Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
500 – 520

Nuwe era in Namibiese fietswedrenne

Fietsry-entoesiaste is baie opgewonde oor die nuus dat die Namport Nedbank PH Challenge in samewerking met die Lüderitz Kreeffees van stapel gestuur is. Die eerste wedrenne vind van 2 tot 3 Mei in Lüderitz plaas, gevolg deur 'n tweede been in Walvisbaai op 1 en 2 November. Die geleentheid is…
31 Mar 10AM 1 min

Nuwe lugredery vir Namibië beplan

Nuwe lewe gaan beslis nie in Air Namibia geblaas word, het die nuwe vervoerminister, Veikko Nekundi, vandag beklemtoon. ‘n Nuwe nasionale lugredery word wel beplan, het hy aan amptenare van die ministerie gesê, maar dit sal met die regering se doelwitte ooreenstem. Dit sal ook nie belastingbetalers meer as een…
31 Mar 10AM 1 min

Pasop vir krokodille in Noorde

Ná voorvalle met ‘n krokodil in die Omusati-streek oor die naweek, is daar ‘n waarskuwing gerig aan inwoners in die noordelike streke waar die efundja voorkom. In een geval is ‘n man gebyt ná hy ‘n krokodil geterg het na ‘n taxi hom per ongeluk raakgery het. Die dier is…
31 Mar 10AM 1 min

Tegniese vereistes pootjie SME’s met tenders

Die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging, Naloba, het kommer uitgespreek dat die Sentrale Verkrygingsraad buitelandse maatskappye bevoordeel deur hindernisse in te stel wat plaaslike besighede sukkel om te oorkom. Marius Nangolo, woordvoerder van Naloba, voer aan dat, ondanks die voldoening aan basiese vereistes, word klein- en medium-ondernemings dikwels opsy gestoot weens tegniese…
31 Mar 9AM 1 min

Trump soek nóg ‘n termyn

Die Amerikaanse president, Donald Trump, sluit nie die moontlikheid uit om vir 'n derde termyn te dien nie, en sê daar is maniere wat hy kan gebruik om dit te bewerkstellig. Dit is ondanks die 22ste Wysiging van die Amerikaanse Grondwet wat bepaal dat geen persoon meer as twee keer…
31 Mar 9AM 1 min

Miljoene vir skerper kuberveiligheid in Namibië

Die regering het 20 miljoen Namibiese dollar belê om die land se kuberveiligheid op te skerp. Dié aanvangskapitaal maak Namibië se Cyber Security Incident-reaksiespan amptelik operasioneel en volg op die Namibiese Regulerende Owerheid van Kommunikasie, Cran, se eerste sessie oor kuberveiligheid die afgelope naweek. Cran se hoofwoordvoeder, Mufaro Nesongano, verduidelik:
31 Mar 8AM 1 min

Prysmonster se koffielus prut

Die pryse van warm drinkgoed begin styg namate die winter nader kom. Inflasie vir warm drinkgoed het in Februarie tot 14,8-persent op 'n jaargrondslag gestyg. Volgens ontleders is koffie 'n groot bydraer, met Suid-Afrika, 'n netto invoerder van koffie, wat worstel met verhoogde kostes. Thabile Nkunjana van die Nasionale Landboubemarkingsraad…
31 Mar 8AM 1 min

Britse regering hou migrant-misdaad beraad

Die Britse regering hou ‘n beraad oor georganiseerde misdaad met migrasie. Premier Keir Starmer sê vordering is gemaak sedert hy sy amp aangeneem het, met bendes op die agenda by internasionale beraad en sterker vennootskappe wat tot meer arrestasies regoor Europa gelei het. Hy sê die tipe mensehandel bedreig globale…
31 Mar 6AM 1 min

Gauteng moet begin kankerpasiënte behandel

ActionSA in Gauteng sê hy gaan die provinsiale LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, versoek om 'n dringende plan voor te lê om die agterstand in die behandeling van kankerpasiënte aan te spreek. Die Gautengse Hooggeregshof het die departement verbied om die 250 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat toegeken is…
31 Mar 6AM 1 min

Luvindao gee opdrag dat senior amptenare van April '26 staatsfasiliteite gebruik

Die gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao het senior regeringsamptenare opdrag gegee om vanaf April 2026 openbare gesondheidsorgdienste te gebruik om vertroue in staatsfasiliteite te versterk. Sy het beklemtoon om deur voorbeeld te lei om aanspreeklikheid en deursigtigheid te verbeter. Luvindao het ook haar prioriteite uiteengesit.
31 Mar 6AM 1 min

