Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
520 – 540

Limpopo-polisie slaan slaag met oorgrens-operasie

Die polisie in Limpopo het 12 gesteelde voertuie teruggevind in 'n weeklange teensmokkel-operasie waarin oorgrens-sindikate geteiken is. Een verdagte is in hegtenis geneem tydens twee belangrike optredes in Musina en nog een in Polokwane. 'n Polisiewoordvoerder, Hlulani Mashaba, sê die voertuie, wat in Gauteng gesteel is, is by Beitbrug, Mokopane…
22 May 4AM 1 min

‘SA het ‘n probleem met landelike veiligheid’

Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika het ʼn probleem met landelike veiligheid. Hy sê kleinskaalse boere waarvan baie swart is, word lukraak geraak. Steenhuisen was Woensdag by die Withuis deel van die ontmoeting tussen president Cyril Ramaphosa en die Amerikaanse president Donald Trump. In reaksie op die video…
22 May 3AM 1 min

Nasionale strategie vir rehabilitasie in wording

Die gesondheidsministerie is besig met die saamstel van ‘n nasionale stategie om mense wat met gestremdhede saamleef, met hul rehabilisasie te help. Dit sluit mense in wat in ongelukke betrokke was en diegene met geestesversteurings. Volgens die uitvoerende direkteur van die ministerie, Penda Ithindi, is terugvoering van belangehebbers noodsaaklik vir…
22 May 3AM 1 min

SA-soldate in DRK more oor toelae

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die onduidelikheid uitgeklaar oor die toelaestruktuur vir troepe wat op buitelandse sendings ontplooi is. Dit volg op berigte dat die weermagsoldate wat as deel van die sending van Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in die DRK ontplooi is, na bewering slegs 34 000 rand per maand ontvang het…
22 May 2AM 1 min

Sokker: Mamelodi Sundowns, Pyramids in CAF-eindstryd

Mamelodi Sundowns en Pyramids van Egipte speel Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria teen mekaar in die eerste wedstryd van die CAF-Kampioeneliga-eindstryd. Sundowns, wat pas sy agtste agtereenvolgende Premierliga-kroon ingepalm het, mik na sy tweede Afrika-titel. Pyramids, wat in sy eerste eindstryd speel, kom voor 'n ervare Sundowns-span te staan…
22 May 2AM 1 min

Nanso wil skoolkinders help beskerm

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het ‘n veldtog van stapel gestuur om die veiligheid van kinders by skole te verseker en geslagsgebaseerde geweld landwyd te takel. Dit volg ná ‘n vlaag moorde en aanvalle onlangs op leerders op Okahandja. Die veldtog, onder die vaandel #ProtectingTheNamibianChild, begin môre amptelik op dié…
22 May 2AM 1 min

Hoop vir Musk se Starlink-drome

President Cyril Ramaphosa sê die moontlikheid dat Elon Musk se Starlink na Suid-Afrika kom, is nie Woensdag tydens die ontmoeting met president Donald Trump van Amerika bespreek nie. Die regering beplan om wette oor plaaslike swart eienaarskap te omseil sodat die Starlink-internetdiens in die land gebruik kan word. Ramaphosa het…
22 May 2AM 1 min

Gobabis reg vir NLU se Agribraai

Die jaarlikse Agribraai van die Namibiese Landbou-unie begin môre op Gobabis, met 12 boereverenigings en sewe sosiale spanne wat dinge vir mekaar gaan warm maak. Die Kalahari-Oos Boerevereniging, verlede jaar se braaikampioene, is vanjaar die gasheer. Die fokus van die naweek is om jong boere te ondersteun en te inspireer…
22 May 1AM 1 min

NNN praat met Mosambiek, Zimbabwe en Tanzanië

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdagaand teruggekeer van ‘n werksbesoek aan Mosambiek, Zimbabwe en Tanzanië. Die bevordering van handel, veiligheid en ontwikkeling was op die president se agenda. Die woordvoerder van Staatshuis, Alfredo Hengari, het die reis as suksesvol beskryf.
22 May 12AM 1 min

Geen wit volksmoord in SA, sê Ramaphosa wéér

President Cyril Ramaphosa het herhaal dat daar geen wit volksmoord in Suid-Afrika is nie. Hy het Woensdag met president Donald Trump in die Withuis vergader, na maande van kritiek deur Amerika, insluitend bewerings van volksmoord teen wit boere. Ramaphosa het gesê mense wat in die land vermoor word, is nie…
22 May 12AM 1 min

