Die voormalige president, Jacob Zuma, se prokureur Dali Mpofu, sê Cyril Ramaphosa het ministers bevorder wat in die bevindinge van die Staatskapingkommissie geïmpliseer was. Die Konstitusionele Hof het uitspraak voorbehou in die MK-party se saak waarin Ramaphosa se besluit uitgedaag word om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale…
Amerika sal 25 persent tariewe hef op goedere wat uit Indië ingevoer word, plus 'n ongespesifiseerde boete vir die koop van Russiese olie en wapens, het president Donald Trump aangekondig. Hy het op Truth Social gesê die maatreëls sal op 1 Augustus in werking tree. Trump het later by die…
Britse premier Keir Starmer se aankondiging dat die land 'n Palestynse staat sal erken tensy Israel die humanitêre nagmerrie in Gaza beëindig is steeds in die nuus. Sy Labour-party se baronnes Thangam Debbonaire het aan SkyNews gesê die party betoog al lank vir 'n twee-staat oplossing. Sy sê daar moet…
Die DA sê die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, se voorstel dat die heroorweging van handelsverhoudinge met Amerika onafwendbaar is, is kommerwekkend. Suid-Afrika se handelspan wend ʼn laaste poging aan voor môre se sperdatum waarop tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere na dié land ingestel word. Toby…
Die Namibiese tak van die African Patient Organization Connect, Apoc, is in Windhoek geloods om pasiëntvoorspraak en gesondheidsorghervorming in Suider-Afrika te versterk. Die gesondheidministerie het die belangrikheid van pasiënte se stemme in die vorming van gesondheidstelsels beklemtoon, met Apoc wat daarop gemik is om pasiëntgeleide verandering regoor die streek te…
Die EFF het die Wysigingswetsontwerp op Eskom-skuldverligting verwerp en sê die huidige skuldverligtingsbenadering gee voorkeur aan uitleners eerder as gewone Suid-Afrikaners. Die wetgewing wat gister in die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar is, pas Eskom se skuldverligtingstoekenning vir die 2025/2026-boekjaar aan van 40 miljard Suid-Afrikaanse rand tot 80,2 miljard rand…
Tydens sy streeksrede het die goewerneur van Omusati, Immanuel Shikongo, die vordering wat deur die landbouministerie uitgelig. Hy sêg dat altesaam 14 boorgate geboor is. Hiervan is nege met sonpompe toegerus. Daarbenewens is agt boorgate in Ruacana, Okahao en Onesi gerehabiliteer deur 'n vennootskap met die Gemeenskapsbewaringsfonds.
President Cyril Ramaphosa se prokureur, Kate Hofmeyr, sê die MK-party-saak rakende die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se spesiale verlof moes in die Hooggeregshof gewees het, nie die Konstitusionele Hof nie. Mchunu is op verlof geplaas ná die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi se bewerings van politieke inmenging. Hofmeyr het aan…
Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal in September by die Verenigde Nasies se 80ste Algemene Vergadering die staat Palestina amptelik erken. Dis die derde G7-land wat die aankondiging maak op die hakke van Frankryk en die Verenigde Koninkryk. Carney sê Kanada is lank reeds verbind tot…
Cosatu doen 'n beroep op die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om die repokoers met ten minste 25 basispunte tydens sy vergadering vandag te verlaag. Die meeste ekonome voorspel 'n repokoersverlaging as gevolg van inflasie wat bestendig bly. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê alhoewel die inflasiekoers effens gestyg het,…
Twee kouefronte beweeg vandag in oor die Wes-Kaap, en temperature gaan in die suide van Namibië daal. Teen Vrydag word vriespunt plek-plek verwag. Die koue bereik die sentrale dele ook teen Vrydag. Kosmos 94.1 Nuus het met Odillo Kgobetsi van die Windhoek Weerkantoor gepraat vir 'n volledige voorspelling.
Die onseker tariefonderhandelinge tussen Suid-Afrika en Amerika kan beduidende domino-effekte vir Namibië hê. Dit kan ook streekshandelsvloei ontwrig, beleggersvertroue verswak en druk plaas op sleutelsektore wat aan beide markte gekoppel is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Roelof Botha, 'n finansiële adviseur by Optimum Group, wat sê die hele…
Namibië het die wêreld se grootste privaat swartrenoster-reservaat bekendgestel, 'n groot hupstoot vir die beskerming van bedreigde spesies. Die vennootskap tussen Gondwana Collection Namibia, Elephants, Rhino and People Namibia, of te wel ERP, en die omgewingministerie het ten doel om swartrenosters en ander kwesbare spesies weer in hul historiese verspreidingsgebied…
Die MK-party sê burgers is moeg vir duur kommissies van ondersoek wat geen betekenisvolle uitkomste lewer nie en vertroue in die regering skend. Dit volg nadat die Madlanga-kommissie gestig is om bewerings te ondersoek wat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi geopper het oor misdaad, politieke inmenging en korrupsie binne die…
Amerika se Federale Reserwe het rentekoerse weer onveranderd gehou, ondanks druk van president Donald Trump om dit te verlaag. Die besluit, wat algemeen verwag is, het die sentrale bank se belangrikste uitleenkoers op tussen 4,25 persent en 4,5 persent gehou. In 'n ongewone verdeeldheid het twee lede van die raad…
Die G20 se Energie-oordrags-werkgroep in Sun City, Noordwes, is aangespoor om klimaatbefondsing te vermeerder om die energiekrisis te beëindig. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, bepleit dat beloftes verander na gekoördineerde beleggings. Hy vra ook befondsing van transmissie, verspreiding en buigsame opwekking, sowel as ondersteuning vir klein, medium…
Die Trump-administrasie het 'n plan aangekondig om 'n landmerk-bevinding dat kweekhuisgasse skadelik is vir die omgewing, af te skaf. Dit sal die federale regering se vermoë om klimaatsverandering te bekamp, erg aan bande lê. Die 2009-bevel van destydse president Barack Obama, wat bekend staan as die "Bedreigingsbevinding", het die Amerikaanse…
Inwoners van Okahandja beplan 'n protesaksie more om nege-uur oor swak dienslewering en klagtes wat nie aangespreek word nie. Hulle is veral ontsteld oor die verskuiwing na gebiede sonder toegang tot water of elektrisiteit. Hulle spreek ook sterk teenkanting uit teen die teenwoordigheid van RedForce en sê dat hulle nie…
Die T20 Franchise Cricket-toernooi, aangebied by die nuwe FNB-krieketgronde, begin op 1 Augustus. Die top-mansspelers is in vier spanne ingedeel vir die reeks. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië gesels.
30 Jul 11AM
1 min
620 – 640
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.