President Donald Trump is tevrede na sy samesprekings met Europa en Navo. Hy was nie te vinde om meer wapens aan die Oekraïne te skenk nie en sê dit het onder die Biden-administrasie 350 miljard Amerikaanse dollar beloop. Navo se befondsing het ook onder Europese lede kortgeskiet.
Die Nasionale Seereddingsintituut sê verdrinking bly een van die vernaamste oorsake van kindersterftes in die wêreld, met 236 000 lewens wat jaarliks verlore gaan. Met die viering van wêreld-verdrinkingsvoorkomingsdag, vra die instituut vir meer bewustheid en optrede om die tragedies te vermy. Die woordvoerder van die NSRI, Andrew Ingram, sê…
Reaksie word steeds ontvang op die regering se planne in die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan, NDP6. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het klem gelê op die belangrikheid van industrialisasie om die ekonomie 'n hupstoot te gee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Leake Hangala, die voormalige hoof van NamPower, wat baie positief…
Amerika se adjunk-prokureur-generaal, Todd Blanche, het in Tallahassee, Florida, met wyle Jeffrey Epstein se medepligtige, Ghislaine Maxwell, vergader waar sy ʼn vonnis van 20 jaar uitdien vir sekshandel. Die vergadering volg ná openbare kritiek oor president Donald Trump se administrasie se vermeende gebrek aan deursigtigheid in verband met dokumente oor…
Slegs een van die Guptas se drie Saxonwold-eiendomme is gister op ʼn veiling verkoop. Die eiendomme wat eens die middelpunt van die staatskaping-saga was, staan sedert 2018 leeg toe die Gupta-broers uit Suid-Afrika gevlug het te midde van toenemende bewerings van korrupsie. Die eiendom het 3,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand gehaal…
Die Konstruksie Industrie-federasie berei voor vir sy eerste Gholfklassiek, wat vandag by die Windhoek Gholfklub plaasvind. Met 44 borge en 18 bevestigde spanne, beloof die geleentheid 'n belangrike sake- en netwerkhoogtepunt te wees. Alhoewel dit in die konstruksiesektor gewortel is, verwelkom die toernooi ondersteuning en deelname van alle industrieë, wat…
Die staat het aangedui dat hy nie meer Lydia Elindi se aansoek om borgtog in die Namcor-korrupsiesaak teenstaan nie. Sy is borgtog 30 000 Namibiese dollar se borg toegestaan. Daarbenewens moet sy elke Dinsdag- en Donderdagoggend by die Teenkorrupsie Kommissie se kantore aanmeld en moet sy op 25 Augustus vir…
Die EFF is bekommerd dat die hoë koste van elektrisiteit in die land Suid-Afrika se ekonomie kan destabiliseer. Julius Malema van die EFF sê stygende kragtariewe plaas 'n ondraaglike las op huishoudings, klein besighede en die vervaardigingsektor, wat tot gemeenskapsonrus kan lei. Malema waarsku teen verhoogde werkloosheid, verminderde ekonomiese aktiwiteit…
Die aktivis Sydney Gariseb het beweer dat grond in Okahandja toegeken is aan individue wat nie regmatige begunstigdes is nie, met sommige wat reeds water en elektrisiteit ontvang. Intussen het inwoners in informele nedersettings steeds 'n gebrek aan basiese dienste, insluitend elektrisiteit en lopende water. Gariseb waarsku dat as die…
Kaapstadse biblioteke het bekend gemaak hulle het in die Boetevrye Week gedurende die Julievakansie 10 712 items ter waarde van 1,3-miljoen Suid-Afrikaanse rand teruggekry. Dit sluit boeke, oudioboeke, tydskrifte, DVD's en CD's in. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê diegene wat die items teruggebring het, kan die…
Franse president Emmanuel Macron het aangekondig dat Frankryk Palestina as 'n staat sal erken. Macron sê in 'n plasing op X dat hy die plegtige besluit by die VN se Algemene Vergadering in September sal formaliseer en voeg by dat daar geen alternatief is nie. “Die dringende behoefte vandag is…
Tydens sy streeksrede het die goewerneur van Kavango Oos, Hamunyera Hambyuka, die sukses van die droëland-gewasproduksieprogram uitgelig en opgemerk dat baie boere by die inisiatief baat gevind het. Die program is daarop gemik om voedselproduksie te bevorder. Hambyuka het die syfers.
Die internasionale polisie-organisasie Interpol se buro in Pretoria het 'n 57-jarige Chinese voortvlugtige in hegtenis geneem wat betrek word by 'n bedrogsaak in sy vaderland. Dit volg nadat 'n rooi waarskuwing aan alle lidlande uitgereik is om die persoon op te spoor. Polisie-woordvoerder Amanda van Wyk sê hulle sal voortgaan…
Die Jeffrey Epstein lêers-skandaal wat Amerikaanse president Donald Trump en sy administrasie betrek eskaleer steeds. Adjunk-prokureur-generaal Todd Blanche het met Epstein se voormalige meisie en medepligtige Ghislaine Maxwell in Tallahassee in Florida ontmoet, het SkyNews se Amerikaanse vennoot NBC News berig. Maxwell dien tans 'n 20-jaar vonnis vir sekshandel en…
Marlice van Vuuren, medestigter van die N/a’an ku sê-stigting, en San-senior #Oma /Kunta het Namibië verteenwoordig by die Harmony-beraad oor Inheemse Kennis en Bewaring by Koning Charles se Highgrove House in die Verenigde Koninkryk. Die beraad het Inheemse leiers en bewaringsbewustes van regoor die wêreld bymekaargebring om tradisionele kennis in…
Namibië het produksiesones waar rys verbou kan word, maar belegging is dringend nodig om dit op die been te bring, volgens die Namibiese Akkerbouraad. Die raad het kommer oor die land se afhanklikheid van ingevoerde rys, met vraag wat aanhou groei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gilbert Mulonda, die…
Die jongste kabinetsbesluite sluit in dat die totale toelaatbare sardyn-vangs van 10 000 metrieke ton vir die res van die 2025 visvang-seisoen tersyde gestel word vir regeringsdoelstellings. Die kabinet het ook 'n drie-jaar moratorium op sardyn-vangste goedgekeur om die biomassa kans te gee om te herstel. Inligtingminister Emma Theofelus het…
Huldeblyke stroom in vir die WWE-legende Hulk Hogan, wat in die ouderdom van 71 dood is. Nooddienste het 'n oproep van sy huis in Clearwater, Florida om 10-uur Donderdagoggend ontvang oor 'n hartstilstand-geval, en hy is later in die hospitaal dood verklaar. Hogan, oftewel Terry Bollea, was die grootste professionele…
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy het onmiddellik stappe gedoen na 'n sekuriteitsbreuk by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng, waar 'n passasier met twee oefenhandgranate aan boord van 'n vlug gegaan het. Die toestelle is eers met aankoms by die Bole Internasionale Lughawe in Addis Abeba in Ethiopië…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.