Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings.
"Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly
Afrikaans South AfricaBooks · Language LearningAuthored by Christa Steyn-Bezuidenhout, Esté Meyer Jansen Narrated by Afrikaanse skrywers en taalfoendi's
Die sonneblomkind waarvan ek hier geskryf het, het ek ontmoet met my eerste uitreik in my studentejare op die NWU in Potchefstroom. Sy het my oë oopgemaak vir wat armoede is in my volk en sy was in baie opsigte die rede waarom ek op geëindig het by Solidariteit Helpende…
Elkeen van ons is ’n sprokiesmooi gedig. Die beliggaming van woorde. Woorde noukeurig geartikuleer. Woorde en ervarings uit die verlede, die hede en drome vir die toekoms. Ons moet ervaar word. Begin leef die mooi van wie jy is. Begin beleef die beeldskoonheid van elke persoon waarmee jy vandag paaie…
Baie keer is ons bang om onsself kwesbaar te stel, maar dit is juis in daardie kwesbare oomblikke wat ander kan vereenselwig met die beeldskone kompleksiteit van ons menswees. Mense leer meer uit hoe ons opstaan nadat ons platgeslaan is, as wat hulle ooit sal leer uit ons glansryke oomblikke…
Om ʼn vrou te wees is nie altyd maklik nie, die uitdagings wat die lewe vir ʼn mens gooi kniehalter ʼn mens soms. Partykeer voel jy nie genoeg nie, jy moet so baie wees vir so baie mense. In God se oë is jy egter altyd goed genoeg, vrou.
Hierdie gedig het ek in Frankryk geskryf. Te midde van die prag van hierdie betowerende land het ek besef dat ongeag waar in die wêreld jy jouself mag bevind, in jou hart, jy altyd Afrikaans sal bly. Dit is jou hartklop, dit is hoe ons liefhet en liefgehê wil wees…
Lente Swift en Suzanne Smit het in Maroela Media se ateljee oor ‘Meer as net ʼn ma’ kom gesels en ook vertel waarom hulle opgewonde oor die toekoms van Die Naguilklub is.
Ilze Nieuwoudt het onlangs ʼn draai in Maroela Media se ateljee gemaak om oor haar jongste boek ‘Prinsessie en Boekeman’ en Kraal Uitgewers se kinderboekafdeling te gesels.
Susan Cilliers, skrywer van "Die Stella-moorde", het met Maroela Media gesels oor die trauma van Stella se boeregemeenskap, vrae wat ná die hofsaak onbeantwoord gebly het en haar gesprekke met Xander en die slagoffers se gesinne.
Lizanne Barnard se debuutdigbundel ‘Skeppers’ word beskryf as ʼn sintuiglike ervaring wat lesers op ʼn musikale en visuele reis sal neem. Maroela Media het met Lizanne gesels om meer hieroor uit te vind. Luister ook na Lizanne se voorlesing van “Stilte” deur Riaan Prinsloo.
Reynardt Hugo gesels oor die draaipunte in sy lewe, Christenskap en sy boek, Soldaat, wat pas by Lux Verbi verskyn het. Spits jou ore, want aan die einde van die onderhoud kan jy ook na sy enkelsnit “Weggebreek” luister wat saam met die boek uitgereik is.
In ‘Dink soos ʼn miljarder’ wys Daniel Strauss hoe eenvoudig dit eintlik is om jou onderneming na hoër hoogtes te neem. Kom luister hier na Daniel se onderhoud in die Maroela-ateljee.
Leon en Amanda De Stadler, samestellers van die 'Tesourus van Afrikaans' se heruitgawe, het met Maroela Media gesels oor die verskil tussen ʼn verklarende woordeboek en ʼn tesourus, sowel as die waarde van slengwoorde en nuutskeppings.
In 'ʼn Enkele verhaal' deel Deon Wigget vir die eerste keer sy storie in Afrikaans: ʼn storie oor die verwerking van kindertrauma en die ontmaskering van Willem Breytenbach.
Joha van Dyk het in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel hoe haar liefde vir blokkiesraaisels gelei het tot die kies van karaktername in haar debuutroman 'Branderjaer'.
Engela Duvenage se liefde vir feite en stories het op interessante wyse neerslag in haar loopbaan gevind. Buiten dat sy ʼn bedrewe joernalis en navorser is, het sy onlangs ʼn boek vir jong leesgieriges saamgestel. Maroela Media het met haar gesels oor 'Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika'.
11 Jan 2021
10 min
120 – 140
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.