
SME's 'moet hul huis in orde kry vir finaniering'
Loading player...
SMEs Compete doen 'n beroep op eienaars van kleinbesigheide om groter verantwoordelikheid te aanvaar om te verseker dat hul ondernemings professioneel bestuur en geposisioneer word om finansiering te bekom. Direkteur Danny Meyer sê daar is te veel heen-en-weer-kommunikasie tussen kleinsakeondernemings en finansiers. Hy sê leners wys op swak bestuur, terwyl kleinbesigheid-eienaars aanvoer dat hulle oor die hoof gesien word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

