Die Namibiese Landbou-unie sê dat al hoe meer boere in landelike gebiede hommeltuie gewaar, veral in die nag. NamPol en die Burgerlugvaartowerheid is in kennis gestel. ‘n Beroep word op boere gedoen om foto’s te neem en ‘n beëdigde verklaring af te lê. Daar is meer op die unie se…
President Cyril Ramaphosa vertrek vandag na die VSA om gespanne verhoudings te herstel en bewerings van 'n Afrikaner-volksmoord in Suid-Afrika te bestry. Ramaphosa het tydens die induksie van die ANC in die Noord-Kaap se Provinsiale Uitvoerende Komitee gesê hy sal die bewerings ferm verwerp en noem dit disinformasie wat gebruik…
AfriForum sê die pas-aangekondigde vennootskap tussen die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en Mangaung se Verkeersdepartement in die Vrystaat hou die risiko in om burgerlike wetstoepassing te militariseer. Die organisasie waarsku dat militêre opleiding vir verkeersbeamptes die publiek se vertroue kan ondermyn en wetstoepassing kan wegskuif van 'n gemeenskapsgebaseerde benadering. Jacques Broodryk…
Eskom het herklemtoon dat die kragnetwerk steeds beperk is, ten spyte van 'n meer bestendige kragstelsel en beurtkrag wat opgeskort is. Eskom-woordvoerder Daphne Mokoena sê meer as 2 600 megawatt sal teen Maandagaand weer in gebruik wees om in die winteraanvraag te voorsien. Onbeplande onderbrekings is op veillige vlakke op…
Die Durbanse Hooggeregshof het Teneil Ursula Kok tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op haar driejarige dogter, Fadillah Chantal Kok, in Mei 2022. Die hof het mishandeling in haar verlede en geestesgesondheids-probleme as versagtende faktore beskou. Die NVG se woordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, sê regter Jacqueline Henriques het beveel…
Die Teenkorrupsiekommissie is 116 miljoen Namibiese dollar toegewys in die 2025-begroting, waarvan 103 miljoen dollar gaan aan bedryfsuitgawes. Die kommissie sê die bedrag is nie genoeg om die nodige ondersoekers aan te stel nie, waarvan heelwat vertrek het na beter-betalende geleenthede. Sonder genoeg ondersoekers kan dit nie korrupsie doeltreffend beveg…
Die DA-leier John Steenhuisen het Afrikaners wat na die VSA onder 'n vlugtelingprogram geëmigreer het, gekritiseer en noem dit 'n slegte keuse. Steenhuisen sê die VSA se besluit om vlugtelingstatus aan 49 Afrikaners uit Suid-Afrika toe te ken, is gegrond op verkeerde inligting, aangesien hulle nie aan die definisie van…
AfriForum se dokumentêr, Is Trump right about South Africa? is al meer as 30 miljoen keer gesien nadat Elon Musk dit op X gedeel en Suid-Afrika se rassewette as ’n skandelike verleentheid beskryf het. Die dokumentêr kritiseer die regering se diskriminerende beleid en bespreek oor rassewette, plaasmoorde en grondonteiening. Ernst…
Die tien finaliste vir vanjaar se Mej. Namibië-kroon word vanaand by Droombos in Windhoek aangewys. In die finale rondte word deelnemers op hul skoonheid, talent en gemeenskapsfokus beoordeel. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.com en alle Model Pick & Pay-takke landwyd. Die geleentheid word deur Debmarine Namibia gebord. Kosmos 94.1 Nuus…
Die parlement se komitee vir justisie en grondwetlike sake het die Nasionale Vervolgingsgesag ondervra oor die hantering van die saak teen die Nigeriese tele-evangelis Timothy Omotoso. Die komitee is bekommerd omdat hy en sy medebeskuldigdes onskuldig bevind is op 32 aanklagte, insluitend verkragting en mensehandel, ná 'n verhoor wat jare…
Die polisie in KwaZulu-Natal-polisie het met 'n soektog begin nadat agt mense gisteraand in die Zama-informele nedersetting in Umlazi se U-afdeling doodgeskiet is. Polisiewoordvoerder Robert Netshiunda sê die slagoffers, ses mans en twee vroue tussen 22 en 40 jaar oud, is met veelvuldige skietwonde gevind. Netshiunda sê onbekende verdagtes het…
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het die naweek ‘n tweede Red Saturday-geleentheid. Windhoek, Oshakati en Walvisbaai kom aan die beurt om meer as 250 eenhede bloed in te samel voor die openbare vakansiedae op 26, 28 en 29 Mei. Bloedskenkings in Windhoek kan van nege tot twee by Grove Mall en Wernhil…
Namibië se Drikus Coetzee het vanjaar se Munga Grit Le Dur in die Namib gewen. Coetzee het dié solo-bergfietsuitdaging wat Vrydagoggend in die Khomas Hochland weggespring het, net ná middernag voltooi. Die Grit Le Dur, losweg vertaal as Die Taai Ene, is die langste bergfietswedren in Namibië en strek oor…
Buiten vir drankmoles, het Copps 94.1 ‘n rustige Vrydagaand in die hoofstad beleef. Francois Lottering was, soos altyd, op sy pos en doen verslag van die toneel:
Die goeie reënseisoen bring ‘n groter brandgevaar mee, aangesien daar vanjaar ’n oorvloed brandbare materiaal is. Die Namibiese Landbou-unie doen 'n beroep op boere om nou al te begin met brandvoorkomingsmaatreëls. Die unie herinner boere daaraan dat elke gebied uniek is en dat nie alle aanbevelings vir elke plaas of…
Rugby: Die 27-jarige slot Anathi Qolo sal die Springbok-vroue na Madagaskar lei, waar hulle volgende maand hulle Rugby Afrika-vrouebeker-titel verdedig. Die drie toetse sal onderskeidelik op 7, 11 en 15 Junie teen Uganda, Kenia en die gasvroue gespeel word op die Stade Makis in Antananarivo. Die Springbok-vroue se prestasie-afrigter, Swys…
Windhoek Gimnasium se skoolradiostasie, Red Aloe Radio, het vandag sy eerste uitsending aangebied. Die stasie is 'n produk van samewerking tussen die skool en die Vereniging van Uitsaai Veterane, wat 10 leerders as omroepers opgelei het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kolie van Coller, die sameroeper en een van…
Gholf: Jhonattan Vegas van Venezuela het sewe onder 64 aangeteken in die eerste ronde van die Amerikaanse PGA-kampioenskap in Noord-Carolina - twee houe voor die Amerikaner Ryan Gerard en die Australiër Cam Davis. Die Meesterskampioen, Rory McIlroy van Noord-Ierland, het foute begaan en is tien houe agter die voorloper. Die…
Dit is vandag die Internasionale Dag van die Seunskind. Meisies ontvang normaalweg baie meer aandag maar, wanneer seuns se uitdagings aangespreek word, verbeter gemeenskappe en veiligheid, en word bande versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike veteraan Rosa Namises gepraat.
Landbouminister Inge Zaamwani het in die parlement aangekondig dat ’n puntestelsel ingestel is om die prestasie van die visserysektor te meet. Die doel is om seker te maak dat viskwotas en die voordele daarvan gemeenskappe bereik. Sy het beklemtoon dat kwesbare mense dikwels uitgebuit word en het ’n deeglike hersiening…
16 May 10AM
1 min
680 – 700
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.