Stad Windhoek hersien klankbesoedeling regulasies

Stad Windhoek hersien klankbesoedeling regulasies. Volgens die munisipaliteit beheer die bestaande regulasies nie die uitdagings tot ‘n voldoende vlak nie. Openbare konsultasies het reeds begin op die bestaande reëls wat in 2006 daargestel is. Klankbesoedeling is ‘n wesenlike uitdaging met sportgronde in woonbuurte, sowel as shebeens en meer. Kosmos 94.1…
31 Mar 6AM 1 min

Groei het effe verlangsaam in 2024 - BoN

Tydens die bekendstelling van die Bank van Namibië se jaarverslag het die goewerneur Johannes !Gawaxab gesê effe stadiger groei is in 2024 aangeteken, op 3,7 persent teenoor 4,4 persent in 2023. Dit was hoofsaaklik as gevolg van 'n 1,8 persent inkrimping in primêre nywerhede, veral in diamantmynbou, saaiboerdery en visverwerking…
31 Mar 6AM 1 min

E-visums tree môre amptelik in werking

Namibië het tot dusver 10 016 visumaansoeke goedgekeur, met die ministerie van binnelandse sake wat sê nog aansoeke word aanlyn ontvang sedert die bekendstelling van die e-visum aan die begin van hierdie maand. Die nuwe visumregime, tree môre in werking met sommige lande se diplomatieke paspoorte wat gevrywaar word. Margaret…
31 Mar 5AM 1 min

Sadou sê onderwyser-aanstellings moet beter beheer word

Die onderwysersunie, Sadou, sê onafhanklike opvoedkundige instellings se skole moet aanspreeklik bly teenoor die staat, leerders en ouers. Dit kom ná ’n verkragtingsvoorval van ’n sewejarige graad 1-leerder by die Bergville Kollege in Matatiele, in die Oos-Kaap, in Oktober verlede jaar. Sadou se woordvoerder, Nomusa Cembi sê die indiensneming van…
31 Mar 5AM 1 min

Cosatu sê werkloosheid veroorsaak mensehandel

Die vakbondfederasie Cosatu verwelkom die redding van 23 Suid-Afrikaners uit Mianmar. Hulle is met vals werksaanbiedings gelok, in haglike toestande aangehou en gedwing om mense te bedrieg, en is met geweld gedreig as hulle sou weerstand bied. Die reddingsending is as deel van 'n bi-laterale samewerkingsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Thailand…
31 Mar 4AM 1 min

Toeroperateur sê oor paaie

Terwyl almal juig oor die goeie reën sukkel die grondpadroetes wat veral deur toeriste benut word. Paaie in die land sukkel na die goeie reën. Van die paaie het reeds voor die reëntyd gesukkel en owerhede sukkel om betyds by alles uit te kom. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met…
31 Mar 4AM 1 min

Dis onmoontlik om nou malaria uit te wis - Kamwi

Oud-gesondheidsminister en Namibiese verteenwoordiger van die Eliminate Malaria-veldtog, dr. Richard Kamwi, het gereageer op kommentaar deur die Zambezi-streek se leier vir die beëindiging van malaria veldtog, Benjamin Limbo, wat sê dat die gesondheidsministerie geen plan het om die siekte te elimineer nie en fokus eerder net op beheer daarvan. Dit…
31 Mar 3AM 1 min

SA sal nie swig voor druk van Trump nie

ANC nasionale uitvoerende komiteelid en minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola sê Suid-Afrika sal nie swig voor druk van Amerika oor sy binnelandse en buitelandse beleid nie. Dit volg nadat die verhouding tussen die VSA en Suid-Afrika op sy mees gespanne is sedert president Donald Trump in Januarie ingehuldig is…
31 Mar 3AM 1 min

MK vra vir beslissende wetstelsel rakende GBV

Die MK Jeugliga sê Suid-Afrika se wetstelsel moet seëvier en beslissend wees in die hantering van beide geslagsgeweld en verkragtingsake. Geslagsgeweld duur voortduur om gesinne en gemeenskappe te verwoes en die party vereis dringende ingryping. Woordvoerder van die MK Jeugliga, Nkateko Mkhabela, sê hulle is geskok en hartgebroke deur die…
31 Mar 2AM 1 min
500 – 520