Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
540 – 560

Stadspolisie, informele verkopers opnuuts slaags

Reaksie word ontvang op konflik tussen die Windhoek Stadspolisie en informele handelaars voor ‘n groot kettingwinkel in die stad se sentrale sakekern. Video's op sosiale media wys hardhandige optrede deur beamptes in uniform teenoor vroue-verkopers. In November verlede jaar het informele handelaars naby 'n supermark in die stad ook gekla…
21 May 9AM 1 min

Doktor Zapiro vang ere-graag by Tuks

Die Universiteit van Pretoria het 'n eredoktorsgraad in opvoedkunde toegeken aan Suid-Afrika se mees gevierde en veelbekroonde redaksionele spotprenttekenaar, Jonathan Shapiro, beter bekend as Zapiro. Die universiteit sê sy spotprente hou die afgelope vier dekades 'n boeiende, insiggewende spieël op van gebeure in Suid-Afrika. Shapiro sê dis vir hom uiters…
21 May 9AM 1 min

Groenwater 'n inspuiting vir ekonomie

Die 2025 Buitelandse Direkte Beleggingsverslag identifiseer belangrike gebiede wat die land se ekonomiese diversiteit sal aandryf. Dit sluit onder andere die voedselbedryf, dienste, mynbou en toerisme in. Die verslag sê Namibië het 14 agtereenvolgende groeiperiodes beleef weens groot beleggings in die mynbou- en eksplorasie-sektore. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met…
21 May 8AM 1 min

Storms, wind looi KwaZulu-Natal

Gure weer het 'n provinsiewye rampreaksie in KwaZulu-Natal veroorsaak. Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, het spanne geaktiveer nadat donderstorms en skadelike wind vroeg vanoggend tot 'n vlak twee-weerwaarskuwing gelei het. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, sê rampspanne het ook 'n veldbrand naby Vryheid in…
21 May 8AM 1 min

Rubio verdedig vlugtelingstatus aan wit Afrikaners

Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het die Trump-administrasie se besluit om vlugtelingstatus aan wit Afrikaners toe te staan, verdedig. President Donald Trump beweer wit boere in Suid-Afrika loop deur onder volksmoord en verdien spesiale status. Dit ten spyte daarvan dat hy Amerika se vlugtelingsprogram in Januarie opgeskort…
21 May 6AM 1 min

Kenner skepties oor rob-produkte fabriek op Henties

Die Tender Bulletin berig dat belanghebbende partye by die omgewingministerie moet registreer as deel van die omgewingsklaringsproses vir die beplande rob-olie en rob-produkte aanleg op Hentiesbaai. Vigor Biotechnology wil volgens berigte 'n fabriek van meer as 250 miljoen Namibiese dollar vestig, met die doel om 'n langtermyn oplossing vir die…
21 May 6AM 1 min

LPM kies opposisie-eenheid bo tussenverkiesing

Die leier van die Landless People's Movement, Bernadus Swartbooi, het aangekondig dat die party nie aan die komende tussenverkiesings in Junie in vier streke gaan deelneem nie. Swartbooi sê die party gaan eerder fokus op die versterking van eenheid onder opposisiepartye.
21 May 6AM 1 min

Lynministerie reageer op Amupanda se korrupsie-bewerings

Reaksie word ontvang oor AR-leier Job Amupanda se sosiale media-bewerings oor korrupsie met malaria-tablette. Hy sê 'n ondersoekspan het tablette wat deur die Ngoma-grens gekom het onderskep. Volgens 'n verkrygingsbestelling kos een pakkie 580 Namibiese dollar, maar Amupanda beweer die regering het 1 500 per pakkie betaal. 'n Sogenaamde middelman…
21 May 6AM 1 min

Brandstofprys-komitee vergader eers volgende week

Die Sentrale Energiefonds in Suid-Afrika sê dieselpryse kan in Junie met tot 94-sent-per-liter daal, weens dalende wêreld-oliepryse en die rand wat sedert middel April met meer as tien-persent versterk het. Skommelinge in oliepryse en wisselkoerse sal die finale aanpassing beïnvloed. Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energieministerie.
21 May 6AM 1 min

Burgemeester verduidelik Walvisbaai-waterprobleme

Walvisbaai ondervind watertekorte wat die visbedryf ernstig beïnvloed. Verwerkingsaanlegte, soos Princess Brand Processing, meld dat hulle al twee weke lank nie genoeg water van die munisipaliteit ontvang nie, wat hul bedrywighede vertraag en finansiële verliese veroorsaak. Die munisipaliteit sê die probleem sal eers oor 60 dae opgelos wees. Kosmos 94.1…
21 May 5AM 1 min

