Die DA sê spesialis-skole in Gauteng, wat onderrig moet gee in hoëtegnologie-vakke soos lugvaart en kernwetenskap, is nie aan die internet gekoppel nie. Die LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, het bevestig nie een van die skole is gekoppel aan die provinsiale breëbandnetwerk nie. Die DA-lid, Michael Waters, sê dit is…
Suid-Afrika se bevolking is halfpad deur die jaar op 63-miljoen met net meer as 51-persent wat vroue is. Gauteng bly die provinsie met die grootste bevolkte met meer as 16-miljoen inwoners, gevolg deur KwaZulu-Natal met 12-miljoen, terwyl daar een-miljoen mense in die Noord-Kaap is. Gauteng en die Wes-Kaap is die…
Nored het 50 nuwe huise wat deur die Shack Dwellers-federasie in Bukalo in die Zambezi-streek gebou is, geëlektrifiseer as deel van 'n tweefaseprojek. Die regering teiken 70 persent elektrisiteitsvoorsiening teen 2030 met 200 000 wonings wat gekoppel moet word. Projekbeampte Kamokamwe Angusto het aangekondig dat die Bukalo-dorpsraad 'n bykomende 500…
Voormalige president Kgalema Motlanthe sê Afrika moet sy jeug toerus met die nuutste digitale vaardighede om ingewikkelde probleme op te los en die land vorentoe te dryf. Hy het tydens die stigting se beraad in Sandton beklemtoon hoe noodsaaklik dit is om weg te beweeg van 'n slagoffer-ingesteldheid en lesse…
Jeffrey Epstein se eks-meisie, Ghislaine Maxwell, het aangebied om voor die Kongres te getuig, maar het wetgewers gevra om haar immuniteit te gee, volgens 'n lys van eise wat deur haar prokureurs aan die Huis toesighoudende komitee gestuur is. As daar nie aan die eise voldoen kan word nie, het…
Die Britse eerste minister Keir Starmer sê die Verenigde Koninkryk sal Palestina in September as ʼn staat erken tensy Israel stappe doen om die situasie in Gaza te beëindig en ʼn skietstilstand bereik. Ongeveer 140 lande erken amptelik ʼn Palestynse staat en verlede week het Frankryk beloof om in September…
The DA het die voorsorgskorsing van die hoofbedryfsbeampte en hoof van Korporatiewe Dienste van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde verwelkom. Toby Chance van die DA sê die skorsing van Lungelo Ntobongwana en Lizo Makele kom slegs dae voor die voorlegging van die verslag wat deur die minister van Handel, Nywerheid…
Reaksie word ontvang op die uitvoerende hoof van TotalEnergies, Patrick Pouyanne, wat sê dat "kwessies" met die regering uitgestryk moet word voordat hy met die Venus-olieprojek begin. Pouyanne sê die maatskappy en die regering moet belyn om geskille te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die direkteur…
Taxibestuurders vra weer vir 'n tariefverhoging van 13 Namibiese dollar tot 15 dollar, weens stygende brandstof- en onderhoudskoste. Hulle vra vervoerminister Veikko Nekundi om op te tree. Kosmos 94.1 Nuus het met die lynministerie se woordvoerder Julius Ngweda gepraat.
Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig dat twee verdagtes in die voortgesette Namcor-korrupsiesaak vandag in die hof sal verskyn. Die woordvoerder, Josephine Nghituwamata, het ook aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle hard op soek is na Victor Malima wat ook met die saak verbind is maar, uit die land gevlug het.
Die saak teen die Gautengse vrou Tiffany Meek, wat beskuldig word van moord op haar 11-jarige-seun, Jaden-Lee, is tot 17 September uitgestel. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phindi Mjonondwane, het buite die Landdroshof in Roodepoort gesê hulle verwelkom die besluit om Meek borgtog te weier. Sy word ook aangekla…
Die DA in Gauteng is bekommerd omdat 7 743 pasiënte verlede jaar hospitaalverworwe besmettings opgedoen het, insluitend talle antibiotika-weerstandige toestande wat moeilik behandelbaar en lewensgevaarlik kan wees. Dié toestand ontwikkel tydens 'n pasiënt se verblyf in 'n hospitaal. Jack Bloom van die DA sê die Gautengse Gesondheidsdepartement skryf die situasie…
Amerikaanse president Donald Trump het sy familie se nuutste luukse gholfbaan in Aberdeenshire, Skotland amptelik geopen. Dit kom na hy die week samesprekings met Britse eerste minister Keir Starmer gehou het by een van sy ander gholf-oorde in Skotland. Dit is die laaste dag van sy vyf-dag lange besoek en…
'n Nuwe vennootskap tussen die VN se Voedsel- en Landbouorganisasie en die SAOG se parlementêre forum sal LP’s toerus met die nodige tegniese vaardighede en inligting wat hulle nodig het om gewaagde streeksbeloftes in werklike, ter plaatse projekte regoor Suider-Afrika te omskep. Die LPM-parlementslid Utaara Mootu, ook ‘n lid van…
Die oud-weermaghoof, generaal Martin Shalli sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is kommerwekkend dat Namibië en Angola uitgesonder is in die Africom-verslag. Dit kom na die adjunkbevelvoerder van die Amerikaanse Afrika-bevel of Africom, luitenant-generaal John Brennan, sê daar is ISIS-selle groepe wat aan die periferie van beide Namibië en Angola…
Regsman Kadhila Amoomo sê hy sal nie die saak van pensioenarisse wat ingeloop is by NamPost laat vaar voor hy nie ‘n gunstige uitkoms kry nie. NamPost het intussen gesê hy het ‘n dringende ondersoek gelas en kyk ook na die moontlike byvoeging van onwettige begunstigdes, saam met onreëlmatige aftrekkings…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die Israels-Palestynse konflik het breekpunt bereik en is op pad na ʼn eenstaat-werklikheid gekenmerk deur besetting en ongelykheid. Hy het gepraat op die hoëvlak-konferensie oor die vreedsame skikking van die Palestynse vraagstuk en die instelling van ʼn tweestaat-oplossing. Guterres sê ʼn regverdige…
Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle het geweet hul poging om hul Afrikabeker-vrouetoernooi-titel te verdedig, sou moeilik wees. Die span het gisteraand in Suid-Afrika aangekom. Hulle het vierde gekom in Marokko nadat hulle met drie strafdoele teen vier teen Ghana verloor het in die wedstryd om die…
29 Jul 9AM
1 min
660 – 680
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.