President Donald Trump sê Amerika en die Europese Unie het ʼn handelsooreenkoms-raamwerk bereik wat ʼn oorkoepelende tarief van 15-persent sal hef op alle EU-goedere wat Amerika invoer. Dit volg nadat Trump aangekondig het heffings op die meeste goedere uit die EU sal van 1 Augustus af van die 10-persent universele…
Swapo-president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het vryheidsbewegings in Suider-Afrika gemaan om eksterne dreigemente wat hul onafhanklikheid en prestasies betref, teen te staan. Sy het die naweek in Johannesburg die beraad vir vryheidsbewegings in Johannesburg toegespreek. Nandi-Ndaitwah het medeleiers herinner dat bevryding volgens haar ʼn voortgesette proses is wat volgehoue toewyding, waaksaamheid en…
'n Massademonstrasie word vandag gehou waar Windhoek-inwoners sal protesteer teen kwessies wat Build Together-groepe raak, 'n einde sal eis aan die beweerde onwettige verlenging van RedForce se kontrak, en 'n petisie sal oorhandig wat kommer uitlig oor die Stad se gebrekkige faktuurstelsel en die beweerde dreigende inhegtenisneming van amptenare wat…
Die heersende kampioen, Tadej Pogačar, het gister sy vierde Tour de France-titel gebuit en sy status as mees dominante fietsryer van sy generasie bevestig. Die Sloween kon egter nie met die laaste skof spog nie omdat die Belg, Wout van Aert, hom in die Champs-Élysées in Parys verbygesteek het. Die…
Namibië se Omgewingsbeleggingsfonds is geakkrediteer as 'n Nasionale Implementeringsentiteit vir die Aanpassingsfonds, wat direkte toegang tot 20 miljoen Amerikaanse dollar in klimaatfinansiering moontlik maak. Die Omgewingsbeleggingsfonds fokus op projekte soos klimaatslim landbou op hervestigingsplase en volhoubare waterbestuur in droogtegebiede. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, woordvoerder van die Omgewingsbeleggingsfonds…
Oudpresident Joaquim Chissano van Mosambiek sê Afrika se bevrydingsbewegings het afgedwaal van hul kernmissie om die mense te dien. Tydens die ANC-bevrydingsbewegingsberaad in Johannesburg het Chissano besin oor vorige foute, insluitend verswakte demokratiese instellings, die wegbeweeg van landsburgers en die snoer van meningsverskille. Hy het 'n beroep gedoen op hernude…
Oscar Piastri van McLaren het die Belgiese Grand Prix gewen en sy sesde oorwinning van die seisoen beklink. Die resies het weens swaar reën 80 minute laat begin en in die eerste vier rondtes moes deelnemers ʼn veiligheidsmotor volg. Nadat die resies in die vyfde rondte aan die gang gekom…
Die polisie het op nagemaakte goedere ter waarde van meer as 156-miljoen Suid-Afrikaanse rand in landwye klopjagte beslag gelê. Polisiewoordvoerder Amanda Van Wyk sê die afgelope drie weke het operasies in Mbombela, Mokopane en Pretoria meer as 23 000 nagemaakte items van top-handelsmerke opgelewer, insluitend Springbok-klere. Sy sê die optrede,…
Veldblomme pryk reeds in dele van Namakwaland met ‘n goeie afgelope reënseisoen en ‘n vroeë, koue winter wat op ‘n besondere goeie blomjaar dui. Koue weer kan egter nog ‘n rol speel in verdere blomontwikkeling in die aanloop tot die lente. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Swiegers van Klein…
Bestuurskenner Marius Kudumo sê dat die verantwoording van verkose streeksraadslede aan aangestelde goewerneurs ondermyn desentralisasie. Sy kommentaar volg op 'n voorstel om die Wet op Streeksrade te wysig om magsdeling toe te laat. Kudumo voer aan dat die eintlike probleem die verkiesing van ongekwalifiseerde leiers is, nie die stelsel nie,…
Die Stad Windhoek het 'n kennisgewing uitgereik wat alle vorme van rook, insluitend die gebruik van e-sigarette in openbare ruimtes soos werkplekke, skole, openbare vervoer, gesondheidsfasiliteite en regeringsgeboue verbied. Rook is ook verbode binne 2 meter van ingange en vensters. Fasiliteitseienaars moet die reëls afdwing en "Geen Rook"-tekens vertoon. Kosmos…
Die Swakop Uranium-stigting het die naweek kleinvee aan 30 begunstiges by die Hope Farm-projek by Davib Wes naby Usakos geskenk, in totaal 600 ooie en 30 ramme. Landbouminister Inge Zaamwani sê dié projek bied meer as voedselsekuriteit. Dit is daarop gemik om volhoubare inkomste te lewer deur die voorsiening van…
Die vierde toets tussen Engeland en Indië in Manchester is gelykop verklaar met die gashere wat met 2-1 voorloop in die reeks van vyf wedstryde. Indië het die laaste dag hervat met ʼn teiken van 137 lopies en agt paaltjies, maar twee vennootskappe het hulle gered. Kaptein Shubman Gill het…
Opknappingswerk by Walvisbaai se Onafhanklikheidstrand sal na verwagting in die komende dae begin, na die oorhandiging van die terrein aan die kontrakteur Larissa Investment CC. Die opgradering is 'n gesamentlike projek tussen die Walvisbaai- en Czerwonak-munisipaliteit van Pole, met EU-befondsing. 'n Toekomstige promenade-wandelpad word ook beoog. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die intelligensie-eenhede van die SAPD en Lesotho-polisie ondersoek bewerings van Lesotho-militêre kampe in Suid-Afrika. Die polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het met provinsiale polisiehoofde, insluitend die Valke se Misdaad Teen die Staat-eenheid, oor die saak vergader. Sy het die publiek verseker dat nasionale veiligheid 'n topprioriteit…
Namibiërs moet trots wees op hul identiteit en moet hul diversiteit vier, sê eerste minister Elijah Ngurare. Ngurare was Saterdag die hoofspreker by die Masubia-kultuurfees in die Zambezi-streek. Dit was die eerste keer in vier jaar dat dié jaarlikse fees weer gevier is, aangesien die groep leierloos was. Gilbert Muhongo…
Die nuut aangestelde voorsitter van Vroue in Boks, Rina Sabotsky, sê sy beoog om vroulike boksers te verhef deur hul betrokkenheid buite die kryt as skeidsregters, beoordelaars en amptenare te bevorder. Sabotsky sê in 'n onderhoud met SABC News ondanksvordering, het vroue steeds 'n tekort aan blootstelling en geleenthede. Sy…
Die Kaapstadse prokureur Sarah Burger is ná 17 maande in die Oos-Londense Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof op alle aanklagte in die 171 miljoen rand Fort Hare-bedrogsaak vrygespreek. Burger, wat die fluitjieblaser oor korrupsie by die universiteit was, beplan nou om die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag te dagvaar. Sy het haar verligting…
Landbou- en waterminister Inge Zaamwani sê sy gaan na die private sektor uitreik vir vennootskappe om die regering te help om die teikens van die Sesde Nasionale Ontwikkelingsprogram, NDP 6, te bereik. Zaamwani het Saterdag die Hope Farm-projek by Davib Wes naby Usakos van stapel gestuur, in samewerking met die…
27 Jul 1AM
1 min
720 – 740
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.