Die Trump-administrasie het 'n plan aangekondig om 'n landmerk-bevinding dat kweekhuisgasse skadelik is vir die omgewing, af te skaf. Dit sal die federale regering se vermoë om klimaatsverandering te bekamp, erg aan bande lê. Die 2009-bevel van destydse president Barack Obama, wat bekend staan as die "Bedreigingsbevinding", het die Amerikaanse…
Inwoners van Okahandja beplan 'n protesaksie more om nege-uur oor swak dienslewering en klagtes wat nie aangespreek word nie. Hulle is veral ontsteld oor die verskuiwing na gebiede sonder toegang tot water of elektrisiteit. Hulle spreek ook sterk teenkanting uit teen die teenwoordigheid van RedForce en sê dat hulle nie…
Die T20 Franchise Cricket-toernooi, aangebied by die nuwe FNB-krieketgronde, begin op 1 Augustus. Die top-mansspelers is in vier spanne ingedeel vir die reeks. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië gesels.
Seekoei-getalle neem af in die Kavango-streke en nog ‘n vermeende stroperyvoorval het naby Shamvura-kamp voorgekom. Ten spyte van verskeie ooggetuies, insluitend Namibiese burgers en Suid-Afrikaanse toeriste, en berigte van gesteelde vleis van die karkas, sê gefrustreerde natuurbewaarders dat owerhede min doen terwyl die beskermde spesie steeds uit die streek verdwyn…
Nsfaf het gereageer op berigte dat ‘n lener sê dat hy geswartlys is sonder om verwittig te word en na hy navraag gedoen het by Nsfaf om sy lening terug te betaal. Hy sê hy is ingelig dat sy lening opgespoor moet word. Die fonds het aangekondig dat hy wanbetalers…
Die Suid-Afrikaanse Rietsuikerprodusente-vereniging sê die suikernywerheid kan vanjaar na 'n beter oes uitsien, met 'n verwagte opbrengs van 18-miljoen-ton suikerriet wat 'n verbetering is van die 16-miljoen-ton van verlede jaar. Die organisasie waarsku egter dat die nywerheid steeds kwesbaar is met die vertragings in die verhoging van invoertariewe en 'n…
Shane Tamura, wat Maandag vier mense doodgeskiet het in 'n wolkekrabber in New York, het 'n nota gelaat wat die Nasionale Voetballiga, die NFL, die skuld gee vir 'n breinbesering. Maar, Tamura het nooit professioneel gespeel nie en het nie so besering gehad nie. Die 27-jarige van Las Vegas het…
Die Johannesburgse Metropolisie sê drie verdagtes wat betrokke was by 'n video wat op sosiale media versprei is, is in hegtenis geneem. Die video wys 'n jong seun wat dwelms in 'n bottelnek vir sy ma aansteek, wat hom toe aanmoedig om dit te rook in die teenwoordigheid van ander…
Russiese owerhede het 'n noodtoestand in die noordelike Koeril-eilande afgekondig na die tsoenami wat veroorsaak is deur die massiewe aardbewing van 8,8 naby die Kamtsjatka-skiereiland. Die aardbewing het tot tsoenami-waarskuwings en ontruimings in kusgebiede aan die Stille Oseaan gelei, insluitend in die Filippyne, Indonesië en Japan. 'n Tsoenami-waarskuwing is vir…
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola het bevestig dat Suid-Afrika dringende wêreldwye optrede ondersteun vir 'n twee-staat oplossing vir Palestina en Israel. Lamola het by 'n Verenigde Nasies-vergadering in New York die vernietiging van Gaza veroordeel en gevra vir erkenning van Palestina se staatskap. Lamola sê vrede…
Twee uit drie hongersnood-drumpels is in Gaza bereik wat lei tot laer voedselverbruik en erge wanvoeding. Dit is volgens die jongste Geïntegreerde Voedselsekerheid-faseklassifisering wat deur die Verenigde Nasies ondersteun word. Volgens die IPC is minstens 16 kinders jonger as vyf sedert middel-Julie in Gaza aan hongerverwante oorsake dood. Ross Smith…
Namfisa het konsultasies oor sy Agri-Indeks Versekering-padkaart gefinaliseer en sal dit nou aan die kabinet voorlê vir goedkeuring. Die plan, wat met die ondersteuning van die Wêreldbank ontwikkel is, verbeter landbou-veerkragtigheid en ondersteun nasionale ramprisikobestuursdoelwitte. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond, bestuurder van korporatiewe kommunikasie en verbruikersopvoeding by Namfisa…
Namibië staar 'n stille nasionale krisis in die gesig namate selfmoorde onder mans teen 'n kommerwekkende tempo bly styg, wat diepgewortelde geestesgesondheidsprobleme en maatskaplike druk blootlê. Kosmos 94.1 Nuus het met die sielkundige Shaun Whittaker gepraat wat sê ons moet geestesgesondheid gesprekke onder mans normaliseer.
'n Amptenaar van die Roads Contractor Company het laat opgedaag vir 'n geskeduleerde vergadering met die vervoerminister, Veikko Nekundi. Nekundu het baie warm onder die kraag geraak en sy frustrasie met die gebrek aan dringendheid en professionaliteit uitgewys. Dit sê hy, op 'n tydstip wanneer daar van die maatskappy verwag…
Die direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Zane Dangor, sê dit is nie 'n uitgemaakte saak dat Suid-Afrika teen Vrydag 'n gunstige handelsooreenkoms met Amerika sal sluit nie. Dangor het tydens 'n lesing voor die Kgalema Motlanthe Stigting in Sandton gewaarsku dat eise oor binnelandse beleide soos swart ekonomiese bemagtiging…
Britse eerste minister Keir Starmer het aangekondig dat die land 'n Palestynse staat sal erken by die Verenigde Nasies se algemene vergadering in September, tensy Israel beduidende stappe doen om die verskriklike situasie in Gaza te beëindig. Die regering moet ook 'n wapenstilstand aanvaar, geen grond beset in die Wesoewer…
Die finansministerie het aangekondig dat NamPost vanaf 1 Oktober 2025 die landwye kontantverspreiding van maatskaplike toelaes sal hanteer. Dit is daarop gemik om doeltreffendheid en toegang te verbeter. Begunstigdes word versoek om streekvergaderings by te woon vir meer besonderhede. Verdere opdaterings sal via media en gemeenskapskanale gedeel word. Kosmos 94.1…
Die DA sê spesialis-skole in Gauteng, wat onderrig moet gee in hoëtegnologie-vakke soos lugvaart en kernwetenskap, is nie aan die internet gekoppel nie. Die LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, het bevestig nie een van die skole is gekoppel aan die provinsiale breëbandnetwerk nie. Die DA-lid, Michael Waters, sê dit is…
Suid-Afrika se bevolking is halfpad deur die jaar op 63-miljoen met net meer as 51-persent wat vroue is. Gauteng bly die provinsie met die grootste bevolkte met meer as 16-miljoen inwoners, gevolg deur KwaZulu-Natal met 12-miljoen, terwyl daar een-miljoen mense in die Noord-Kaap is. Gauteng en die Wes-Kaap is die…
Nored het 50 nuwe huise wat deur die Shack Dwellers-federasie in Bukalo in die Zambezi-streek gebou is, geëlektrifiseer as deel van 'n tweefaseprojek. Die regering teiken 70 persent elektrisiteitsvoorsiening teen 2030 met 200 000 wonings wat gekoppel moet word. Projekbeampte Kamokamwe Angusto het aangekondig dat die Bukalo-dorpsraad 'n bykomende 500…
30 Jul 3AM
1 min
640 – 660
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.