Taaltoffie

Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings.
"Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa Books · Language Learning Narrated by Afrikaanse skrywers en taalfoendi's
206 Episodes
140 – 160

Namakwastories: ‘Toe uit ons waar ons uit’

Kom luister saam na “Toe uit ons waar ons uit”, ʼn kortverhaal uit ‘Vertel da’ vir my ʼn storie van Namakwaland’. Dit is deur Jan C van Wyk geskryf en word deur Johny Klein voorgelees.
6 Jan 2021 10 min

Op die spoor van kuberkrakers in Turkye, Italië

Fanie Viljoen het met Maroela Media gesels oor sy besoek aan die Hagia Sophia-museum in Turkye, die afdraaipaadjies in Florence wat hy te voet verken het en hoe dié ervarings in sy jeugroman 'Donker Web' gebruik is.
23 Dec 2020 19 min

Luister na ‘Baster’ deur Jan Vermeulen

“As kind het ek baie gesprekke met my honde gehad en ek glo tot vandag hulle het my verstaan en op hul eie manier geantwoord.” Luister hier na ʼn voorlesing uit ‘Baster’ deur Jan Vermeulen.
21 Dec 2020 4 min

Pa wil hoop gee ná tragedie

Ná ʼn egskeiding en die tragiese dood van sy elfjarige seun het Stefan Lessing die gevaar gestaan om homself, sy menseverhoudings, asook sy geloof in God te verloor. In 'Lig deur die krake' lê hy sy verhaal bloot, omdat hy glo dat dit iemand daardeur kan help.
9 Dec 2020 14 min

‘God se genade is vir jou genoeg’

Charmé Kriel is met preëklampsie gediagnoseer toe sy 27 weke swanger was. Haar eersteling Lisa is tydens ʼn noodkeisersnee prematuur gebore en dit het Charmé se lewe handomkeer verander. Sy het tydens ʼn Zoom-onderhoud met Maroela Media oor haar boek 'Twee kinders later' gesels.
6 Nov 2020 12 min

Elsa Winckler lees voor uit ‘Vreugde vir Larissa’

‘Vreugde vir Larissa’ is die laaste boek in die gewilde McGregor-reeks ná ‘’n Brief vir Reina’ en ‘’n Belofte vir Bippie’. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.
30 Oct 2020 6 min

Esté Geldenhuys lees voor uit ‘Laat u Naam geheilig word’

Esté Geldenhuys verruil die klankateljee vir God se natuurlike ateljee. Luister saam hoe die voëls kwetter terwyl sy in haar tuin sit en voorlees uit ‘Laat u Naam geheilig word’. Haar fokus is op die naam El, wat “die Almagtige” of “sterk een” beteken.
23 Oct 2020 4 min

Jy kán jouself gelukkig dink, meen kenner

Dr. Pieter van Jaarsveld, skrywer van ‘Dink jouself gelukkig’ en ‘ʼn Gelukkige kind’, deel praktiese wenke oor die handhawing van geluk, positiewe denke en die hantering van uitdagings.
23 Oct 2020 18 min

Troula Goosen lees voor uit ‘Raaiselsee’

ʼn Grypdief, ʼn moeilike meisiekind en ʼn geheimsinnige Seevrou wat op Skulpiesbaai se strand spook. Luister hier na ʼn voorlesing uit ‘Raaiselsee’ deur Troula Goosen.
8 Oct 2020 4 min

Boerekinders en Mausers op die voorgrond in ‘500 Myl’

Phillip C Henn het tydens ʼn Zoom-onderhoud met Maroela Media vertel hoe sy dienspligervaring hom gehelp het om sy debuutroman, '500 myl', te skryf. Hy verklap meer oor sy karakters en verduidelik waarom dié verhaal by oud en jonk sal aanklank vind.
6 Oct 2020 20 min
140 – 160