AfriForum: 'Finansminister op regte pad'

AfriForum het die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede verwelkom as 'n stap in die regte rigting en prys besnoeiings aan staatsbesteding. Die groep waarsku egter dat hoë belastingkoerse en onaangepaste belastingkategorieë steeds groei belemmer. Die woordvoerder van AfriForum, Louis Boshoff, sê die opgeblase kabinet en stygende salarisrekening moet…
21 May 11PM 1 min

Trump lei Ramaphosa in lokval in Withuis

Die Amerikaanse president Donald Trump het president Cyril Ramaphosa gister tydens 'n vergadering in die Withuis in 'n lokval gelei deur video's te speel wat volgens hom verband hou met bewerings van volksmoord in Suid-Afrika. Die geredigeerde videomontage wys die EFF-leier Julius Malema wat “Kill the Boer” sing. Trump sê…
21 May 11PM 1 min

Swapo-LP vurig oor ECB, kragtariewe

Swapo-LP Andreas Amundjindji het tydens ‘n sitting van die Nasionale Raad teen die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) uitgevaar en gesê die goedgekeurde tariefverhoging van 3,8 persent wat in Julie in werking tree, plaas geweldige druk op die verbruiker. Amundjindji het voorts die salarisse en bonusse van die ECB skerp gekritiseer en gevra…
21 May 12PM 1 min

Belastingnuus vir suiker stroopsoet

Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging verwelkom die minister van finansies, Enoch Godongwana, se besluit om nie die gesondheidsbevorderingsheffing, algemeen bekend as die suikerbelasting, in sy jongste begroting te verhoog nie. Die handhawing van die huidige koers vermy verdere skade aan werksgeleenthede in landelike gebiede in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die organisasie se voorsitter,…
21 May 12PM 1 min

SA sny begroting vir soldate in DRK

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het die begroting vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se vredesending in die DRK verminder. Die begroting om die soldate veilig te onttrek, het egter tot R3 miljard gestyg. Godongwana het in sy begrotingsrede gesê hierdie verskuiwing weerspieël die beplande gefaseerde onttrekking uit die DRK,…
21 May 11AM 1 min

Krieket: Engeland se 'onfikse' vrouespan gaan les opsê

Die nuwe afrigter van Engeland se vrouespan, Charlotte Edwards, sê sy gaan volgende jaar minimum fiksheidstandaarde instel. Spelers se fiksheidsvlakke is gekritiseer tydens die nederlaag in die reeks om die As teen Australië, wat die vorige afrigter, Jon Lewis, sy pos gekos het en Heather Knight haar kapteinskap. Die span…
21 May 11AM 1 min

Agra, SwiftVEE span saam vir aanlyn mark

Agra Limited het 'n vennootskap aangegaan met SwiftVEE, Afrika se grootste aanlyn veilingplatform vir vee en wild. Die samewerking kombineer Agra se dekadeslange ervaring in plaasveilings met SwiftVEE se gevorderde tegnologie en kontinentale kopersnetwerk. Boere sal nou baat vind by tradisionele veilings met breër aanlyn blootstelling, regstreekse aanlyn bod, beter…
21 May 10AM 1 min

Lening van N$1,5 miljard vir water onderteken

Die Namibiese regering, NamWater en die Duitse bank KfW het ’n leningsooreenkoms van 1,5 miljard Namibiese dollar onderteken om kritieke waterinfrastruktuur in noord- en noordoos-Namibië op te gradeer. Die projek sluit ’n nuwe 130-km pyplyn in wat meer as 27 000 mense van skoon water sal voorsien. Ander planne behels…
21 May 10AM 1 min

SA begroting: Finansminister briek BTW-verhoging

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het ekonomiese groei sonder besuinigingsmaatreëls belowe, ten spyte van Suid-Afrika se toenemende fiskale uitdagings. Hy het in sy derde begrotingstoespraak gesê die regering sal besteding oor die volgende drie jaar met 5,4 persent verhoog, terwyl hy die verhoging van BTW of die instel van…
21 May 10AM 1 min

Rhino Resources wikkel in Oranjekom

Rhino Resources meen hulle kan Namibië se eerste olieprodusent word ná die teenwoordigheid van ligte olie in die aflandige Capricornus 1X-eksplorasieput in die Oranjekom bevestig is. Kosmos 94.1 Nuus het Paulo Coelho, die woordvoerder van Namcor, om meer inligting oor die eksplorasie genader.
21 May 10AM 1 min
520 – 540