Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
500 – 520

VN: Oorlog 'n 'akute' bedreiging vir vrede, veiligheid

Die Verenigde Nasies het die belangrikheid van die Golf-streek vir internasionale vrede en veiligheid en die noodsaaklike rol daarvan in die bestendigheid van die wêreldekonomie beklemtoon. Iran voer daagliks missiel- en hommeltuigaanvalle regoor die Midde-Ooste uit, insluitend Arabiese Golflande, sedert die VSA en Israel op 28 Februarie 'n oorlog teen…
4 Apr 4AM 1 min

Zambezi worstel met duisende malaria-gevalle

Die Zambezi-streek worstel met ’n toename in malaria-voorvalle ná onlangse oorstromings, met meer as 12 000 bevestigde gevalle. Die gesondheidsministerie prioritiseer kwesbare groepe, insluitend kinders onder vyf, jongmense onder 15, en swanger vroue. Slegs 2 000 muskietnette is versprei, terwyl minstens 15 000 nodig is, sê Zambezi se gesondheidsdirekteur, Woita…
4 Apr 3AM 1 min

Krieket: R15m vir opgraderings aan Nuweland, Bolandpark

Die Wes-Kaapse regering het 15 miljoen rand toegewys vir die opgradering van die Nuweland-krieketveld en Bolandpark in die Paarl voor die 2027-Krieketwêreldbekertoernooi vir mans. Ooreenkomste is met krieketinstansies onderteken om befondsing af te handel. Die LUR, Ricardo Mackenzie, sê die belegging sal 'n hupstoot wees vir die ekonomie en werksgeleenthede,…
4 Apr 2AM 1 min

Landbou kritiek in vloedgeteisterde Zambezi

Oorstromings in die Zambezi-streek het ’n verwoestende impak op boerderygemeenskappe. Baie boere het reeds groot gedeeltes van hul oeste verloor, terwyl ander steeds in gevaar verkeer namate watervlakke aanhou styg en kommer oor voedselsekerheid toeneem. Regeringsamptenare, insluitend stedelike en landelike ontwikkelingsminister James Sankwasa, het Vrydag die weermag tydens ‘n lugopname…
4 Apr 2AM 1 min

Méér polisie ontplooi teen Paasmisdaad

Nampol het omvattende misdaadvoorkomingsoperasies vir Paasnaweek geïmplementeer, met die fokus op hoë polisiesigbaarheid, padveiligheid en die vermindering van kriminele aktiwiteite in al 14 streke. Nampol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê meer polisiepatrollies in gemeenskappe, sakegebiede en industriële sones sal ontplooi word om misdaad soos straatrooftogte en huisinbrake te bestry.  
4 Apr 12AM 1 min

Reënskouspel koers na //Kharas

Die reëngordel wat die afgelope dae vir harde buie oor groot dele van die land sorg, beweeg suid. Meteoroloog Vilho Ndeunyema verwag ‘n sopnat Paasnaweek. //Kharasstreek moet hulle vir die “reëngebeurtenis van die jaar” voorberei, sê Ndeunyema:
3 Apr 6AM 1 min

Logistieke ingrypings nodig in brandstofketting

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Vervoer en Logistiek sê die jongste brandstofprysverhogings onderstreep die dringende behoefte om die land se logistieke wrywingspunte reg te stel. Albei grade petrol het met R3,06 per liter gestyg en beide grade diesel met tussen R7,37 en R7,51 per liter. Jonathan McDonald van die vereniging versoek…
3 Apr 5AM 1 min

Duur brandstof maak Yango se wiele pap

Almal voel die knyp van die brandstofprysverhogings. Na 'n brandstofprysverhoging van N$2.50 vir petrol en N$4.00 vir diesel vir April, sê Yango-bestuurders dat hulle sukkel met bedryfskoste. Kosmos 94.1 Nuus het met sommige Yango-bestuurders gepraat wat sê die vaste tariefstrukture maak dit onvolhoubaar om te bedryf, met sommige wat sê…
3 Apr 4AM 1 min

Witskrif oor vlugtelinge kry groenlig in SA

Die kabinet het die hersiene Witskrif oor Burgerskap, Immigrasie en Vlugtelingbeskerming goedgekeur. Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê bestaande wette word in een raamwerk saamgevoeg om teenstrydighede te verwyder. Die beleid versterk visumhervormings, digitale stelsels en nasionale veiligheid, en die eerste veilige-land-beginsel word bekendgestel. Sy voeg by dit…
3 Apr 4AM 1 min

BKS: 'SA se entstofstrategie skiet tekort'

