Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
740 – 760

Olie haal voet van pryspedaal

Die olieprys het vanoggend met meer as 3 persent gedaal namate handelaars reageer op verwikkelinge in vredesgesprekke tussen die Amerika en Iran. Brent-ruolie-termynkontrakte het teen 96,47 Amerikaanse dollar per vat verhandel. Die Internasionale Energie-agentskap het verlede week gewaarsku dat wêreldwye kommersiële olievoorrade vinnig val weens die sluiting van die Straat…
27 May 6AM 1 min

Amerika, Indië vat hande oor skaars aardmetale

Amerika en Indië het vandeesweek ’n raamwerkooreenkoms onderteken wat daarop gemik is om voorsiening van kritieke minerale en seldsame aardmetale te verseker, insluitend samewerking in mynbou en verwerking. Dié stap kom midde pogings deur lande om hul afhanklikheid van China te verminder, wat sowat 60 persent van die wêreld se…
27 May 6AM 1 min

Namibië takel struikelblokke in groenwaterstofoorgang

Namibië het by die Wêreldwaterstofberaad in Rotterdam, Nederland, gesê dat hy die harde realiteite aanpak wat die globale groenwaterstofoorgang vertraag. Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, sê hoë koste, swak vraag en finansieringshindernisse bly groot struikelblokke, maar nuwe finansieringsinstrumente en internasionale ondersteuning kan help om die land…
27 May 6AM 1 min

Sokker: Sundowns-afrigter maan teen wedstryduitputting

Die hoofafrigter van Mamelodi Sundowns, Miguel Cardoso, het die Premierliga-leierskap versoek om die kalender te hersien en gewaarsku 'n oorlaaide wedstrydskedule benadeel klubs wat in Afrika meeding, en verhoog die risiko van beserings. Dit volg na Sundowns se CAF Kampioeneliga-oorwinning nadat 'n gelykopuitslag van 1-1 teen AS FAR in Marokko…
27 May 6AM 1 min

Waterpolo: Skole kry hupstoot in SA

Skolewaterpolo Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse Waterpolo beoog 'n formele ooreenkoms wat skole se deelname in ooreenstemming sal bring met nasionale kompetisie- en bestuurstrukture. Dit is daarop gemik om 'n samehangende en gestruktureerde pad vir die sport te skep, wat deurlopendheid sal verseker van skool- tot senior en internasionale verteenwoordiging. SA Waterpolo…
27 May 4AM 1 min

Staat se agterstallige water- en kragskuld onverskoonbaar

Regeringskantore, staatsinstellings en besighede wat miljoene in onbetaalde water- en elektrisiteitsrekeninge skuld, het tot 5 Junie om te betaal of afsluiting in die gesig te staar. Stedelike en landelike ontwikkelingminister James Sankwasa het 'n omsendbrief in die verband uitgereik. Kommentators kla al lank dat gewone inwoners se dienste weens wanbetaling…
27 May 4AM 1 min

Britte steier onder hittegolf

Brittanje het vir ’n tweede agtereenvolgende dag sy warmste Meidag op rekord beleef ná temperature in dele van Londen Dinsdag 35°C oorskry het. Die vorige Meirekord van 32,8°C, wat in 1922 opgestel en in 1944 geëwenaar is, is Maandag en oortref. Gesonheidsowerhede het ses oranje hittegesondheidswaarskuwings vir groot dele van…
27 May 4AM 1 min

Fosa het vrae oor Ramaphosa se onskuld

Die Forum for South Africa sê as president Cyril Ramaphosa werklik onskuldig is, waarom wend hy regsmaatreëls aan om 'n proses uit te daag wat bedoel is om verantwoordbaarheid te verseker. Die president se regspan het gister dokumente in die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien om die Artikel 89 Onafhanklike Paneelverslag oor…
27 May 4AM 1 min

SA staar resessiegevare in die gesig

Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, sê as ʼn netto olie-invoerder staar Suid-Afrika resessiegevare en bedreigde nywerheidsmededinging in die gesig. Die oorlog tussen Amerika, Israel en Iran het verskeping deur die Straat van Hormuz, waar ʼn vyfde van die wêreld se olie- en energievoorraad gewoonlik vervoer word,…
27 May 2AM 1 min

Guterres maan teen 'gevaarlike verlies aan respek'

