval buite 'n sinagoge in Manchester. Nog vier mense is gewond en die aanvaller is deur polisiebeamptes doodgeskiet. 'n Groot aantal mense was in die Heaton Park sinagoge vir 'n diens op Yom Kippur,…
Belowende koolwaterstowwe is in PEL85 se Volans-1X eksplorasieput in blok 2914A in die Oranje-bekken ontdek, het Namcor aangekondig. Die put het 26 meter netto loon in rykgas-kondensaathoudende reservoirs teëgekom. Verdere laboratoriumstudies sal uitgevoer word op addisionele vloeistofmonsters, sywandkerne en rotssnydings wat tydens die veldtog versamel is. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho het…
Rugby: Die Springbok-senter Damian de Allende verwag ʼn taai en fisiese stryd teen Argentinië wanneer die Rugbykampioenskap Saterdag op Twickenham afgesluit word. Suid-Afrika het verlede naweek in Durban ʼn skitterende oorwinning van 67-30 oor die Pumas behaal. Die Bokke is boaan die Kampioenskaps-punteleer. Hulle het een punt meer as Nieu-Seeland…
Die Etosha-ramp bly in die nuus. Terwyl die lynminister vanoggend die media toegespreek het en ‘n opdatering gegee het, is die situasie op die grond in werklikheid hartverskeurend. Kosmos 94.1 Nuus het met die fotograaf, Koos Reynecke, gepraat. Hy het die eerste foto’s in die park na die brand geneem…
Die kwessie van houtskoolproduksie en die Etosha-brand weier om te gaan lê. Volgens die berigte het die brand op Helaas, ‘n regeringsplaas aangrensend aan die park begin. Die omgewingskommissaris Timoteus Mufeti sê die plaas het ‘n permit.
Vandag merk 121 jaar van die uitroeiingsbevel teen die Ovaherero deur generaal Lothar von Trotha. Hy het op 22 April 1905 dieselfde bevel teen die Nama-volk uitgereik. Daar is tans 'n veldtog aan die gang tussen die Nama en Ovaherero om die dag te herdenk sowel as om aanspreeklikheid vir…
Namibië het 'n rekordhandelstekort van 5,3 miljard Namibiese dollar in Augustus aangeteken, 'n verskuiwing van slegs 13 miljoen dollar in Julie. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap het die gaping aansienlik vergroot in vergelyking met Augustus verlede jaar, toe die tekort op 3,4 miljard dollar gestaan het. Die agentskap se woordvoerder Mirjam…
Selma Ashipala-Musavyi, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het die Namibiese en Kubaanse Inter-regeringskommissie vir Bilaterale Samewerking geopen. Die twee lande wil solidariteit versterk weens hul noue politieke en historiese bande. Musavyi het 'n oorsig gegee oor wat bespreek was. Die twee lande het verder ooreenkomste geteken ten spyte…
Die DA in die Oos-Kaap het die voortdurende rioolbesoedeling van die onaktiewe Nursery-pompstasie in Aliwal-Noord ontbloot. Die party het onlangs 'n oorsigbesoek aan die pompstasie gebring waar onsuiwer rioolafval gevind is wat direk in die Oranjerivier vloei en stroomaf die Gariepdam ook besoedel. Marina van Zyl van die DA sê…
Die omgewingsminister, Indileni Daniel, het vanoggend die media toegespreek oor die verwoestende Etosha-brand. Gerugte is op sosiale media versprei dat die park toe is vir die publiek, met vrese dat dit toerisme kan benadeel, veral uit die buiteland. Daniel is aan die woord.
Die vakbond Giwusa dien vandag by die Menseregtekommissie se ondersoekeenheid voorleggings in oor privaat mynbedrywighede en Operasie Vala Umgodi in Johannesburg. Die ondersoek gaan onder meer oor die uitwerking van privaat en onwettige mynbedrywighede op die menseregte van die Stilfontein-gemeenskap, en die beleidsgapings en raamwerk oor privaat mynbedrywighede. Giwusa se…
'n Goeie reënseisoen word in die vooruitsig gestel, en Agribank boere om voor te berei vir die reën. Erastus Ngaruka, Agribank se tegniese adviseur vir lewende hawe en weiveld, meen egter boere moet ook voorbereid wees vir droë toestande, omdat klimaatsverandering die voorkoms en voorspellings vir reën onseker maak. Kosmos…
Die African Transformation Movement sê die Tembisa Hospitaal-skandaal bewys die haglike gevolge van gierigheid en wanbestuur wat die kwesbaarstes regstreeks raak. Die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na korrupsie by die hospitaal het afgekom op drie gekoördineerde sindikate wat meer as 2 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat vir gesondheidsorg bedoel was, geplunder…
Oudergewoonte is dit weer vanaand tyd vir die Windhoek Skou se vuurwerkvertoning. Kosmos 94.1 Nuus het met die Dierebeskermingsvereniging gesels. Die DBV herinner troeteldiereienaars daaraan dat vuurwerke aansienlike nood vir diere kan veroorsaak, wat soms daartoe kan lei dat troeteldiere weghardloop of hulself beseer. Silke van der Merwe, die DBV…
Die stigtershoof van die Namibië Groenwaterstofprogram, James Mnyupe, tree met ingang van 1 November af waarna hy by die Duitse maatskappy Thyssenkrupp Uhde as senior visepresident vir Afrika Suid van die Sahara sal aansluit. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die Groenwaterstofprogram se woordvoerder, Jona Musheko, gesê Mnyupe…
2 Oct 6AM
1 min
460 – 480
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.