Djokovic vertel van sy en Andy Murray se skeiding

Tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Novak Djokovic, is nie haastig om ʼn nuwe afrigter te kry voor die Franse Ope nie. Sy en nog 'n gewese nommer-een, Andy Murray, se paaie het onlangs geskei nadat hulle ses maande saamgewerk het. Die 24-malige Grand Slam-kampioen is ʼn promotorskeuse vir die Geneefse Ope,…
21 May 5AM 1 min

Vermiste Visrivier-canyon stapper veilig gevind

Die 63-jarige Suid-Afrikaner wat in die Visrivier-canyon vermis was, Jacobus Linteeze, is opgespoor en is veilig. Kharas se streekskoördineerder vir misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Nicodemus Mbango, sê hy is 'n goeie toestand. Linteeze was laas op 16 Mei gesien toe hy saam met 'n groep van 12 lede in die canyon gaan…
21 May 5AM 1 min

Elon Musk sê Starlink nie in SA toegelaat omdat hy wit is

Die miljardêr Elon Musk het Suid-Afrika se wette oor swart ekonomiese bemagtiging gekritiseer. Hy sê die Starlink-internetdiens word nie in die land toegelaat nie omdat hy wit is. Om in Suid-Afrika gebruik te word, moet Starlink netwerk- en dienslisensies kry, wat albei 30-persent eienaarskap deur voorheen benadeelde groepe vereis. Die…
21 May 4AM 1 min

Eletroniese afval word 'n bekommernis

Volgens die jongste nasionale e-afvalmonitor belemmer Namibië se beperkte kapasiteit om e-afval te monitor die vordering na 'n volhoubare, sirkulêre ekonomie. 'n Konsep nasionale beleid oor die bestuur van afval-elektriese en elektroniese toerusting is versoek. Die navorsing identifiseer uitdagings in e-afvalbestuur, soos 'n gebrek aan kwantifiseringsmetodologie en wetgewende prosesse. Kosmos…
21 May 4AM 1 min

VN sê kos vir Gaza nog nie versprei nie

Die Verenigde Nasies sê geen hulp is nog in Gaza versprei nie, ondanks vragmotors met onder meer meel, babakos, mediese toerusting en farmaseutiese medisyne, wat die grens begin oorsteek het. Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het Sondag die elf weke lange versperring opgehef, wat 'n basiese hoeveelheid voedsel toelaat om…
21 May 3AM 1 min

SA vorder met minerale-strategie, nuwe hulpbronnewet

Die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, het die Kabinet se goedkeuring van die kritieke minerale en metale-strategie aangekondig, asook die publikasie van die 2025 Wet op Minerale en Petroleum Hulpbronontwikkeling vir openbare kommentaar. Mantashe het op 'n nuuskonferensie gesê die strategie gee voorrang aan minerale soos platinum, mangaan…
21 May 3AM 1 min

Beroepsveiligheid 'sal sake-doeltreffendheid verbeter'

'n Twee-dae werkswinkel om die wetsontwerp op beroepsveiligheid en gesondheid te verfyn het in Windhoek afgeskop. Die wetsontwerp sal dien as die ruggraat van die land se pogings om veiliger werkplekke en gesonde kulture te bevorder, en almal verantwoordelik te hou vir hul rol in die bevordering van veiligheid in…
21 May 2AM 1 min

EU, CAF span saam om skolesokker te ontwikkel

Sokker: Die Europese Unie-kommissaris Jozef Sikela en die CAF-president Patrice Motsepe het 'n ooreenkoms van miljoene euro gesluit om die CAF Afrika-skolesokkerkampioenskap te verbeter. Die inisiatief is gemik op die ontwikkeling van jeugsokker regoor Afrika, met die Motsepe-stigting wat 179- miljoen Namibiese dollar in prysgeld bydra. Motsepe sê die vennootskap…
21 May 2AM 1 min

Afrika moet op blou ekonomie fokus vir ontwikkeling

Voormalige president Thabo Mbeki het Afrika-nasies versoek om die blou ekonomie voorrang te gee as 'n hoeksteen vir die ontwikkeling en herlewing van die vasteland. Mbeki het voor die 15de Jaarlikse Thabo Mbeki Afrika-dag-lesing in Dar es Salaam, Tanzanië, die transformerende potensiaal van Afrika se oseane-ekonomie beklemtoon. Hy beklemtoon die…
21 May 1AM 1 min
540 – 560