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat oorloë, wapen-wedrenne, klimaatskokke en die wegkalwing van internasionale reg geweldige druk plaas op die multilaterale stelsel wat ʼn derde wêreldoorlog moet voorkom. Hy het Dinsdag ʼn hoëvlak-debat in die Veiligheidsraad toegespreek te midde van groeiende kommer oor die toekoms van multi-lateralisme…
27 May 2AM 1 min

AfriForum wil help met veiligheid in Krugerwildtuin

AfriForum sê owerhede moet dringend 'n duidelike veiligheidsplan vir die Krugerwildtuin implementeer. Dit volg na die dood van 'n egpaar van Mosselbaai in die park. Die organisasie doen 'n beroep op sterker patrollies, vinniger noodreaksiestelsels en verbeterde kommunikasiekanale vir besoekers. Hy het ook aangebied om te help met hommeltuigmonitering om…
27 May 2AM 1 min

Regering, privaatsektor moet hande vat met nuwe gesondheidsplan

Kommer neem toe oor die regering se pogings om staatsamptenare van private gesondheidsorg na staatshospitale te probeer stuur. Owerhede voer aan dat dit stygende mediese fondskoste kan verminder en openbare gesondheidsinfrastruktuur kan versterk, maar private gesondheidsorgverskaffers waarsku dat die stelsel dalk nog nie gereed is vir die hoër druk nie…
27 May 2AM 1 min

Bek-en-klouseer 'n prioriteit vir NLU

Die Namibië Landbou-unie se president, Thinus Pretorius, het verlede week 'n boodskap van bemoediging gegee vir boere wat hard werk om die bek-en-klouseer uitbreking in die buurlande op 'n afstand te hou. Die unie se uitvoerende hoof, Roelie Venter, het meer oor die praktiese stappe waarmee hulle besig is om…
27 May 1AM 1 min

Brandstof: Nóg prysstygings vir Junie verwag

Die energieministerie sal waarskynlik volgende week die brandstofpryse vir Junie aankondig. Die ministerie het reeds brandstofheffings met 50 persent verlaag tot einde Junie, maar het in Mei groot onderverhalings aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat, wat verdere verhogings voorsien.
27 May 12AM 1 min

Namibië se damme sowat 81% vol

Namibië se damvlakke bly gesond en die land se damme is tans meer as 81 persent vol, maar dit effe laer as dieselfde tyd verlede jaar toe die nasionale vlak op 88 persent gestaan het. Damme in die Suide vertoon die beste, met ‘n totale stand van 89,2 persent, vergeleke…
27 May 12AM 1 min

Twee Onandjaba-ontsnaptes weer agter tralies

Twee van die ses verhoorafwagtende gevangenes wat Sondag uit polisieselle by Onandjaba in die Omusati-streek ontsnap het, is weer in hegtenis geneem. Die gevangenes het beamptes aangeval tydens die verspreiding van voedsel en medisyne, selsleutels gegryp en twee beamptes geboei voordat hulle in selle toegesluit is. Die verdagtes het later…
26 May 11PM 1 min

Rompslomp kniehalter kerke, sê SA forum

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum sê daar is 'n ernstige ineenstorting van dienste deur organisasies sonder winsbejag by die departement van maatskaplike ontwikkeling, wat meer as 500 kerke raak. Volgens die Forum maak administratiewe mislukkings dit moeilik vir geloofsgroepe om te funksioneer en aan die wet te voldoen. Die forum…
26 May 11PM 1 min

Woestyn-sprinkaan uitbreking in Erongo, Hardap

Die landbouministerie het 'n dringende waarskuwing uitgereik oor 'n woestyn-sprinkaan uitbreking by Homeb in die Walvisbaai landelike kiesafdeling in die Erongo-streek, asook in die Daweb-kiesafdeling in die Hardap-streek. Die sprinkane is in die vliegstadium en boere word versoek om aktiewe toesig in die gebiede te hou. Enige swerms moet onmiddellik…
26 May 11AM 1 min

Motshekga besweer vrese oor moontlike onluste op 30 Junie

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, sê Suid-Afrikaners het ʼn grondwetlike reg om teen onwettige immigrasie te staak, maar waarsku betogings moet vreedsaam bly en die waardigheid en regte van buitelanders respekteer. Die teen-immigrasiegroep, die March and March-beweging beplan ʼn nasionale afsluiting vir 30 Junie, wat ook…
26 May 11AM 1 min
740 – 760