Die landbou-organisasie TLU SA sê die regering se bek-en-klouseer-entstofstrategie skiet tekort, aangesien slegs 'n enkelstam-entstof vervaardig word in plaas van die beplande trivalente weergawe. Die organisasie waarsku die beperkte uitrol, wat slegs 20 000 dosisse per week behels, beteken die risiko van infeksie duur voort en boere kan nog steeds…
3 Apr 2AM 1 min

Polisie paraat vir Paasnaweek

Die Namibiese polisie sal patrollies, misdaadvoorkomingsoperasies en mobiele padversperrings vir Paasnaweek vanaf vandag tot Maandag verskerp, sê nasionale polisiewoordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi. Vervoerminister Veikko Nekundi het die publiek gemaan om veilig op die paaie te wees.
3 Apr 1AM 1 min

Veiligste paaie in Gauteng, Limpopo en Noord-Kaap

Die minister van vervoer, Barbara Creecy, sê Gauteng, Limpopo en die Noord-Kaap het die grootste verbeterings in padveiligheid voor die Paasfees-reistydperk aangeteken. Hierdie drie provinsies het skerp afnames in ongelukke en sterftes van tussen 46 persent en 47 persent waargeneem, wat die impak van verskerpte wetstoepassing en padveiligheidsveldtogte weerspieël. Creecy…
3 Apr 12AM 1 min

Mooiste Moeder Aarde stop Artemis II 'in hul spore'

Nasa se Artemis II-missie het Donderdagnag ’n geskiedkundige sprong gemaak toe die vier ruimtevaarders 25 uur ná lansering vrygebreek het uit die aarde se wentelbaan vir ’n reis van 400 000 km na die maan. Hulle gaan die eerste menslike wesens wees wat die verste nóf van die aarde sal…
3 Apr 12AM 1 min

Duur ambassades oorbodig, sê ouddiplomaat

Die regering het 'n massiewe 952 miljoen Namibiese dollar, byna 70 persent van sy internasionale betrekkinge-begroting van 1,3 miljard dollar, aan diplomatieke sendings in die buiteland toegeken vir die 2026/2027-boekjaar. Terwyl die regering sê die befondsing is noodsaaklik om nasionale belange in 'n vinnig veranderende globale landskap te beskerm, bevraagteken…
2 Apr 11AM 1 min

Padveiligheid: Goeie begin vir Pase in SA

Die minister van vervoer, Barbara Creecy, sê daar was 'n afname in padongelukke en sterftes voor die besige Paasnaweek-reistydperk. Noodlottige ongelukke het met 16,7-persent gedaal, van 306 tot 255, en sterftes met 18,3-persent van 356 tot 291 in dieselfde tydperk verlede jaar. Dit word toegeskryf aan verskerpte wetstoepassing, insluitend meer…
2 Apr 11AM 1 min

'Gobabis dra las van politieke onrus'

Inwoners van Gobabis spreek toenemende frustrasie uit namate voortdurende politieke binnegevegte stabiele leierskap in die munisipaliteit vertraag. 'n Geskil oor die beëdiging van raadslede, gekoppel aan die "A Right to Shelter"-vereniging, het ingryping deur die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, afgedwing. Terwyl geskille steeds voortduur, het gemeenskapsleier Wallace Finnies…
2 Apr 11AM 1 min

Skole in oorstroomde gebiede open dalk ná Paasnaweek

Weens die oorstromings in die Oshana-, Kavango-Oos-, en Zambezi-streke moes skole vir twee weke sluit. Die regering is hoopvol dat klasse ná Paasnaweek kan hervat. Die omvang van die skade moet ook nog bepaal word. Otto Knox Imbuwa, die adjunkuitvoerende direkteur in die onderwysministerie, het meer:
2 Apr 10AM 1 min

NNN se nuwe aanstellings laat wenkbroue lig

Reaksie word ontvang op die rits aanstellings van 8 adjunkministers, ‘n minister en presidensiële adviseur deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah vanoggend. Adjunkministers het geen uitvoerende gesag nie en die aanstellings dra by tot die regering se loonrekening wat tans op meer as 40 miljard dollar staan. Kosmos 94.1 Nuus het met…
2 Apr 10AM 1 min

Omgewingswaghond knor vir SA se energiebeleid

Die Green Connection kritiseer die regering se brandstof- en energiebeleid en noem dit onvoldoende om stygende koste en omgewingskwessies aan te spreek. Neville van Rooy van die organisasie voer aan huidige maatreëls bevorder nie volhoubare energie-alternatiewe nie en beskerm verbruikers nie teen prysstygings nie. Hy versoek die regering om langtermynstrategieë…
2 Apr 9AM 1 min
500 – 520