Ministens 71 Palestyne is Saterdag in Israeliese skermutselings in Gaza dood, insluitende 42 mense wat voedselhulp gesoek het. Gesondheidsowerhede in Gaza sê nóg mense het Saterdag van honger omgekom. Altesaam 127 mense, insluitende 85 kinders, is reeds van honger dood sedert die oorlog met Israel begin het. Israel het tot…
‘n Reuse-wedstryd lê vanmiddag vir Namibië se nasionale rugbyspan voor wanneer hulle om twee-uur teen die Verenigde Arabiese Emirate in Kampala, Uganda uitdraf. Dit is Namibië se laaste geleentheid om ‘n kans te staan om na die Wêreldrugbybeker-toernooi in 2027 in Australië deur te dring. Afrigter Jacques Burger het met…
Daar was vreemde winterweer regoor die land die week, warm en met donderweer wat plek-plek voorgekom het, asof dit somer is. Die plaaslike weerkenner, George van der Merwe, sê daar is 'n weerstelsel wat effe na 'n La Niña -weerverskynsel lyk. Hy het die vooruitsigte vir die komende week.
President Cyril Ramaphosa sê die Noord-Kaap se groenwaterstof-meesterplan is 'n toekomstige ekonomiese kragbron, wat die middelpunt is van Suid-Afrika se hernubare energie-oorgang en noodsaaklik vir die land se langtermyn-ekonomiese groei. Ramaphosa het gepraat op 'n vergadering met die provinsiale leierskap in Kimberley. Hy sê hy glo die plan sal nie…
Die Nasionale Verbruikerskommissie het aangekondig dat 'n groot aantal Ford-modelle herroep moet word weens ernstige veiligheids-gevare. Dit sluit in Ranger-, Everest-, Puma- en EcoSport- modelle. Die voertuie se enjins kan afskakel en brandstoflekkasies of handremprobleme veroorsaak. Die modelle wat geraak word is tussen 2021 en vanjaar verkoop. Die kommissie se…
Die Nquthu-streekhof in KwaZulu-Natal het 'n pastoor tien keer lewenslange tronkstraf opgelê en 'n bykomende 70 jaar vir die verkragting en seksuele aanranding van 12 minderjariges. Die misdade, wat tussen 2020 en 2022 teen kinders tussen die ouderdomme van ses tot 14 gepleeg is, het aan die lig gekom toe…
Die vierde been van die Tsumeb Motorklub se grondbaan-ovaalrenne vind vanmiddag vanaf drie-uur op die dorp plaas. Francois Lottering het met Willie van Wyk, die ondervoorsitter van die klub gesels oor wat verwag kan word.
Lede van die hooggregshof het Vrydagaand by Copps 94.1 en die Namibiese polisie aangesluit om warm klere en sop aan behoeftigdes in Windhoek uit te deel. Op die misdaadfront, was daar ‘n ernstige motorongeluk in die hoofstad. Francois Lottering van die Copps 94.1-span doen verslag van die toneel:
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 3 492 wooneenhede is in aanbou, waarvan meer as 3 100 onder die Schack Dwellers-federasie in al 14 streke ontwikkel word. Die regering self bou net meer as 300. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila van die federasie gepraat wat sê hulle het ook ander…
Die Stad Kaapstad se Bioverskeidenheids-afdeling het 'n seekoeibul suksesvol van die Valsbaaise natuurreservaat na 'n reservaat in Plettenbergbaai verskuif. Seekoeie is baie sensitiewe diere, en besonder moeilik om te vang en te vervoer as gevolg van hul grootte en krag, die gevaar wat hul inhou, en omdat hulle gou gespanne…
Tydens haar streeksrede het Kavango-Wes se goewerneur, Verna Sinimbo, aangekondig dat meer as 5,5 miljoen Namibiese dollar aan agt kiesafdelings toegeken is vir verskeie landelike ontwikkelingsprojekte, groenskemas ingesluit. Daarbenewens het die Kavango-streekraad 40 projekte ondersteun deur 400 bokke oor vier kiesafdelings te versprei.
Die vyfde ronde van die Namibiese nasionale motocross-kampioenskap vind môre op die Gobabis-motocrossbaan plaas na die baan verlede jaar oorgesien is as gevolg van die droogte. Die gebrek aan water om die baanoppervlak tydens byeenkomste nat te maak, het die klub genoodsaak om sy verpligtinge aan ander klubs af te…
Die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida, sukkel voort en dinge by die Naute-dadelprojek naby Keetmanshoop is maar bedroef. Die LPM se raadslid vir die Keetmanshoop landelike kiesafdeling, Willem Labuschagne sê daar is geen snoeiskêre om die druiwe te snoei nie, die watermeters bars en lek, die pompe is buite werking. Hy…
Excel Dynamic Solutions en Omegore Mineral and Trading beplan om in die Goanikontes-gebied te myn, wat historiese terreine, belangrike toerismeroetes soos die Maanlandskappad en brose ekosisteme binne die Dorob Nasionale Park bedreig. Die gebied is die tuiste van bedreigde spesies soos die Namaqua-verkleurmannetjie, bruin hiëna en Namib-webvoetgekko, sowel as beskermde…
Die LPM-jeugleier, Duminga Ndala, het die NDP6-werkskeppingsteiken as onrealisties afgemaak. Sy sê die plan om 70 000 werksgeleenthede te skep, insluitend 30 000 groen werksgeleenthede, is te ambisieus. Haar kommentaar volg op die NDP6-bekendstelling deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kosmos 94.1 Nuus het met Duminga Ndala, gepraat.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het sy kommer uitgespreek oor die gewapende konflik tussen Thailand en Kambodja. Ten minste 15 mense is dood en meer as 100 000 burgerlikes is ontheem terwyl die twee lande vir 'n tweede dag koppe stamp oor 'n gebied bekend as die…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het reguleerders versoek om te verseker dat bankfooie billik en deursigtig is. Na haar mening moet verbruikers regverdig en deursigtig behandel word en dat die sentrale bank die leiding daarin moet neem.
Die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge sê volgens hom is mense in Gaza nie lewend of dood nie, maar lewende lyke. Die agentskap sê minstens 113 mense in Gaza is aan honger dood waarvan 45 die laaste vier dae was. Agentskaphoof Philippe Lazzarini sê hulle het kos en…
BetterBond sê laer rentekoerse kan groei in die eiendomsmark verder stimuleer. Die huisleningmaatskappy sê verbandgoedkeurings het die afgelope jaar met 13,6-persent gestyg en aansoeke met 7,4-persent. Bradd Bendall van die maatskappy sê laer rentekoerse het kopersvertroue verbeter, en 'n moontlike rentekoersverlaging volgende week kan groei in die eiendomsmark verder stimuleer:
25 Jul 6AM
1 min
740 – 760
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.