Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
600 – 620

Johannesburg stort ineen, G20-beraad kom in November

Die DA het alarm gemaak oor die voortgesette ineenstorting van die Stad Johannesburg en waarsku daar is min verbeterings aangebring voor die G20-beraad in November. Die party sê inwoners worstel steeds met droë krane, gevaarlike strate en mislukte infrastruktuur, sonder sigbare bewyse van die sogenaamde “bomb squad” en die presidensiële…
31 Jul 11PM 1 min

VSA-gesant Witkoff besoek Gaza vandag

Gaza se Hamas-bestuurde gesondheidministerie sê 91 mense is Donderdag vermoor terwyl hulle voedselhulp probeer kry het en twee mense is aan wanvoeding dood. Intussen het die Withuis aangekondig dat Amerikaanse president Donald Trump se spesiale gesant vir die Midde Ooste, Steve Witkoff, vandag na Gaza sal gaan om die hulpverspreidingsterreine…
31 Jul 11PM 1 min

'Please call me'-skepper soek steeds R9,4 miljard by Vodacom

Die skepper van “Please Call Me”, Nkosana Makate, sê hy is vol vertroue die Appèlhof sal Vodacom dwing om hom 9,4-miljard Suid-Afrikaanse rand se vergoeding te betaal. Makate het Vodacom se vroeëre aanbod van 47-miljoen-rand verwerp. Die Konstitusionele Hof het Vodacom nou verlof tot appèl toegestaan en kritiseer die Appèlhof…
31 Jul 11AM 1 min

Toestande in Gaza net lyding vir kinders: Unicef

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef, sê humanitêre toestande in Gaza bly ʼn katastrofe, met kinders wat honger ly, oorwerkte hulpwerkers en skaars brandstof- en watervoorraad. 'n Half-miljoen mense, byna ʼn kwart van die bevolking, beleef toestande soortgelyk aan hongersnood terwyl die res ook swaarkry. Die Israelse Weermag het glo…
31 Jul 11AM 1 min

Moenie Goreangab-dam vis eet nie, dis gevaarlik

Die ministerie van visserye het sy stem by dié van die Windhoekse munisipaliteit gevoeg en waarsku inwoners om nie vis in die Goreangab-dam te vang om te eet nie. Volgens die ministerie word vis wat in die dam gevang word selfs verkoop. Afvalwater van omliggende nywerheids- en woongebiede vloei in…
31 Jul 10AM 1 min

Angola brandstofprysstyging 'gaan nie ngungula-smokkel keer'

Reaksie word ontvang op die verwydering van subsidies op die brandstofprys in Angola. Dit het na geweld in die buurland gelei na die prys op 1 Julie met meer as 30 persent gestyg het en 22 mense is dood. Maar die prys, 7 Namibiese dollar 72 sent per liter is…
31 Jul 10AM 1 min

Strategie vir kapitaalmark-uitbreiding uitstekende idee: ekonoom

Namibië mik daarna om sy kapitaalmarkte uit te brei deur 'n 10-jaar strategie wat nuwe beleggingsinstrumente wil bekendstel, notering op die aandelemark verhoog en finansiële infrastruktuur moderniseer. Die plan, gelei deur Namfisa en die Bank van Namibië, teiken onder andere 'n 70 persent toename in geregistreerde beleggers en om gelysde…
31 Jul 10AM 1 min

SA Reserwebank verlaag terugkoopkoers na 7%

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers van môre af tot sewe-persent verlaag, net ure voor Amerikaanse president Donald Trump se verwagte aankondiging van 'n tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het verswakkende sake- en verbruikersvertroue met inflasie op drie-persent as redes aangegee. Alhoewel…
31 Jul 10AM 1 min

COPE woedend oor 3 psigiatriese pasiënte wat glo verkluim

Die Congress of the People het 'n insident in die gesondheids-ombud se verslag veroordeel, wat aandui dat drie psigiatriese pasiënte dood is na 'n jaarlange kragonderbreking by 'n fasiliteit, met sommige pasiënte wat na bewering verkluim het. Pakes Dikgetsi van COPE blameer verwaarlosing, korrupsie en mislukte leierskap vir die tragedie…
31 Jul 9AM 1 min

