Unam se gemeenskapsbetrokkenheidsprogram, Unam Cares, het internasionale erkenning van die Wereld Voedsel- en Landbou-organisasie ontvang vir sy bydrae tot "One Health" of Een Gesondheid in landbouvoedselstelsels. Die programhoof, professor Rachel Freeman, sê die erkenning beklemtoon inisiatiewe wat praktiese, innoverende en volhoubare benaderings tot gesonder en meer veerkragtige gemeenskappe toon:
President Donald Trump van Amerika ontken berigte dat hy aangebied het om sommige sanksies teen Iran op te hef en fondse vry te stel in ruil vir toegewings oor kernkrag. Amerikaanse en Iranse amptenare het gister afsonderlik met bemiddelaars beraadslaag in ʼn hernude poging om die sewe maande lange vyandelikhede…
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku ʼn groot kuberaanval kan die volgende ernstige wêreldwye finansiële krisis veroorsaak. Hy het gister in Johannesburg die hoofrede oor Afrika en geopolitiek gelewer by die derde forum van die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection. Kganyago sê toenemende wanorde wêreldwyd, aangedryf deur…
Die polisie in Gauteng sê 'n man wat verdink word van die moord op 'n 23-jarige vrou gisteroggend in Tembisa, is dood aangetref in sy voertuig in Midrand. Boitumelo Gift Mashita is tydens 'n beweerde rooftog doodgeskiet, terwyl sy op pad werk toe was. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die man…
Landboukundige Wallie Roux waarsku teen paniek-vleisaankope deur die publiek, wat gelei het tot 'n tekort aan rooivleis by kruidenierswinkels en slaghuise reg oor die land ná die bek-en-klouseer uitbreking. Roux sê dit lei tot prysstygings van ander produkte, soos hoender. Hy het meer.
Die Suid Afrikaanse minister van Internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê rassisme en verwante onverdraagsaamheid kan nie deur staatsoptrede alleen uit die weg geruim word nie. Hy het deelgeneem aan 'n hoëvlakvergadering van die Verenigde Nasies om die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan te…
Die omgewingsministerie sê Namibië het sy laagste vlak van renosterstropery in meer as 'n dekade in 2025 aangeteken. Volgens amptelike syfers is 'n totaal van 43 renosters is verlede jaar regoor die land gestroop, wat 'n daling van meer as 50 persent in vergelyking met 2024 aandui. Omgewingsminister Indileni Daniel…
Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê sy land is gereed om gevegte teen Amerika te hervat, maar bly ook gewillig om te onderhandel. President Donald Trump het Teheran se voorstel die naweek verwerp dat die Straat van Hormoes binne sewe dae sal heropen indien sy voorwaardes aanvaar…
Die DA wil hê die Inligtingsreguleerder moet 'n moontlike oortreding van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting ondersoek. Dit volg na 'n datalek by Gauteng se toepassing vir die e-paniekknoppie. Michael Waters van die party sê inwoners se persoonlike inligting is moontlik blootgestel. Waters wil antwoorde hê oor…
Die Amerikaanse president Donald Trump het reageer op die nuus dat Britse-polisie die vyf mans wat naby RAF Fairford in Gloucestershire vir terreurmisdrywe in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat het. Trump sê hy sou die mans agter tralies gehou het:
Die Suid Afrikaanse minister van justisie, Mmamoloko Kubayi, het die vordering verwelkom wat deur die VN-Algemene Vergadering gemaak is te midde van die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan. Die raamwerk is tydens die 2001 Wêreldkonferensie teen Rassisme in Durban ontwikkel. Die minister het aan die…
Die Brave Warriors hoof-afrigter Collin Benjamin sê sy span is slaggereed vir sy volgende wedstryd teen die Comore-eilande in die kwalifiserende rondte vir die TotalEnergies Afrikabeker-toernooi. Benjamin het met New Era Sport gepraat en sê hy sien uit na ‘n goeie wedstryd en dat hulle hul teenstanders se metodes goed…
Die Namibiese Arbeidsmark-inligtingstelsel is geloods om arbeidsdata te sentraliseer, nasionale indiens-nemingsbeleid te lei, en vaardigheidswanbalanse aan te spreek. Die geïntegreerde digitale platform is gesamentlik ontwikkel deur die arbeidministerie, die Namibië Statistieke-agentskap en die Internasionale Arbeidsorganisasie. Die arbeidministerie se woordvoerder, Jeremia Namalenga, gee meer inligting.
Die voormalige Suid Afrikaanse minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ontken dat sy die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu vir twee-miljoen-rand gevra het om haar man tot geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te laat bevorder. Die staat beweer sy was van plan om die geld te gebruik om die destydse…
Die uitbreking van bek-en-klouseer in die Suide ontwrig toerisme-logistiek, aangesien streng beperkings op die vervoer van vleis- en suiwelprodukte toeriste wat selfsorg-akkommodasie gebruik, sowel as kampeerders raak. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging gesels.
In Suid-Afrika sê die getuienisleier van die Madlanga-kommissie, advokaat Matthew Chaskalson, WhatsApp-boodskappe toon hoe taxi-base Oupa Sindane en Joe Sibanyoni glo beskermingsfooie van konstruksiemaatskappye eis. Chaskalson het selfoonboodskappe voorgelê wat na bewering verwys na gedwonge betalings en dreigemente om werksaamhede te ontwrig. In een gesprek spreek Sindane teleurstelling uit oor…
Die prys van Brent-ru-olie verhandel steeds in die omgewing van 100 Amerikaanse dollar per vat, nadat dit met 2 persent gestyg het toe Amerikaanse president Donald Trump 'n nuwe Iranse vredesvoorstel verwerp het. Dit sou onder andere die Straat van Hormuz weer heropen. Trump het later gesê Amerikaanse amptenare sal…
Old Mutual Namibia het die 12de Navachab Halfmarathon met 20 000 Namibiese dollar geborg. Die finansiële inspuiting van Old Mutual Corporate Segment en Short-Term Insurance ondersteun drie wedrenafstande, wat topatlete, gesinne en streekleiers rondom gesonde leefstyl verenig. Die hoof van die korporatiewe segment, Isaack Veii:
Die polisie in die ǁKharas-streek verskerp operasies om die verspreiding van bek-en-klouseer te bekamp, na aanleiding van 'n uitbreking wat in die gebied aangemeld is. Adjunk-polisiekommissaris Nicodemus Mbango sê die afdwinging van regulasies en beheermaatreëls vir bek-en-klouseer is in Karasburg verskerp. Hy het vandag tydens 'n vergadering met belanghebbendes in…
28 Sep 11AM
1 min
700 – 720
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.