Afrika moet met homself handel dryf

Die Afrika-kontinentale Vryhandelsgebied kan help om handel uit te brei en ontluikende ekonomieë teen globale onsekerheid te beskerm. Die streeks-koördinerings- en programdirekteur, Tsotetsi Makong, het op die Handel- en Nywerheidsbeleid-strategieforum verwys na die 3,6-miljard Namibiese dollar se verlies wat Lesotho as gevolg van die Amerikaanse invoertariewe van 50-persent gely het…
31 Jul 9AM 1 min

Keetmanshoop skryf N$75 miljoen se skuld af

Die Keetmanshoop Munisipaliteit het 75 miljoen Namibiese dollar se skuld van meer as 600 senior burgers, werkloses en mense met gestremdhede afgeskryf. Monica Imene, die munisipaliteit se woordvoerder, sê die inisiatief het gevolg op 'n openbare oproep vir sulke aansoeke in Mei en Junie. Die meeste aansoekers het aan die…
31 Jul 8AM 1 min

Gaza-oorlog wanbestuur, met geen plan: kenners

Die oorlog in Gaza is volgens kenners totaal en al wanbestuur met geen duidelike plan verby die eintlike aanvalle en vyandighede nie. Anshell Pfeffer, ‘n joernalis vir The Economist gesetel in Israel, het met Britse media gepraat.
31 Jul 8AM 1 min

Tariewe word as wapens gebruik

Vier groot federasies, Cosatu, Saftu, Fedusa en Nactu, sê die Trump-era se handelsoorlog ontbloot die gevolge van tariewe wat as wapens gebruik word. Suid-Afrika is een van talle lande wat hoë Amerikaanse tariewe verwag terwyl dié land sy eie vervaardigers en arbeidsmag probeer beskerm. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die antwoord…
31 Jul 6AM 1 min

Lesotho waar Trump se gholfhemde gemaak word, steier onder tariewe

Lesotho, waar Amerikaanse president Donald Trump se gholfhemde gemaak word al het hy gesê niemand het al van die land gehoor nie, steier onder Amerikaanse hulpbesnoeiings en tariewe op uitvoere. Die regering het reeds 'n noodtoestand oor werkloosheid verklaar na duisende tekstiel- en fabriekswerkers ontslaan moes word. Sky News se…
31 Jul 6AM 1 min

Drankmisbruik is nie net gesondheidskwessie nie, dis ook menseregte

Namibië sukkel om alkoholregulasies af te dwing, wat lei tot wydverspreide toegang, skadelike drinkgewoontes en ernstige gesondheidsrisiko's, volgens 'n nuwe WGO-verslag. Die land se alkoholverbruik staan op 12 liter per capita jaarliks, heelwat bo wêreldgemiddeldes. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Ingrid Husselmann, die hoof van die Kantoor van…
31 Jul 6AM 1 min

Hoe lyk Augustus se brandstofprys?

Namibiërs hou asem op voordat die brandstofpryse vir Augustus aangekondig word, met moontlike impakte op inflasie, vervoerkoste en algehele lewenskoste. Met wêreldwye olietendense en wisselkoerse wat 'n rol speel, is niks seker op hierdie stadium nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat.
31 Jul 6AM 1 min

Voëlgriep in Botswana teen Zambezi-grens wek kommer

'n Uitbreking van voëlgriep is bevestig by hoenders in Botswana se Chobe-distrik, wat grens aan Namibië se Zambezi-streek. Die hoogs aansteeklike virus affekteer mak en wilde voëls en kan versprei na mense en ander soogdiere. Boere moet verseker dat voëls getoets word en van geldige permitte beskik vir invoere. Kosmos…
31 Jul 6AM 1 min

Mpofu looi Ramaphosa in die hof

Die voormalige president, Jacob Zuma, se prokureur Dali Mpofu, sê Cyril Ramaphosa het ministers bevorder wat in die bevindinge van die Staatskapingkommissie geïmpliseer was. Die Konstitusionele Hof het uitspraak voorbehou in die MK-party se saak waarin Ramaphosa se besluit uitgedaag word om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale…
31 Jul 5AM 1 min
600 – 620